Woensdag!

Dit is waar ek vir die hele dag sal wees 😥

Sou veel eerder saam met julle wou kuier.

Ek het lekker gelag vir die idee van Boeta met daardie dainty cake lifter skoentjies.  CC onthou om daai fodie te stuur sodat ons almal kan sien 😉

Julle moet lekker saam kuier en moenie al die koffie op drink nie gehoor.

Julle het haar gister so geniet so hier is nog een van die klein prinsessie.  PK ons sal ‘n mooi blog met klomp fodies moet organize vir haar verjaarsdag, kan nie glo dis minder as twee maande weg nie!  WOW wat ‘n vinnige opwindende jaar!

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

52 comments on “Woensdag!

  1. Bella sê:

    Môre almal.
    Ingrid sterkte met al die vergaderings vandag.

  2. Willa2 sê:

    Sy is rerig pragtig! Platkuif gaan ‘n groot hond en Smurfi se ami binnekort nodig he.
    Sterkte Ingrid. Ek is so bly dis nie ek nie. Koffie prut heerlik en al die koekblikke is vol.

  3. Smurfi sê:

    Hallo julle!!! en spesiaal ook vir Willa, ons mis jou jong!!!

    Willa ek stem, Platkuif se dogtertjie is net pragtig!.. , Smurfi se “army ” sal ‘n spesiale afd. op die been bring wat ons sal uitstuur om die outjies mooi dop te hou wat by die Kombuismaats se dogters wil kom aanlê en ogies maak 😆 Ons sal hulle eers moet goedkeur, dit sal insluit ‘n streng vorm met reëls van moets en moenies 😉

    Ingrid ek het net so lekker gelag toe ek hoor dis ‘n laaitie wat die skoene idee voor is. 😆 Sterkte met die dag se meetings!! Eish! 🙄

    Bella, is dit nie lekker nou dat CC. en Willa ook weer kom inloer het nie!!! Ingrid ons sal die koffie stook die kant en soos Willa sê die koekblikke is vol!

    Bobby , het julle toe Idee gekry vir Boeta se skoenne??? ek kan net dink hoe lekker hy gelag het vir my idee!!! 😆

  4. Bella sê:

    Hi Willa2.
    Jy het my dag gemaak om in te loer. Mis jou maaikie…….
    Smurfi sit aan daai ketel ek is nou daar. Ek is al lankal lus vir vars beskuit. Thx Willa2.

  5. Willa2 sê:

    Bella, dankie dis lekker om weer terug te wees. Buiten ‘n besige program, was ek van die internet af en het al my links ook verloor en epos adresse.
    Ek het almal omtrent gemis.
    Waars Skori met die lekker kos? Ek’s honger.
    Bobby se seun moet maar vir hom ‘n paar plakkies op sy voete verf. Onthou julle nog daardie aaklige plakkies met die vissies op of was dit voor julle tyd? 😆

  6. Bella sê:

    Willa2.
    😆 ek onthou daai plakkies baie goed. Glad nie mooi gewees nie.

  7. Bella sê:

    Skorie is al lankal vermis. Ek loer nog gereeld in daar, maar daar is lanklaas ñ “post” gemaak.

  8. Smurfi sê:

    Ja julle, ons sal maar moet kliphard roep vir SKORIE ))))))) Skorie!!!!! ((((((((((( waar is jy mens, het jy die Lotto gewen en reis nou oorsee rond??? 😉

  9. Bella sê:

    ((((((((((SKORIEEEEEE)))))))))

    Sjoe. keel is nou seer.

  10. Bella sê:

    Smurfi.
    Ons sal die kele moet spaar vir die rugby die naweek.

    WEEEEEEEEE
    PEEEEEEEEE !!!!!!!!!!!!!!

  11. platkuif sê:

    daai meisiekind is pragtig, net jammer haar pa is so ‘n groot doos 😉

  12. platkuif sê:

    o ja, rugby die naweek? my hart hoop dit is die weepee (die arme drommels moet op ‘n stadium iets raak pik), maar my kop dink in die rigting van die sharks- met so 6 punte…as die bulle gespeel het, het hulle gewen

  13. Cupcake sê:

    Hello Almal! (Agter-os kom ook in die kraal) 😆

    Bobbie, ek sien netnou eers ons wou jou arme seunskind opbling met ladies koene en bling en what not 😯 …… sorry hoor, speed reading werk nie met ‘n nuwe bril nie.

