Dankie

Ek het nie woorde om vir julle dankie te sê nie.  Sussa laat weet:  Die trane wat ek gehuil het deur die nag was van dankbaarheid en absolute ongeloof vir die liefde en omgee van jou en julle almal af.  Daar is nie genoeg dankies in woordeboeke nie. 

My wonderful friends

May God bless you

For every thing that you’ve done

Each kind word spoken bless every-one

May Angels surround you

May peace never end

And all the love that you give

May the love you receive

I’ll pay the ferry man

It’s the least I can do

Small compensation

For all that I owe you

May all your memories

Be of love warm and free

All mine will be of you and all you’ve done for me

Warm hands warm heart

Time after time

Thank you so much my wonderful friends

I call mine

Choirs of angels

Should sing out your name

For the difference you’ve made

My life’s not the same

I’ve been so lucky

I’m living a dream

I no longer walk streets

That are heartless and mean

I’ll pay the ferry man

It’s the least I can do

Small compensation

For all that I owe you

May all your memories

Be of love warm and free

All mine will be of you and all you’ve done for me

Warm hands warm heart

Time after time

Thank you so much my wonderful wonderful friends

I call mine

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

45 comments on “Dankie

  1. Bella sê:

    Môre almal.
    Ag nee, en hier tjank ek weer. Sterkte vir jou hoor. Ek hoop en vertrou dat alles weer goed sal gaan met jou. Ons bid vir jou.

  2. Bella sê:

    O ja, hier is ñ stywe drukkie van my af.

  3. Smurfi sê:

    ((((((((((( DRUKKIE!! ))))))))) vir jou, en onthou :

    ( ( ‘n mooi stukkie geskryf deur Helen Steiner Rice) ) En dit is tog so waar.

    “God help ons dagliks voort,
    soms kom die hulp deur vriede,
    soms is dit net ‘n woord,
    ‘n handdruk of ‘n glimlag,
    waardeur hy jou bereik,
    ontelbaar die maniere
    waaruit Sy liefde blyk.”

    Ek glo dat ons almal hier in Ingrid se Kombuis, gewillig deur God gebruik word om jou deur jou seer te help dra, en so sal ons by jou staan en vir jou bid. Daar is niks sterker as geloof en gebed nie, en saam gaan ons dit doen.

  4. Bella sê:

    Stem saam Smurfi.

  5. Cupcake sê:

    Love alone is capable of uniting human beings in such a way as to complete and fulfull them,
    for it alone takes them and joins them by what is deepest in themselves.

    Pierre Teilhard De Chardin

  6. Bella sê:

    Maaikies.
    Lekker naweek vir julle almal. Ek is nie vandag goeie geselskap nie so ek gesels weer maandag saam. Rus lekker uit.

  7. toortsie sê:

    Eks bly dit gaan beter. 🙂

  8. Smurfi sê:

    Ons laat vandag hierdie mensie in God se hande, en onthou God gee altyd Sy beste as die keuse in Sy hande gelaat word. Ons moet net aanhou om ons geloof so te voed dat alle twyfel sodoende sal sterf van die honger.

    Cupcake; waar wat jy sê Liefde is die een ding wat so groot is dat mens dit kan uitdeel aan ander, en dit word nooit minder nie.

  9. Ingrid Marais sê:

    Smurfi, waar wat jy en CC sê, onthou gister se koppie liefde, as jy dit gaan haal en voer word dit soos die legendariese Herman vriendskapskoek wat meer en meer word en waarvan daar elke keer ‘n koppie aan iemand anders gegee kan word.
    Bellakie, ek’s ook nie goeie geselskap nie, ek bly dus maar so onder die radar rond.

  10. Smurfi sê:

    Cupcake;
    Sit ek nou hier met so “smile” oppie “dial” oor die naam “Calender Girls” wat van so lekker “can-can” dance ook daarby? 😆 Kan mos net sexy wees !! of hoe? Stem jy “Liewe lawwe Cupcake!” of is dit nou weer “Moomin” Ek sit nou en luister na die liedjie “Life is a cabaret old chum” come to the Cabaret!! Ons Kombuis se “calender Girls” sal goed vaar in so “Cabaret” 😆

  11. Willa2 sê:

    (((Sterkte daar))) en sommer ‘n stywe drukkie vir almal.

