Countdown

Dagsê

😆 😛 Dis Vrydag. TGIF!!!! Wat ‘n week, mense ek was besig, maar dit was lekker gewees.  Soveel nuwe goed om te leer, net om iets deur iemand anders se oë te sien, al kyk julle twee na presies dieselfde ding.  Gister was hectic gewees, vandag sal so effe beter wees, maar teen Maandag sal die energize bunny weer ‘n mooi een wees om by te hou.  Soveel goed wat gedoen moet word voor 14 Desember wanneer my kollega met verlof gaan, dit voel of sy ‘n jaar se werk in twee weke gedoen wil hê. 😆  Gelukkig kan ons oop en eerlik wees met mekaar, kan ek haar reguit op die heel eerste dag al vertel het dat tyd weg van die kantoor af aan my gesin behoort, dat vir my die belangrikste ding in die lewe is om aan die einde van die dag nog ‘n ster in Hannie se oog te sien, dan weet ek, ek het in my doel geslaag, al hierdie ander goed is bysaak.

Vandag is die skool toe om iets vir die kinders daar te gaan uitsorteer, dan is die die personeel braai en vanaand is daar ‘n awards function, wat ek besluit het om nie by te woon nie, dit is nie regverdig teenoor my gesin nie, dit sal beteken dat hulle in die parkeer area vir my moet wag en dit werk nie so nie, sorry, prioriteite sê vir my daai sterre in my vrou se oë is belangriker as die blink liggies in ‘n auditorium.

Ek sien julle het lekker gekuier hier, hoop al die waslappies is terug gesit in die glitter sakkies vir volgende keer se gebruik 😉  CC is erg besig en moet so tussen deur nog rus ook kry, hulle gaan mos ‘n island holiday hou een van die dae en daar is dinge wat gedoen moet word voor dit, so ons verskoon haar vir nou.  Na die vakansie is ek seker sal sy terug wees en een van die mooi dage sien ons daai nuwe wiele van haar.  Ons moet ook onthou dat die ouens daar in Oz nie baie happy is omdat hulle nie die world cup kan aanbied nie, so daar mag dalk ‘n rou periode uitgevaardig word waarvolgens niemand met vorige world cup wenners mag kommunikeer nie 😆

So met Wip as inspirasie en as ‘n eerbetoning aan die beste span in die wêreld het my tone sommer oornag blou geword, want sien die tema vir vandag se braai is die SA vlag se kleure of enige nasionale span se kleure, en ons nasionale rugby span se kleur is mos maar eintlik blou, so ligblou, so met hulle eie cd en volkslied en al kan dit mos nou nie anders nie 😆

Lekker naweek vir jou, hoop elkeen kry ‘n kansie om te rus en ‘n ster in iemand se oog te gaan aansteek.

O ja, voor ek vergeet, danksy facebook maatjie gaan daar nou amper elke dag ‘n krismis grappie verskyn:

Advertisements

19 comments on “Countdown

  1. Bella sê:

    Facebook maaikie dit is te oulik. Ingrid solank jy lekker werk is dit okey.

  2. Bella sê:

    Facebook maaikie dit is te oulik. Ingrid solank jy lekker werk is dit okey. Lekker rus Cupcake en ons sien uit na die fodie van daai grênd motor van jou. Dink maar aan ons as jy so lekker vakansie hou. Jy verdien dit.

  3. Bella sê:

    Ai tog sorry julle. Ek het per ongeluk die send knoppie gedruk nog voor my comment klaar getik was 😆

  4. Wip sê:

    Whaha Bella dis omdat jou kop klaar by die shops is :))

    heits! Ek luv jou blou tone Ingrid – you go girl!!!! ekke sal nog myne hier kom opplak.. :mrgreen: hierdie belofte van ‘n inskrywing het nou al kleintjies gekry 😆 😳
    Geniet die braai.

    Van my kant ook liefde en groete vir Cupcake 🙂

    Lekker naweek vir almal…

  5. Smurfi sê:

    😆 Arme worshondjie!!! 😆 bogger die voete die hele ou worsie vries af! 😆 Facebook maaitjie ons geniet jou grappies vreeslik!