    Willa, nice om jou ook weer te sien mater! Ingrid ek sal fodie stuur van die skoen.

    Go WeePee Go!! (Thank Goodness vir een “Bull free” naweek) 😉

  14. Willa2 sê:

    Nou sal Ingrid moet saam skree saam met Hannie. 😆

  15. Smurfi sê:

    Hallo CC. , Stuur maar so ‘n ou duifie en laat weet hoe dit gaan so af en toe nê.

    Ons skreeee! onse kele gaar die naweek Bella!! WEEE PEEEE !!!!

    Nee hemel Platkuif tog net nie die Sharks nie, Skreeee liewer saam ons vir die WP.
    Mooi is jou meisiekind mooi, en sy sal niks daarvan hou dat jy lelik praat van haar pa nie 😉

    CC. Hasie gaan alleen skree vir die Sharks , daar oorkant die waters Ons sal haar maar moet ondersteun na die Sharks se verloor die naweek, Ons lief haar mos nog net soveel, sy kan mos nou nie help sy laaik die Sharks nie 😆 Of gaan mnr. CC ook vir die Sharks skree? Ons innige sampioene met al die Bull supporters!!!!

  16. Ingrid Marais sê:

    Ek watch julle. PK ek like nogal haar pa, oppas ek laat nie toe dat daar so van my vriende gepraat word nie.

  17. Cupcake sê:

    Heya Smurfiki, weet jy ek kan sommer opvou. Vra ek nou vir Mr CC so vir wie skree jy Saterdag? Trek hy goorlip en se vir niemand want die Bulle speel nie ….. 😯

    Ek gaan prozac in sy oggend koffie gooi vir hierdie “blouerige siekte” 😆

    Maar ernstig, ons sal darem kommunikeer met mekaar hierdie naweek, as daai blou mannetjies speel sit ons elkeen met die yellow pages op soek na divorce lawyers 😆

  18. platkuif sê:

    ek is ‘n stoere bul supporter.al van jarre en jarre terug toe ek al as 4 jarige laaitie ‘ball boy’ begin speel het by oefeninge en games vir manne soos pierre edwards en naas botha en johan heunis etc. my bloed is blou (met groen spikkels).MAAR helaas, die bulle het nie vanjaar verdien om in daai eindstryd te wees nie.hulle was eenvoudig nie goed genoeg nie.ook is dit nie vir my heeltemal fair dat ander spelers deur die seisoen moet fight en struggle om die play offs te maak nie…en dan eenvoudig moet terugstaan dat die bokke/sterre in die glamour games (semi/finals) speel nie. ek voel die manne wat die team tot daar gekry het, verdien om in die groot games te speel.

    dit is jammer,maar ek dink nie ons gaan weer spelers soos ‘n fourie/matfield.rossouw/botha in ‘n currie cup game (en final sien nie).meeste tree uit na volgende jaar se rwc en die bokke speel ook nie volgende jaar in die currie cup nie (soos in 2003). vanjaar was die einde van ‘n goue era.en ek wil half voel die power in sa rugby gaan vanaf volgende jaar nog meer skuif na die suide van onse land…

  19. Bobbejaantjie sê:

    Kuifie verduidelik wat jy met jou laaste sin bedoel? Dink jy regtig die power van SA Rugby is in die suide? Wat die einde van die goue era aanbetref is dit darem ook waar dat daar nog heelwat jong opkomende spelers is (selfs in die Bulspan). Probleem gaan net wees om die outjies hier te hou, want as mens op daai vlak speel en jy word nie gekies omdat jy die verkeerde shade of charcoal is, gaan jy mos net die logiese ding doen en dit is om oorsee te gaan speel. Kyk hoe lyk die spul Engelse klubs al klaar. In elke span is ‘n paar SAfrikaners. Al wat ek laastens wil sê is: WeePee jou Lekka ding!!!!!

  20. Bella sê:

    WEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE

    PEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE

    TJOU LEKA DENG !!!!!!!!!!!

  21. Bella sê:

    Lees ek toe mos die oulike storie raak….. Ingrid sorry….*koes*

    Ek hoor Victor Matfield is in die hospitaal opgeneem. Hy het ñ miskraam gehad, want hy het die currie cup verwag.

    En nou moet ek hol voor Ingrid hier lees.

