Julle skryf die blog

Vandag skryf julle ons blog:

PK se prinsessie, moes eers toestemming kry en in sy woorde:  ja , wys haar maar,ons is immers al soos ‘familie’  😉

Bella se kind se raad:

Wees maar rustig… ASEM IN

 

ASEM UIT….

Vrydag is nog baie ver

 

Dan natuurlik Hannie se bydrae:

Be the kind of woman

That when your feet

hit the floor each morning

the devil says:

“Oh No, She’s Up!”

A reminder that you are:

Beautiful

Caring

Kind

Special

Gaan loer ook hier wat vertel ‘n baie

wyse vrou:

  http://www.parkes1.wordpress.com/

 

Ok, sorry die vir groot letters, my gebrek

aan IT kennis kom weer sterk deur

 vandag.  Ek het fotos van sekere

 van julle.  Nou hier’s die plan, jy

stuur vir my soveel fotos soos jy wil, jy

 mag hulle photoshop as jy wil en ek kom

plaas hulle volgende Dinsdag.  Die fodies

sal genommer wees en julle gaan kan raai

 wie is wie.  Die ouens wat nie omgee nie

kan tussen die ander fodies ook een

ingooi van hoe jy regtig lyk.  Kom speel

saam, selfs ouens wat nooit comment nie

mag ook gatseggies kom wys, mail na: 

marais.ingrid@yahoo.com  die ouens wat

my ander addy gebruik, dis heeltemal reg

so.  Dankie PK, ek like 😆 

Weereens, as jy nie gemaklik voel met

om jou foto te kom wys nie is dit jou

keuse, niemand mag of sal vir jou

kwaad wees nie ek sal daarvoor sorg. 

Ons sal sommer Smurfi se army inroep

as dit nodig is.  Niemand se kontak

besonderhede sal onder enige

omstandighede bekend gemaak word

nie.

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

31 comments on “Julle skryf die blog

  1. platkuif sê:

    yip, familie 😉

    wanneer sien ons bietjie kiekies van al die ander apies wat hier speel?

  2. Ingrid Marais sê:

    My maat, ons het so iets beplan, maar van die ouens is versigtig, jy weet veel beter as ek dat daar weird en wonderful mense in cyber space rond sweef. Ek het fodies van die meeste gereelde ouens gekry, sodra hulle die ok gee het ons gedink om te post sonder name en die mense te laat raai wie’s wie, natuurlik sal die regte name dan later bekend gemaak word, maar dit hang maar af wanneer almal gemaklik voel om hulle te kom blootstel.

  3. Smurfi sê:

    Platkuif,

    Sy moet beslis so mooi soos haar ma wees 😉 Maar in meeste gevalle lyk die dogtertjies meer na hul pappa. Sy is regtig pragtig!! Hoog tyd dat ons mag sien hoe die mooi kind van jou lyk, Smurfi is baie lief vir kinders en bederf die goedjies te verskriklik. Sy is sommer skattig pragtig! Mens se hele lewe draai maar om die kinders en ek dink die enetjie is baas van jou plaas, draai sekerlik vir pappa en mamma om haar klein ou pinkie,..

  4. Smurfi sê:

    Ingrid en baie ander het al fotos van Smurf, ons weet almal hoe lyk Ingrid en Hannie en weet dit is veilig by Ingrid, so ja, ek sal enige tyd saamspeel en dan kan Ingrid van die fotos opsit wat ons vir haar gestuur het,
    Ons is net bekommerd dat die PC’s se skerms gaan kraak !!! 😆
    Gaan ons ‘n foto van Platkuif ook kry? Nie die een op die avvie nie hoor!
    Ons sal maar moet bespreek met die ander maaikies!

  5. Smurfi sê:

    Hannie!! Ek stem!

    Be the kind of woman
    That when your feet
    hit the floor each morning
    the devil says:
    Oh No, She’s Up!” ………. 😆 😆 Wragtig!! dis goed! dan kwak die duiwel en al sy trawante! 😆

  6. Bella sê:

    Môre almal.
    Hoop dit gaan goed met julle. Ai, die kind van my… Sy sien ook net altyd uit na vrydae 😆

    Nee wat… Ek sal maar nie my fodie wys nie. Daar is net te veel weird mense daar buite. Jammer mense maar soos Ingrid al gesê het…… Dis ons keuse.

