Woorde

Ons praat gister oor die gesiglose generasie, Smurfi kom deel gereeld liedjies se woorde met ons, vandag wil ek ‘n song waarvan ek al ‘n deeltjie hier gedeel het kom deel:

Fotos en Briewe

foto na foto

kyk ek deur

briewe op briewe

lees ek weer

‘n rede om te wag

jy wat op sou daag in die donker nag

foto na foto skeur ek op mixit na sms kyk ek deur

jou seermakende woorde lees ek weer

jy’t gedoen wat die mense sê

jy’t ‘n rede om my nie langer te hê

briewe op briewe skeur ek op

ek los my huis se deure oop en jy daag nie op nie

ek’t vir jou ‘n koppie liefde gelos en jy daag nie op nie

jy maak my engele huil jou woorde is vuil

liefling jy’t my verruil

stukkie vir stukkie, vreet dit my op

drukkie vir drukkie, hou my gesond

ek hoop jy’shappy ek hoop jy maak dit sonder my vanaand

stukkie vir stukkie, vreet ek op

ek los my huis se deure oop en jy daa nie op nie

ek’t vir jou’n koppie liefde gelos en jy daag nie op nie

jy maak my engele huil jou woorde isvuil

liefling jy’t my verruil

en daar’s ‘n foto van jou

waar ek jou stywer vashou

en die briewe gesmeer waar ek my transe af moes vee

en daar’s ‘n stukkie van jou wat ek nog by my wil hou

en ek hou dit vir altyd en nou

foto na foto kyk ek deur

en briewe op briewe keer op keer

ek los my huis se derue oop en jy daag nie op nie

ek’t vi rjou ‘n koppie liefde gelos en jy daag nie op nie

ek los my huis se derue oop

en jy daag nie op nie

ek’t vir jou ‘n koppie liefde gelos en jy daag nie op nie

jy maak my engel huis jou woorde is vuil

lifeling jy’t my veruuil

jy maak my engel huis jou woorde is vuil

liefling jy’t my verruil

Woorde geskryf deur ‘n jong man, woorde wat my laat sê:  Jy’s nog te jonk om so iets te kon skryf, om so iets werklik te kon ervaar.  Hoe dikwels sien ons nie raak as iemand se engele huil nie?  Hoe maklik maak ons iemand se engele huil?  Hoe anders sou dit gewees het as die ander persoon deur daardie “deure” gegaan het en daardie koppie liefde gaan ontvang het?  Sou daardie koppie gegroei het tot so ‘n mate dat die engele nooit weer nodig gehad het om te huil nie?  Hoeveel keer vreet dinge jou stukkie vir stukkie op, elke wegloop kalwe nog ‘n stukkie uit terwyl elke hallo en elke drukkie gesond maak en die stukkende stukkies laat verdwyn.

Ek sien dit elke dag om my, ek hoor dit in mense se stemme en sien die engele se trane in hulle oe.  Gaan haal jou koppie liefde, gaan deur daardie deur en keer dat die engele huil.

Advertisements

8 comments on “Woorde

  1. seegogga sê:

    Ai, dis so jammer. Ongelukkig is dit maar watt ggebeur- elke dag, oral in die wereld- datiemand se Engele huil. Die lewe is nie regverdig nie, en dis hard. Tog , glo ek, is die vreugde meer as die trane.

  2. Bella sê:

    Môre almal,
    Baie hartseer, maar tog so waar.

    Dit is my wens vir almal wie se engele huil………om tog deur daardie deur te stap en om sy/ haar se koppie liefde te gaan haal, want niemand se engel behoort te huil nie.

  3. Ingrid Marais sê:

    Hello Bella 😆
    seegogga, welkom, jy’t guts hoor, ek like wat jy skrywe, mooi oop en eerlik sonder om mens te laat gril, iets wat enige ma wat dalk nie self kan praat nie vir haar dogter of selfs seun sal kan wys. Mooi so.

  4. Bella sê:

    Ingrid.
    Ek het ook daar gaan lees by Seegogga en dit is wyse raad wat sy daar gee. Die lewe is tog so vol slaggate.

  5. Smurfi sê:

    Sommer ‘n gediggie: (skrywer ?? )

    Die huis is stil…..
    Stilte, sing soos sonbesies in my ore
    My gedagtes verdwaal in die gang;
    Ja, ek verlang….. jou,
    Maar tog so bang vir onsekerheid
    dit lê en loer , dit wil my vang.
    Soms smeek , ” waarheen nou?”
    Waarheen sonder jou?

    Ek voel reeds omsingel
    vrees en wanhoop my omring,
    uit gestort soos vuil water,
    My hart smelt weg, .. druppel vir druppel
    my ingewande in…

  6. Smurfi sê:

    Hallo Seegogga, welkom in die Kombuis, ek gooi jou ‘n lekker sterk koppie koffie, en kyk in die koekblikke , Willa maak gereeld vol lekker koekkies en beskuite!!!

  7. Smurfi sê:

    Ek wonder soms?? ( skrywer ???? )

    Sien jy tog die vrae in my oë?
    ken jy nog die kleur van my oë?

    Luister jy soms na my hart se seer?
    of moet ons alles van vooraf leer?

    Of jy nog ons lawwe liedjie ken?
    Of ons hierdie verloor tog saam gaan wen?

    Sal ons mekaar se liefde weer antwoord?
    Weet ons waar ons liefde se huis behoort.?

    Ek wonder soms???

  8. Bella sê:

    Ai Smurfi dit is sooo mooi !!!!!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s