  22. Bella sê:

    Ingrid.
    Kan ons nie Vrydag so ñ paar voorspellings maak vir die rugby nie.
    Die eindtelling en so aan.

  23. Bobbejaantjie sê:

    Ja! Goeie idee Bella. Nou moet ons net uitfigure wat kry die wenner (behalwe die curriebeker natuurlik).

  24. Smurfi sê:

    Ek gaan vir julle elkeen ‘n V.I.P. e-mail stuur hoor, Hier gaan groot geparty word !!!

  25. Ingrid Marais sê:

    Julle moet lekker aangaan ne. Toemaar ek sien darem ook strepies wat helderder word hoe nader die naweek kom. 😆 Kuifie ek moet jou se dis lekker om jou hier te he, sulke manne sienings is nice om te hoor. Gedink daai ouens was laaaank voor jou geboorte op Loftus.

  26. Bella sê:

    Bobbejaantjie. Yip dit moet ons eers bespreek. Ek gaan juis gou môre vir my ñ nuwe wp truitjie koop. My ander een is al opgedra. My man gaan ook vir wp skree (ook mos ñ blerrie bloubul ondersteuner) Weepee beter net wen. My bek was al so groot die week en ek was vermakerig so voor hom.

  27. Smurfi sê:

    Bella en Bobby, Die wenner kry daardie paar glitter hoëhakskoene wat arme Boeta toe sou moes aantrek!!! 😆 😆

  28. Smurfi sê:

    Wat de Hel gaan aan dat onse mans almal Bloubul ondersteuners is???? Groot fout!! Dink julle dit is ietsie wat hulle gevoer is as kinners dalk Bloubul melkies of so??? L.W. Bul melk 😆

  29. Smurfi sê:

    My steep truitjie hang daar innie kas, hy wag geduldig vir die naweek Weeee! Peee!!! Jou dierbare ding ♪ ♫ kom hang aan my♪ ♫ soos ‘n Kaapse heuningby!♪ ♫ ♪ ♫

  30. Smurfi sê:

    MY STREEP TRUITJIE!! DAAR IS DIE “”R” NOU WAAR HY MOET WEES! 😉

  31. Bella sê:

    Smurfi.
    Ek het gekry. Thx.

  32. Willa2 sê:

    Mole mole. Smurfi my man is gelukkig ook ‘n WP ondersteuner en hy sal nooit vir die Blou Bulle skree nie. Ekke het die kas nou mooi af gestof en politoer gesmeer vir daardie beker.
    Gaan ons ‘n vleisie braai die naweek? Julle moet net asb vir my en Bobbie vervoer reel. Julle weet mos wat gebeur elke keer as ons party. 😆

  33. Smurfi sê:

    Willa, Janee ons het klaar gereël, jy en Bobby sal sommer met ‘n pantser voertuig vervoer word, ons wil seker maak julle is veilig en gaan nie weer verdwaal nie 😆 Willa dankie dat jy onthou het van die kas vir die beker!! Ons het amper vergeet dat daardie kas moet reg en blink wees!! Jy is ‘n ou staatmaker 😎 Ek sien hy blink so ek moes my donkerbril opsit! 😆

  34. Smurfi sê:

    Mole, mole, mole, al die ander maaikies ook hoor!! Willa het al vroeg die koffie pot vol kom maak, ruik net hoe lekker ruik die varsgemaalde koffie!!!!

  35. Smurfi sê:

    )))))))))))))))))))) SKORIE (((((((((((((((((( WAAR IS JY !!!! MOET ONS DIE WEERMAG OP KOMMANDEER OM TE BEGINNE SOEK????

  36. Cupcake sê:

    😦 …. en ek sal seker maar by die party alleen onder die tafel moet sit, my Raykie het mos nou ‘n liefie *snik*. Reel maar vir my ook vervoer seblief, ek sal van die kook sjerrie neem, ‘n hele paar glasies, skielik smaak die tjoklit bitter …..

    😆 😆 😆

    More almal! Ek dink Skorie sit al by die rugby veld en wag vir haar span om die koppiekie te kry.

    Go WeePee!!

  37. Bella sê:

    Môre almal.
    Willa2 😆 ons sal ñ plan moet uitwerk vir jou en Bobbie. Julle raak mos hoeka so weg vir dae na die party 😆 en met die “koppie” wat hier gaan staan in die mooie Kaap sien ek mos hoe moet die weermag weer loop en soek na julle tsk tsk !!!!

