Naweek!

Dis naweek, nog net een slapie vir Bellakie, ek sien daai ogies blink tot hierso.  Nou sal die arme kameelperd darem ook rus kan kry.

Maters baie dankie vir die fodies wat julle gestuur het.  Ons bêre hulle vir een rustige daggie.  Daar is van ons maatjies wat nie tans gemaklik voel om hulle gesiggies te wys nie, so ons wag maar eers nog so ‘n klein bietjie.  Sal nog moet dink aan ‘n nice konsep vir hierdie ene.

As daar ander maatjies is wat nie gewoonlik so saam met die posduiwe kuier nie en ook ‘n fodie wil instuur, gebruik gerus die volgende adres: marais.ingrid@yahoo.com.  Dit gaan sommer lekker pret wees 😆

Mooi naweek en doen net lekker dinge!

Advertisements
This entry was posted in Mense.

9 comments on “Naweek!

  1. Bella sê:

    Ja julle moet almal ñ wonderlike naweek hê. Myne gaan beslis lekker wees. Maandag gaan ek baie babbel so wees gewaarsku. Ingrid my dogter sal maandag die fodies wat ek met die cell gaan neem vir jou aanstuur. Die wat sy met die kamera gaan neem sal heelwat later kom.

    Ons moet dit maar so stuk stuk stuur.
    Ek sal nie veel op die verhoog kan neem nie, want die ligte daar boikot die fodies. Ek neem gewoonlik baie agter as hy alles so teken.

  2. Bella sê:

    Smurfi. Werk jy hard of shop jy?

  3. Ingrid Marais sê:

    Als reg Bellakie, ek het eenkeer sulke nice wierd fodies geneem met sulke ligte wat lyk asof hulle amper so deur hom skyn. Dis nie net die ligte wat ‘n ou boikot nie, dis ook die beweging veral as jou kamera se spoed nie baie hoog is nie.
    Geniet dit ou maat, dis al wat tel!

  4. Bella sê:

    Ingrid. Dankie hoor ek is seker ek sal.lekker naweek vir jou jou, Hannie en kinders.

  5. Bella sê:

    Lees maar asb oor die foute.

  6. Smurfi sê:

    Bella geniet dit sommer vir my ook groot asb. wens so ek was ook daar!!! Geniet, geniet, geniet!! Bella dit was weer een van my vreeslike af dae gewees, maar teen more is ek weer OK. ek kry sulke sannie jammergat dae soms een keer per jaar dan blom dit beoorlik! 😆

    My eie, eie, Towerstaf
    geskryf deur (Smurfi)

    Soms wens ek het ‘n towerstaf,
    Vir al die seer en pyn,
    Om almal se trane weg te toor,

    Sotdat die son weer oor almal skyn
    sonder leed en pyn

    Dat almal se liefde vir elkeen sal hou
    En geen leed ons as mens weer sal omvou.

    Vir al daardie koue seer wintersdae,
    Sal ek die koud ver weg laat gaan,

    Todat ons almal met ‘n glimlag weer saam
    kan opkyk na die maan!!

    Was ek vandag die enigste feë

    Sal ek jul al my liefde gee.!!!!

    Met liefdie vir die Kombuismensies en die wat hier lees van Smurfi!!!

  7. Bella sê:

    smurfi.
    Maaikie ek hoop jy is gou weer okey hoor. Ek wens ook jy kon môre saam gaan, regtig !!!!!!
    Sal aan jou dink as die generaal begin sing. Sal ook vir hom van jou weermag vertel. Ek gesels altyd na die tyd met hom. PRAGTIGE GEDIGGIE. Jy is ñ vrou met vele talente nê.

  8. Smurfi sê:

    Bella jy moet in detail alles kom vertel van die konsert hoor!!

  9. Bella sê:

    Smurfie ek maak so.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s