    Smurfi waar het julle vir Bobby saterdag aand af gelaai?? Toe ek wakker word, toe is ek op Durban se stasie, maar Bobby was nie by my nie. Lyk my daar was ‘n mix up met die adresse. Want myne was Blouberg en defentief nie Durban nie.

  12. Smurfi sê:

    Komaan julle Kombuismaaikies!!!! ons moet begin oefen vir daardie “can-can” en so gaan ons ons Ingrid se sussie sommer lekker laat lag!! en al haar donker goggas so ver wegdryf ,, daardie goggas gaan nie weet wat hulle getref het nie! wie kan dit beter doen as die Kombuis se “Calender Girls” ??? wat seg julle ouens.

  13. Smurfi sê:

    Willa,
    Ek dink Bobby het ons iewers langs die pad ontglip 😉 Jy weet sy is so vinnig en rats moes wees daar waar ons gestop het vir ‘n “coke” en ‘n pie-pie! 😆 Nee wat sy sal haar pad weer terug vind Kebuis toe, Ai, die Bobbeapie van ons, waar sy nou alweer rond loop weet nugter alleen? 😆

  14. Willa2 sê:

    Smurfi 😆 Calender Girls 😆 Mag ek Februarie wees asb. Watter maande is die res?

  15. Ingrid Marais sê:

    Ek sê julle wat, julle mail my julle fodies, ek stel ‘n calander saam en mail dit net vir die ouens wat fodies gesubmit het. Hoe klink daai ene, ek stuur hom sonder name onder aan en julle kom raai wie is by watter maand. Die ounes wie se fodies ek reeds het, laat weet watter een jy wil hê ons moet gebruik of stuur hom weer. Kan fun wees om so ‘n calendar in jou huis te hê. 😆

  16. Willa2 sê:

    Nee man Ingrid, wil jy nou my foto gebruik om jou kinders mee bang te maak? 😆

  17. Ingrid Marais sê:

    Willa2 as dit gaan werk om Quinton bang te kry, stuur hom sebelief dadelik! 😉

  18. Smurfi sê:

    Ingrid ek dink dit is ‘n goeie idee, maar die meeste van julle weet hoe lyk die “gevreesde” Smurfi!! ” 😆 Ek sal nogal moet raai oor Bobby, Willa, Skorie, en ja Bella ook noudat ek so daaraan dink. Dan is daar nog nuwes soos Toortsie en seegogga, nee ek sal moet raai dat dit klap. maar ek sal dit geniet!!

  19. Smurfi sê:

    HEY, Julle, het julle almal te veel geld, nou doen julle die hele naweek net shopping!??? Waar is die mense? Wil my voorkom die hele Weermag staak, eish!! kom tree so bietjie aan dat ek julle ‘n goeie uitkwak parade kan gee 😆

    Hallo ; Ingrid
    Hallo; Willa
    Hallo; cupcake
    Hallo; Bella
    Hallo; Skorie
    Hallo; Bobbejaantjie
    Hallo; Toortsie
    Hallo; Platkuif (jy lees mos ook hier )
    Hallo; Seegoggatjie
    Hallo; almal!! 😉

    sien dit is nou goeie maniere, 😉

    Ok. ek is so bietjie verveeld! Ek dink ek moet vir julle ‘n hele nuwe oefen program uitwerk vir die week wat voorlê 😉 hierdie slapgatgeite werk nie hoor! 😉

  20. Bella sê:

    HALLO SMURFI.

    EK WAS WASGOED DIE KANT. DAAR IS NIE Ñ KANS DAT DIT GAAN DROOG WORD BUITE NIE. DIS ONWEER HIER BY ONS.

  21. Smurfi sê:

    Hi Bella hier by ons raak dit ook nou al hoe donkerder en bewolk, gelukkig was ek darem nie wasgoed nie. Serkte daar met daai wasgoed van jou, ons het so fyn ou reëntjie gehad , maar dit is eintlik na die droogte beter dat ons eers sagte reënval kry as storms want die grond was te droog sover is ons reën net mooi sagte reën, ag en alles begin nou weer so vinnig mooi groen word.