  38. Willa2 sê:

    Dankie vir my en Bobbie se vervoer reelings. Ons kan defentief nie die weermag afstaan om ons te loop soek na die tyd nie. Hulle moet onse bekertjie oppas. Cupcake ons sal maar daai beker vir jou volmaak met die sjerrie. Bella sal net moet sorg vir BAIE hoofpynpille. 😆

  39. Bella sê:

    Smurfi. okey ek sien jy het reeds vir vervoer vir Bobby en Willa2.

    CC 😆

  40. Smurfi sê:

    CC. Bogger daardie liefie, jy smeer net goed met die body tjoklits en hy is sommer spoedig weer terug 😆

    WEEEE !!!! PEEEE!!!!!

    Bella gaan koop maar groot maat Hoofpynpille, “Dischem” is die goedkoopste met hoofpynpille, haal sommer die kontantjies daar uit die “petty cash” laaitjie innie Kebuis! as jy dorp toe gaan 😉

    Ons gaan sekerlik heelwat gestreepte blou Smurfis drink?? watse drankies gaan ons nog moet koop, “Vier koesyne wyne” ?? julle moet maar dink wat ons alles moet koop, …. Maar Sjampanje in oorvloed!!!! Onthou dit is hierdie naweeek ‘n dubbel viering! 😉

  41. Smurfi sê:

    En baie tjoklits!!!

  42. Cupcake sê:

    Dankie Willakie, ek dink so twee bekers vol behoort die pyn in my hart effe te verdof, die kop moet maar self regkom, issie pyn innie hart *snik* ……. 😆

  43. platkuif sê:

    more more!

    bobbejaantjie, yip ek dink so. dinge gebeur maar in siklusse. rassie het groot strukture die afgelope jaar of twee by die weepee op die been gebring.daai dividende gaan uitbetaal oor die volgende jaar of drie. as mens baie eerlik is, was die bulle net so lucky gewees in van die finals en semi finals (s14 en currie cup) die afgelope jaar of twee, as wat hulle goed was… en ek dink daai luck begin uitloop.Tesame met die verlies van ‘n paar groot name volgende jaar, kan dit beteken dat die Bulle vir ‘n jaar of drie nie die top team in die land gaan wees nie. Saam met die Weepee se herlewing is daar ook groot dinge (geld inspuitings etc) aan die gebeur by die EP kings in PE en die Boland in Stellenbosch (hoeka loop die rumours dik dat Matfield wat nou ‘n belang in die Boland het, daar gaan help afrig na volgende jaar).En as ‘n groot naam soos Matfield betrokke is, dan volg die res gewoonlik vinnig.

    In short, die Bulle sal altyd ‘n krag in SA rugby wees, maar ek dink nie ons gaan binnekort weer ‘n super team sien met ouens van die kaliber van ‘n Matfield,Du Preez,BBotha,GBotha,Rossouw,Spies,Wannenburg etc etc in een span nie.Daai era staan einde se kant toe

  44. Bella sê:

    Gaan ons nou net suip? Wie gaan die kos maak? Skorie is MIA.

  45. Bella sê:

    Die top team vir die volgende paar jare is die WPeeeeeeeeeeeeeeeee.

  46. Cupcake sê:

    Bellakie, more se party is ‘n “empty callory party”, jip ons gaan net glas vat. Ons kan Sondag eet as die kopseer beter is 😆

  47. Bella sê:

    Cupcake. Daai Meisie van Raykie ken nie van tjoklits smeer soos jy nie. Sy ken net van Hannah Montana.

  48. Cupcake sê:

    😆 😆 😆 Bellakie, nou skree ek van die lag! Ek kan altyd vir haar so paar Teletubbies dvd’s ook stuur (Ingrid bring die melk ons miaaaau weer).

    Oki Doki, ek sal Smurf se kenfruit bottel tjoklit gaan haal, erhm, en die grooooooot wit tafeldoek 😆

  49. Bella sê:

    Cupcake.
    Nee dis reg so. Ons sal ñ tafel vir jou eenkant sit vêr van almal se oge. Kry genoeg tjoklit hoor 😉

  50. Bella sê:

    Cupcake. Ek wou nog sê met ondervinding kan ñ mens vêr kom in die lewe.

  51. Bella sê:

    Ek dink Bobbejaantjie sit ook al by die rugby veld en wag vir daai koppie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s