Sonneblomme

Helloooooooooooo!

Ek stuur vir iemand ‘n duifie met ‘n groot bos sonneblomme in sy bekkie en die vraag kom, hoekom gee ek graag juis hierdie blomme en nie iets meer eksoties nie.  Ek gaan sit en doen weer daai dink ding 😆 ( ja, ek weet, Hannie dink al klaar; here comes trouble) darem die keer met ‘n baie klein t 😉

Kyk eintlik is die een baie maklik om te verduidelik, sonneblomme laat hulle nie deur stroms, wind, reen en selfs hael onder kry nie.  Het jy al in die Vrystaat gery net nadat ‘n middag reentjie geval het en die lande vol sonneblomme gesien?  Hulle laat hule groot geel koppe sak terwyl dit reen, sodat die sade nie te nat en te swaar word nie, dan sodra die reen ophou draai hulle mooi stadig en statig na die son toe, hulle lig daai koppe op, kyk reguit son toe en glimlag, met ‘n selfvoldane trotse houding, van:  ons het nog een oorleef, ons gaan groter en sterker word juis omdat dit gereen het.

As ek een boodskap vandag vir iemand kan gee wat in die reen of storms van die lewe staan sal dit wees, hou jou kop laag, wag vir die storm om verby te trek, dan lig jy jou kop op, put krag en voeding uit dit wat die storm jou kom bied het, behou jou trots en soos ‘n sonneblom, groei sterker, laat jou wortels dieper in die sagte nat grond afsak, kry sterker vastrap plek sodat jy wanneer die volgende storm kom sommer vandat jy die wolke sien saampak kan weet dat daar ‘n sonstraal sal kom wat jou, jou kop gaan laat lig en met ‘n smile reguit na die lig toe sal laat beweeg.

As jy vandag ‘n sonneblom nodig het, print die een met die smile vir jou en dink net:  😉 my beurt kom oop;) ek moet deur hierdie reen gaan om sterker te kan word en hopelik ook wyser.

Mooi sonskyn dag vir elkeen.

P.S. as jy kan moenie more nie hier kom loer nie, daar gaan iets baie besonders en uniek hier gebeur 😉

Advertisements
This entry was posted in Mense.

4 comments on “Sonneblomme

  1. Smurfi sê:

    Hallo al die kombuismaters! Ek het al begin verlang vir julle 😦 kry so min kansie om te kom gesels.

    Ingrid dit is so pragtig wat jy geslryf het laat my ook dink an ‘n stukkkie wat ek lank terug op iemand se blog gelees het: (ek onthou sy het destyds gesê ek kan maar print) maar ek kan nie onthou by wie se blog ek dit raak gelees het nie.

    WEES SOOS “N SONNEBLOM

    N’ Sonneblom kan op die ashoop staan,
    sonder om neer te kyk na die vuilgoed aan st voete.

    Sy kop is altyd gedraai na die warmte van die son.
    Mag God se warmte jou altyd trek,
    sodat jou oë altyd op Hom gerig sal bly…..
    en jy Sy skoonheid aan die ashoop van
    die Wêreld sal verkondig.

    (skrywer onbekend )

  2. Ingrid Marais sê:

    Baie dankie Smurfi, ja ons mis vir jou ook, elke dag gooi ons die koue koppie koffie weg wat vir jou gewag het.

  3. Bella sê:

    Smurfi.
    Ons mis jou man.

    Ingrid. Dis pragtig. Ek het ook ñ paar sonneblomme agter my huis. Ek belowe jou ek sal nou met ander oë na hulle kyk.

  4. Ingrid Marais sê:

    Dankie Bella, ja ek het so dan en wan my oomblikke, net jammer dit gebeur so een keer ‘n millenium. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s