Moeder natuur se kunskafee

Dagsê

Sorry, so effe besig gewees so op die Maandagoggend.

Ja wat kan ons sê, ander se boeke is duister om te lees en selfs al publish hulle dit sal jy nooit weet of dit die volle waarheid is nie…

Vanoggend kom wys die natuur ons weer hoe spesiaal dinge sommer net so voor ons oge kan wees:

Dan was die naweek nogal vol gewees.

Sportaand:

Vrydag aand kry drie kinders sport toekennings en ons meld by die skool aan soos opdrag gegee.  Quinton klim uit die kar uit en hol weg met die woorde: “Bye, sien julle van die verhoog af” en dit is toe ook presies wat hy gedoen het:

Shandre het ongelukkig so bietjie bang geword en het sommer vinnig oor daai stage beweeg 😉

Amber love die lime light soos ons nou al almal weet, so sy’t gesorg dat sy elke oomblik indrink:

 

Silly kom trek in:

Vrydagaand hoor ons ‘n kat huil, nou moet julle weet ons lief diere erg baie en Hannie dood vir katte, ek voel redelik neutraal oor hulle, sal hulle help, maar kan lewe sonder hulle.  Hannie en die kinders kyk buite, sien ‘n kat op die dak, daar word kos op die tuinmuur neergesit en kat kom eet, maar hol weer weg.

Saterdagmiddag kom huil kat weer.  Hannie en Amber is daar uit en voorwaar hier kom Hannie met kat in die arms by die deur in.  Ek sê, ok vat haar badkamer toe sodat ek kan sien, want sien daar’s ‘n Rabies epidemie in Gauteng.  Kat is mak en stap in die huis rond asof sy vir jare daar bly, sy hou nie baie van my Brinyane nie, toemaar ek het dit ook nie veel gelike nie, die res het borde vol geeet, sy drink water en speel met die kinders.  Die ooreenkoms is, bly sy, is sy welkom, loop sy dan is dit hoe dit moet wees.

Ons vind uit dat sy aan iemand behoort het wat uit die kompleks getrek het en haar daar gelos het.  So deur die nag, Saterdagaand, klim sy heen en weer deur ons kamer venster.  Teen Sondagoggend gaan koop ons katkos, want dit lyk my ons het ‘n kat gekry.  So kom en gaan sy die hele tyd, maar teen die einde van die dag kry jy haar by Hannie se voete.

Sy’s laf, rol en speel en gesels, na baie voorstelle vir name stick Silly uiteindelik.  so nou kan ek julle voorstel aan Silly.  Die ooreenkoms staan steeds sou sy besluit dis tyd om aan te beweeg is dit haar keuse.

 

Ons eie Huis:

Sondagmiddag is daar ‘n kragonderbreking.  Die kinders bou ‘n huis onder die gazebo nadat ons gebraai het en wil met alle geweld daar slaap!  Toemaar hulle het in die huis in hulle se beddens geslaap 😆

 

Dan sommer omdat dit vir my mooi is en omdat Hannie so oulik was om hierdie kralegoed vir die troue te gemaak het en ons dit nou op ons patio hang en omdat ek gister gesien het dat sulke goed vir R65 een verkoop word:

Mooi dag verder, hopelik kuier ons more lekker saam.

Advertisements
This entry was posted in Gesin.

3 comments on “Moeder natuur se kunskafee

  1. Bella sê:

    Ingrid.
    Dis pragtige fodies. Ek kan net sê dis “tickets” daai katjie het gekom om te bly. Dis te cute daar waar die katjie so lekker slaap by Amber.
    Ai en dan is ons so trots op ons kombuis kinners met hul pryse wat hulle ontvang het. Baie geluk aan hulle. Julle het talentvolle kinders Ingrid en Hannie.

  2. Smurfi sê:

    Geluk aan al die kinders met hul sport toekennings, en Hannie en Ingrid!!! trots op onse Kombuis se kinders!! 😎 En weereens die fotos wys hoe gelukkig daardie kinders is om julle as ouers te kan hê, hulle straal van geluk!!

    Baie welkom aan “Silly” dit is nou ons Kombuis se amptelike “Kombuiskat” … so wees gewaarsku al die “dapper muise” Silly is hier om te bly !! 😛

  3. Bella sê:

    Smurfi.
    Ek Stem. Hulle is baie gelukkige kinders. Kyk dan net daai gesiggies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s