  7. platkuif sê:

    yip, ons weet wie is die pa van die kind,ons figure nog uit wie is die ma

    en ja, sy raak ouliker by die dag,ons het dus besluit om haar maar te hou.vir nou 😉

  8. Bella sê:

    Hannie. Dis pragtig.

    Smurfi.
    Ek het die vorige post gesien. My comment gaan nie deur daar nie. Mmmm oulike fodie. Ek het al vroeg daar gaan lees. Hy is skerp soos altyd.

  9. Smurfi sê:

    Bella, Ek stem dit is eintlik jammer, maar “Dis hoe dit is”

  10. Smurfi sê:

    Platkuif , skerp soos altyd met die sêgoed, 😆 Ek kon maar net weer smile vir die “ons het besluit ons sal haar maar hou” en “wie die ma is” 😆 Ook net jy wat sulke strooi uitdink!

  11. Ingrid Marais sê:

    Dankie Smurfi, ja natuurlik sal julle kan sien hoe Platkuif lyk, hy’t sommer ‘n hoop fodies gestuur.
    Bella, net soos jy sê jou keuse, ek sal NOOIT iemand se foto plaas as daardie persoon dit nie wil hê nie, gelukkig is my naam nie Yolanda nie.

  12. Ingrid Marais sê:

    Maters onthou ook asseblief dat ek nie jou fodie gaan plaas as jy nie tussen vandag en Dinsdag vir my toestemming gee nie, al het ek ‘n fodie van jou sal hy net vir my ogies wees.
    Dankie PK, Smurfi en CC, het julle consent gekry. Julle is welkom om nog prentjies te stuur.

  13. Smurfi sê:

    😆 Ingrid wat weet ek van “Photoshop” af? Ek sal Huilgenoot moet kontak dan lyk ek “sweet sixteen” soos Kurt op Huilgenoot 😆 nee wat ek is te dom vir sulke dinge, ek kan net katwak praat. 😆 laat ons sien wie stem in vir fodies en wie nie dan kan jy vir Smurfi so tussenin gooi! … OF ek kan jou my FHM fodies stuur! 😉

    Netnou sien “Police file ” my !! 😆

  14. Smurfi sê:

    Ingrid soek jy een van my in volle Weermag uniform? 😆

  15. Bobbejaantjie sê:

    Dis reg met my Ingrid. Ek sal nog rondspeel met ‘n paar oues en hulle ook stuur.
    Wat van fodies van ons almal van so 10-20 jaar terug? Dit sal nou fun wees!

  16. Ingrid Marais sê:

    Bobby, daai klink nou na ‘n blink plan!

  17. Bobbejaantjie sê:

    Al is hulle min en so ver uitmekaar, het ek soms my oomblikke…
    Julle moet my groot ‘samblief help dink aan iets oorspronkliks vir ‘n nuwe soort skoen. Die kids moet dit maak vir Vrydag (sê natuurlik eers vanoggend daarvan). Jy kan skoene van scratch maak of ou skoene modify. Heeeeeeelp!!!!!!

  18. Ingrid Marais sê:

    Nee, o gaats ek weet nie van skoene maak nie. Ek weet ons het vir ‘n konsert een keer vir die kinders sulke linte om hulle voete gedraai, dit so laat kruis met ‘n lussie oor die tweede toon en dan agter die enkels vasgebind met ‘n strikkie met ‘n klokkie aan, maar dit sal nie tel as skoene nie, want hulle het nie sole nie. Sorry. 😥

  19. Smurfi sê:

    Ai Bobby, Die kinners wat so op ‘n nippertjie kom met so ietsie, Ek kan ook nou nie so vinnig dink aan wat de heng maak mens nou vinnig met ‘n skoen om dit totaal te modify nie, Wat van plak ‘n skoen met blinkertjies ( mooi ligte kleur) sit so paar swart knope op die bokant vas ( so van die punt na die voet toe) swart filt materiaal en maak ietsie soos ‘n hempkraag wat terug vou langs die kante en bind dan ‘n swart strikdassie met so swart satyn lintjie om die enkels van die voet vas. Dan lyk die skoen soos ‘n manelpakkie of so! 😉 Kan nogal sexy lyk veral as dit so skerppunt hoëhak skoen is.