  22. Smurfi sê:

    Toortsie, ek het gaan lees daar, ….. Ek dink ons was al almal daar waar mens nie meer kan nie.

  23. Bella sê:

    Smurfi.
    Ai ek is so bly dat die wêreld daar weer begin groen word. Die 7 jr wat ons daar gebly het was daar nie so ñ droogte nie, maar ek het gehoor van die droogtes wat so af en toe kop uitsteek daar.

  24. Bella sê:

    Toortsie
    Sal netnou gou gaan loer daar.

  25. Smurfi sê:

    Hallo almal, So op die rustige Sondag het ek maar besluit om gou my pootjies op die kebuistafel te kom rus, en so lekker groot beker sterk koffetjies te kom geniet en net rustig te sit en my se boude so ontspan dat my se holle oop hang eigentlik! 😆

    LEES EK NOU DIE STUKKIE RAAK , (NOGAL DEUR WOODY ALLEN) SY VERKLARING VAN WAT BETEKEN DIE WOORD “LOVE” OR “TO LOVE”

    “To love is to suffer. To avoid suffering one must not love. But then one suffers from not loving. Therefore to love is to suffer, not to love is to suffer. To suffer is to suffer. To be happy is to love. To be happy then is to suffer. But suffering makes one unhappy. Therefore, to be unhappy one must love, or love to suffer, or suffer from too much happiness. I hope you’re getting this down.”
    – Woody Allen,

  26. Smurfi sê:

    I, think our motto in life should be:

    Carry a heart that never hates…
    Carry asmile that never fades…
    Carry a touch that never hurts.

  27. Bella sê:

    Smurfi.
    Na al daai “suffer” is ek nou heel deurmekaar.
    Skuif op suster maak daar ñ plekkie vir my ook. Ek lus ook nou van ñ beskuit of 2 en ñ lekker beker koffie.

    En vir ñ bonus lekker rustige musiek van die generaal. Country musiek sal die ding doen.

    Ai, wat kan dan lekkerder wees op ñ lui sondag middag.

  28. Smurfi sê:

    Bella en bring daardie koerantjie van julle se kant saam … wat is die naam nou weer van daardie Kaapse koerantjie?? Die ene met die stories in 😆 Jou Posduifie het mooi kom land 😉 slim en trim seg ek jou! wat voer jy hulle deesdae, ek het hom water gegee en so rukkie laat rus, en toe is hy met ‘n stink spoed terug na jou toe. 😆

  29. Bella sê:

    Smurfi. Hy het geland hier. Ek kan sien jy het hom mooi versorg. Shame, hy is alweer oppad jou kant toe, met die koerantjie so in sy bekkie.

  30. Skoor sê:

    More Ko’buis Personeel!

    Vredevolle week vir julle almal. Ek gaan vir ons ‘n tamatieboontjie resep uitprobeer die week. Sommer in die bakoond buite. Dan vreet ons dat ons hartseer nie plek het in ons magies nie, en ons hou dit so.

    xxx

  31. Bella sê:

    Skorie.
    Goeie idee. sien uit daarna.
    Terwyl jy nou so buite by die oond is ……kan ons sommer ñ brood of 2 ook daarin bak. Mmmmmmm.

    Lekker daggie vir jou.

  32. Smurfi sê:

    HI julle Kombuissitters!!

    Skorie maak daardie tamatieboointjie resep van jou, teen 12uur vrek ons alweer van die honger, ons klomp soustantes kan goed weglê hoor!! 😉 😆 Ek sal sorg vir so lekker vars gebakte brood ook!!

    CC. stuur baie groete en sê julle moenie komkommer as sy so bietjie stil is vandag of so nie, sy het vreeslik baie dinge om te doen. Ek het ‘n Posduifie van haar gekry, en sy stuur vir julle almal vreeslike baie groetes.

    Bella ons gaan weer eet dat ons omval!

  33. Bella sê:

    Smurfi.
    Ek sien daai ding kom. Ek ….love…. lekker eet. Ons moet darem ons naampie “soustannies” hoog hou.

