Vinnige laat post

Hello Almal

Sorry, maar my dag was erg besig gewees en die res van die week lyk nie beter nie. 

Ek sit steeds in my kantoor en kyk hoe die blitse daar na die noorde se kant toe rond dans.  Dis warm, Durban warm met humiditeit wat my laat wonder waar die see is.  Ons het ons kwartaalikse vergadering met ‘n ekspert wat nie voor 18h00 beskikbaar is nie 👿

Nee ek is nie te vies nie, nou kry ek gou so ‘n klein kansie om hallo te sê.  Ek is baie bly julle kuier so lekker saam.  Chomp jy’s ‘n staatmaker, baie dankie en ook vir jou bystand by ons Bella wanneer haar founkie kom moeilikgiet maak.

Ek het deesdae in elk geval min te sê die storie van Manda Reyneke en die bul is ook ‘n ander ding met soveel kinkels dat dit nie eers vir Columbo maklik sou gewees het nie.

Dan sien ek ook nog dat Amore in die donkerte sit omdat Joost glo nie die krag rekening betaal het nie, nou verwonder ek vir my hoe de fliksem gebruik jy R45 000 se krag in ‘n gewone huis! en dit nadat daar R10 000 in Oktober betaal is.  Natuurlik laat weet Joost hy skuld nie geld vir lektriesetyd nie. 

Hoe meer dae hoe meer dinge, hoe meer koerant hoe meer word mense se goeters uit gegrou en hoe meer gretig is mense om hulle vuil wasgoed of dan hare met krullers in die opebaar ten toon te stel 😉

Lekker aand verder, ek moet hol, raadsaal toe!

Advertisements

7 comments on “Vinnige laat post

  1. Bella sê:

    Ai Ingrid ek hoop maar jy is nie te laat huistoe nie.

    Hier is vanaand so gelag in die huis. my maag was eintlik seer. Chomp is een vasberade meisiekind.

    Lekker duks almal.

  2. Ingrid Marais sê:

    Bella, ek het net so lekker gesmile, ek like Chomp se duifies wat hier kom land het 😆 baie dankie 😉

  3. Bella sê:

    Môre almal.
    Ingrid. Sy kan met die snaakste goed vorendag kom.

    Willa2. Dit lyk darem of ons, ons koppe vandag by die deur kan uitsteek. Die wind waai darem nie so erg vandag nie.

  4. Bella sê:

    Dit is darem baie elektrisiteit wat in daai huishouding gebruik word. Ek kan dit nie glo nie. Dit lyk vir my of dit ñ paar maande se krag is wat nie betaal is nie.

    Ek weet nie hoe die storie daarbo werk nie, maar hier by ons het ek al gehoor dat hulle nie die krag afsit as jy een maand nie betaal het nie.

  5. Ingrid Marais sê:

    Bella, ek is ook dom daarmee, ons het prepaid krag en ek verkies dit so. Ek het hier ook al gehoor van mense wat praat van ‘n paar maande, steeds is dit ‘n m*&rse bedrag selfs vir ‘n jaar, amper R4 000 per maand, ek huil my dood.

  6. Bella sê:

    Ingrid ek het ook die prepaid krag. Dit is beter so.

  7. Smurfi sê:

    sjoe maar die krag het latwaai in daardie huis!!!! Nee wat lyk my ek is ver agter met die nuus, kan nie eers onthou wanneer las ek die koerante gou gescan het nie! 😕 maar gelukkig hou Ingrid Bella en Chomp ons op onse tone met die gebeurlikhede.

    Bella, vra ek mos ook nou hoekom word die krag dan nou eers afgesit???? want ek weet van mense as hulle net effens agter is op krag rekening word dit sommer afgesit in die eerste maand?? nou hoe kry jy ‘n krag rekening van R45,000.00 . Laat my dink aan die liedjie van die ( Baby Chocklits” ou …. “is jy bang vir die donker, bang, bang, bang, vir die donker” en dit is is omtrent al woorde wat die lied uit bestaan “Bang virrie Donker!” shame maskien hulle hy was bang virrie Donker nou ek so gadenk hulle hy sit sommar alles aan wat kan ligmaak, raas, blaas bak, kook, stryk, charge, en vibreer! 😆

    Nou wonner ek ook so by my se selwers hoekom is dit nou nuus 😕 of moet ons nou hulle bejammer en so ietsie extra op ons belansting bestaal om dit af te betaal of flippen wat reken die koerant dan nou 😕 flokkit is mos hulle se besigheite!! Niemand anders se worries nie ons het elkeen onse eie worries! Dir is nou sommer net om te skinner die blerrie op patrollie mense. Of hoop hulle op skenkingkies van iewersters.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s