Saterdag groete

En so sit ek maar agter die puter op hierdie Saterdagoggend.  Hannie werk, die laaste een vir die jaar, ek het gou ‘n veslag of twee om klaar te maak, ek kan dit ook by die huis doen, maar terwyl ons nou hier in die omgewing is kan ek net so wel gou kom inloer vir koffie 😆

Smufi, ek like die new look, altyd lekker om ‘n make over te kry 😉  Bella, ek’s so bly Chomp kon dinge gedoen gekry het, julle verdien om saam te rus.  Bobbejaantjie, dis alles reg, ek gaan teen Woensdagmiddag eers alles finaliseer, so daar is nog tyd.  Smurfi, jy moet jou video clips geniet.

Kom ek vertel julle van my nuutste ervaring met ons wonderlike regstelsel.  Die hele ding loop nou al ‘n pad van 5 maande 👿  Dit het so begin:  13 Augustus word ‘n dagvaardiging van ‘n simpele R480 by my werk op ‘n lessenaar in my kantoor gelos.  Ek kry die stuk papier die volgende week en sien daar word in gesê dat ek in die hof moet gaan verskyn, vir skuld aan ‘n fisioterapeut wie in 2006 nie betaal is deur die mediese fonds nie.  Ek kontak die prokureur se kantoor en bied aan om die geld te betaal, hulle moet asb net vir my die volle bedrag met koste en hulle bankbesonderhede stuur.  Die dame aan die ander kant van die telefoon sê, alles is reg en sy sal so maak.  Ek is nie ‘n regskenner nie en aanvaar dat sodra ek die kommunikasie kry ek die geld sal betaal en alles sal reg wees.

Twee weke later kom daar ‘n finale waarskuwing praat van arrestasie en minagting van die hof en nog sulke goed.  Ek kontak weer die prokureur en vra wat gaan aan, nee ek moet die 7de Oktober aan die hof gaan verduidelik hoekom ek nie die eerste keer hof toe gegaan het nie.  OK, dan maak ons maar so, die landros wil weet of die eerste dagvaardiging in my hande gelewer is en net daar kom die gemors toe ek sê dis op ‘n tafel gelos terwyl ek nie in die kantoor was nie.  Skielik word daar ‘n saak teen die balju gemaak en moet ek bewys dat ek nie die ding in persoonlike ontvangs geneem het nie.  Ons moet die 21ste Oktober weer terug gaan 😈

Weer gaan ons terug, die keer met ‘n CCTV video en ‘n verklaring wat bewys dat ek nie in die kantoor was nie en hoe die man twee keer terug gegaan het na die kantoor toe, die deur oopgemaak het ingegaan het en weer toegemaak het en toe die gebou verlaat het en hoe ek daarna eers die kantoor binne gaan.  Hierdie keer kan die saak ook nie afgehandel word nie, want die balju het nie opgedaag nie 👿 weer word die saak uitgestel na 25 November toe.  Weer ‘n keer is ons terug hof toe, met die video en die hoof van ons sekuriteit as ‘n getuie, hierdie keer is die landros wat die eerste keer die saak hanteer het nie daar nie en die ander landros wil nie die saak hoor nie, dit word uitgestel na 9 Desember toe!

9 Desember trek ons weer almal op hof toe!!!  Wat is die uitspraak t.o.v. die klag teen my van minagting van die hof?  Onskuldig!  Wat is die beslissing oor die betaal van die skuld:  I accept your offer.  👿  😈

Flippen hel daar loop misdadigers rond, daar word gekla van oorvol hofrolle, sake vat jare om verhoor te word, verkragters kry borgtog, loop uit en gaan verkrag nog iemand, maar ‘n eenvoudige saak soos hierdie, moet vier dae van die hof se tyd mors, vier dae se produktiwiteit van twee mense en drie dae se produktiwiteit van nog twee mense weg vat, WTF????  Dan kom die prokureur by navraag hoekom die eerste persoon gesê het dis nie nodig om in die hof te gaan verskyn nie dat daardie persoon “stupid” is, nou is my vraag, hoekom laat jy as ‘n gekwalifiseerde professionele persoon ‘n “stupid” persoon met die publiek kontak hê?