    Smurfi. Ons sal weer ons kerse moet gaan aansteek. Ek dink amper ek het gelees dat die kerse se vlammetjies dood gaan na 48 uur.

  34. Smurfi sê:

    Vir Ingrid se sussie, wat nou ook ons Sussie is;

    “The will of God will never take you
    where the grace of God will not protect you”

    Smurfi se gebedtjie vir haar:

    Here ek stuur vandag ons Maaikie Sussa (ja sy is nou ons almal se sussie), se problem na u “inbox” en belowe om dit nie daar te kom uithaal en weer daaroor te sit en worry nie, ek los dit daar want U het dit nodig om u wonder te verrig, elke keer gryp ons mos onse probleme daar uit. Nog voor U daarby kon uitkom om dit eers te lees. Hierdie ene Here, los ons net so vir U, net U kan haar help, en wie is ons om elke keer weer te kom staan en worry dat U dit nie gou genoeg lees nie. Here U weet al voor ons wat U gaan doen om haar te genees. U staan al lankal gereed om daardie dokters te help. Here en ASB. Maak haar sterk soos nog nooit van tevore nie! Haar familie en vriende lief haar baie Here.

    Skies Here dat ons so ongeduldig raak, dis maar net ekke, Here. Ek sal nie weer dit kom weggryp en worry nie, Ons Ingrid se sussie is in U goeie hande!! Dankie Here.

    Smurfi

    PS:

    Here sy bid ook elkedag en heeldag, raas sommer met haar ook, Sê vir haar U het haar gebede gehoor en U sal by haar wees al die pad, en sommer al die vrese en twyfel wegvat! Asb. Here! laat sy kan ophou om so erg te bekommer.

    Here dit is nou alles

    Amen

  35. Smurfi sê:

    Bella ja ek dink ook so, die kersies moet elke 48 uur aangesteek word.

  36. Bella sê:

    OP SMURFIE SE GEBED…

    AMEN.

  37. Bella sê:

    Smurfie is die alweer inspeksie tyd daar by Cupcake. Nie te hard werk nie hoor.

  38. Bella sê:

    Die……dit. Sorry.

  39. Bella sê:

    Dit is lekker koel vandag in die Kaap en ek kook ñ lekker pot kerrie kos met baie vleis. Njammies.

  40. Smurfi sê:

    INgrid is dit alweer BLOU Maandag daar by jou??? Jy is te stil jong.

    Bella ek lief Kerrie en rys, met lekker baie vleisies in. Maar nou nie die “Durban curry velly, velly hot ” with extra chillies nie 😆 Ek maak myne maar “mild ” kerrie, dan is dit nie nodig dat ek die toiletpapier in die yskas moet hou nie! 😆

  41. Bella sê:

    Smurfi.

    😆 Toiletpapier in die yskas. Goeie een Smurfi.

    Ek het gou my kersie gaan aansteek met ñ gebed.

  42. Bella sê:

    Ek hou weer van my kerrie sterk, maar manlief kan nie die “punch” vat nie 😆

  43. Smurfi sê:

    so paar vinnige kort grappies!!

    What’s the difference between chopped beef and pea soup?
    Everyone can chop beef, but not everyone can pea soup!

    Why don’t aliens eat clowns.
    Because they taste funny.

    What do you get when you cross an elephant and a rhino?
    el-if-i-no

    Two peanuts walk into a bar.
    One was a salted.

    .Once upon a time there were two muffins in the microwave. Suddenly, on of the muffins says:
    “Man it’s hot in here!!!!”
    The other muffin exclaims,
    “Look a talking muffin!!!!”

    Q. Where do you find a one legged dog?
    A. Where you left it.

    Q. What’s pink and fluffy
    A. Pink fluff

    Q. What’s blue and fluffy
    A. Pink fluff holding it’s breath

  44. Smurfi sê:

    Nee o, genade maar julle Kombuismensies is poegaai kinners, nog nie 8 uur in die aand nie en almal slaap al!! Bella gooi daar so bietjie “Malpit Muti” vir die poegaai kinners 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s