  20. Bella sê:

    O aarde nee ek het nie ñ idee nie. Smurfi se idee klink oulik.

  21. Cupcake sê:

    Hello Julle!

    Bellakie, gaan kyk by Google, jy kry die pragtigste templates om skoene van scrapboek papier te maak, dis 3-d en dit lyk so real! Jy kan dit op jazz met bling en tossels ens aan.

    Van skoene gepraat, Kannetjie het vir my ‘n cake lifter gekoop, ag julle, in die vorm van ‘n hoe haakskoen, dis opvreetlik sweet! Hy staan op sy eie haak en dan sny jy jou eetgoed, sal vir Ingrid fodie stuur.

    Eish Bella, gaan koop ‘n cheapie cake lifter, en design en maak vir hom ‘n haak soos ‘n dames evening slipper? Dit kan werk? Vra manlief moet net die metaal vir julle buig soos die vorm van ‘n voet/skoen?

    Kuifie, jou dogtertjie is die mooiste, pragtigste dingetjie!!!! Drink elke sekond in, hulle word so bitter gou groot!

  22. Cupcake sê:

    Sorry julle, ek moet obviously my ogies laat toets, skuus Bobbie, die raad is dan vir jou?

  23. Bella sê:

    Cupcake.
    Sit ek mos nou en wonder watse skoene moet ek dan nou maak. Ek het mos nie meer klein kinders nie. Alles reg ek lees ook maar party maal so verkeerd.

    Bobbie daar gee CC nou vir jou ñ goeie idee.

  24. Smurfi sê:

    CUPCAKE!!!!!!! So bly jy kan weer so bietjie kom gesels hier, ons het jou vreeslik gemis jong. Ek moet nou weer vinnig in dorp toe, Sal weer kom inloer later.

  25. Cupcake sê:

    Sorry Bellakie man, dis die Oldtimers!

    Smurfiki, het my koffie, kuier en maatjies te veel gemis! So bietjie gebesig die kant maar ek verlang te veel vir julle!

    Ek het lekker gelag vir Hannie wat de duiwel bangmaak innie oggend …. hier by my hol Kannetjie en Mr CC as ek met daai “look” wakker word 😆

    Ek kan nie ophou kyk vir daai pragtige klein dingetjie se fodie nie, ek raak sommer broeis ….. and that’s not good!

  26. Bobbejaantjie sê:

    Smurf ek’s mal oor jou idee, maar die enigste probleem is dat Boeta nie baie beindruk gaan wees met spykerhakke aan sy 2 skurwe pootjies nie. Hulle moet dit aantrek. CC ek sal gou gaan google. Thanks julle!

  27. Bella sê:

    CC Maaikie ja ñ mens se kinders is alles nê. Ek is baie dae spyt dat ek nie meer kinders gehad het nie. Nou is die hond maar my baby. Dis nie lekker as hulle die nes moet verlaat nie. Ek raak ook nog baie dae broeis. Hulle word so gou groot.

  28. Smurfi sê:

    WHA-hahahaha! Bobby ek dag dis vir ‘n meisiekind!!! die skoene ding 😆 “OH! my sole!” Kan my net indink, aggenee sorry Boeta!! Ek sal maar my skateboard vir jou moet stuur!! 😆

  29. Smurfi sê:

    Ek is nou so lekker moeg, ek wil sommer soos die padda hierbo ook op so blaartjie gaan ronddryf, met my handjies so oor my se pensie gevou en staar na net mooi kol-kol 😆

  30. Willa2 sê:

    Nou omtrent lekker gelag oor die skoen storie. 😆
    Bobby op my ouderdom sal die fotos nog ouer as 10 – 20 jaar moet wees. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s