    Ingrid ek sal solank vir jou Energize batteries bestel 😉 kap dit flou en maak of jy dit vreeslik geniet!

    CC. jy moet jou komende vakansie geniet , laat weet wanneer julle gaan . Moet nou nie te hard werk nie hoor!

  6. Smurfi sê:

    Hierdie is so wreed, Dit is so skokkend dat ek nie eers die trane kon keer terwyl ek dit lees nie, en die satans kom maar net weer weg met alles!!!!

    Rowers stel kind tereg
    2010-12-02 23:10

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-stel-kind-tereg-20101202

    “”””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””””

    Ons Weermag is m@ertoe!!!

    http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/SAW-se-wiele-is-pap-20101203

    Sjoe en dan moet mens positief bly oor ons vernietigde land na hierdie voel ek absoluut alles behalwe positief!!! 👿

    By sommige basisse meld soldate om 08:00 aan vir diens en gaan om 09:00 weer huis toe.

  7. Bella sê:

    Sjoe, nou kort ek batteries. Ek is darem halfpad deur die shopping. Dit gaan besig wees die Desember. Ek en wip is nou klaar nou is dit Smurfi se beurt 😆

  8. Bella sê:

    Lekker naweek Wip.

  9. Bella sê:

    Cupcake se Raykie is vanaand op tv2 op noot op noot saam met ander sangers wat ook optree.

  10. Ingrid Marais sê:

    Lekker naweek almal.

  11. Smurfi sê:

    Ek sal vanaand kyk Bella, ek hou nogal van noot vir noot, kyk altyd of ek gouer kan raai wat die antwoorde is, ek hou eintlik van enige vasvra program. Lekker om te dink wat is die antwoorde! :lol:.

    Lekker naweek Ingrid!!! en al die ander Kombuismaters.

  12. Bella sê:

    Smurfi.
    Noot vir noot is amptelik klaar maar hulle wys nog van die kunstenaars wat opgetree het. Laas week was die eerste episode. In die hele program sing net kunstenaars.

    Lekker naweek almal en ook vir die wat hier lees.

  13. Bella sê:

    Noot vir nooit is heel deurmekaar met onderbrekings ensv. gelukkig het Ray gesing……whoop…whoop… Hy mag maar…. Cupcake hy is ñ cutie pie.

  14. Smurfi sê:

    More Bella!!! Ek moet eintlik skree so gesels die mense hier in die Kombuis 😆 waar is almal??? die liewe lawwe moomen s;ul is gans en al te stil!!! Goii die musiek en laat stook die Koffieketel!

    Ingrid ek het vir jou ‘n duifie gestuur!! met so klein ou boodskappie, maar die duifie is so bietjie skeel, so kyk maar dat hy tog mooi kom land, en dan is hy nog blond ook 🙄 kyk tog laat hy nie weer terug vlieg met die boodskappie nie 😆

    NS: O, 😳 en my duifies eet net calamari en prawns hoor !! 😉 en sluk dit ag met so lekker semisweet wit wyntjie! 😆

  15. Smurfi sê:

    Ai jai jai!! maar my keybord tik weer vreeslik foute vandag! 🙄 lees tog maar reg asb.

  16. Smurfi sê:

    Cupcake, kom sê dag virrie mense 😕 Jy werk weer te hard, kom sit nou en drink net een beker Kombuis koffie en jy is weer op en wakker! Ek sal so tien druppels “Malpitmuti” vir jou ingooi!!!! 😆

  17. Bella sê:

    SMURFI JY IS OP DIE VERKEERDE POST. ONS GESELS AL LANKAL OP N NUWE POST :LOL:
    AI MOET EK ALWEER VIR JOU TOU:LOL:

  18. Bella sê:

    Dis geen wonder my smiley,s wys nie. Na my geskree op Smurfi toe verander ek nie die hoofletters nie
    😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s