Ek weet nie wie van julle was al in Jhb se hofgebou gewees nie, die badkamers is skandelik vuil, die toilet sitplekke is gebreek, daar is nie seep of papier om jou hande te was nie, as jy nie jou eie toiletpapier saam vat nie, het jy selfs daar ook ‘n probleem.  Wat gaan in hierdie land aan?  Wat het geword van prioriteite?  Die landros wou ‘n punt bewys nl. dat die balju nie altyd die waarheid praat nie en dat dit onaanvaarbaar is, maar teen watter koste?  Sekerlik is daar ‘n ander manier om so iets te hanteer, hoe klink hierdie opsie?  Luister wat die persoon te sê het, laat sy ‘n verslag daaroor skryf, laat die balju se toesighouer die saak hanteer en die nodige dissipline toepas.  Intussen kon die fisioterapeut al haar geld teen die einde Augustus gehad het, as die prokureur se assistent haar werk reg gedoen het.  Almal se tyd is gemors en vir wat nogal?

Nou weet julle ook sommer hoekom ek sommige dae weg was en ander erg besig was om die werk wat ek verloor het op daardie dae weer in te haal.  Ek wou nie daaroor skryf voordat die hele saak nie afgehandel was nie.  Elke keer moes ons deur die stress gaan van hof toe gaan en wonder wat gaan gebeur, want dit is ook duidelik aan ons gemaak dat alles sal afhang van hoe die landros op die dag voel en die straf, sou hy besluit het hy glo my nie en aanvaar nie die getuienis van die sekuriteits man nie; kon enige iets tussen R5 000 boete en/of 3 maande gevangenis straf gewees het.  Gelukkig is dit nou alles verby en kan ons voort gaan met ons lewens. 

Aan die einde hiervan kan ek maar net weer vir Hannie dankie sê dat sy elke oomblik daar was, deur die bang Woensdae aande, elke Donderdag langs my op daardie harde hout bankie gesit het, daar die vuil toilette getrotseer het en nie een keer gewonder het of wat ek sê die waarheid is nie, selfs voordat sy die video footage gesien het, het sy nie vir ‘n sekonde getwyfel nie.  Hoe het ek deur soveel bad goed in my lewe gegaan sonder haar ondersteuning, warmte en liefde?  Ek kan my nie indink dat daar ‘n oomblik is wat ek ooit sonder haar sal wees nie, dit voel of sy van altyd af daar was.  Die menselik brein is amazing, ek kan die gebeure van die verlede onthou, maar die seer emosie wat daarmee saam gegaan het is so uitgevee deur liefde en omgee dat dit nie saak maak hoe diep ek gaan grou nie, ek kan net onthou dit was sleg, maar ek ken nie meer daardie seer voel nie.

Mooi naweek en gaan gee die een wat jou lewe die moeite werd maak ‘n drukkie en ‘n lekker koppie koffie so reg uit die kombuis uit.

Advertisements

11 comments on “Saterdag groete

  1. Smurfi sê:

    Ingrid ek het nou weer ietsie geleer hoe om by “hannon” uit die kom jy weet mos die “gamguru” so hy gee my nou ‘n nuwe look ! 😆 😆 nou speeel ek met my nuwe looks!

    Ingrid dit is goed dat jy bewyse het van die mamparra wat net die ding kom neergooi en loop, anders het hy gestry dat hy dit in jou hande gegee het. Die howe stel maar net sake uit en uit en uit, want dit is net so gaoties daar.

  2. Bella sê:

    😯 liewe land Ingrid dit is mos genoeg rede om enige een die m@er in te maak. Ek is net bly dit is nou agter julle. Ek kan net dink hoe julle moes gevoel het.

  3. Bella sê:

    Smurfi….daai make over werk hoor. Smurfi lyk te mooi.

  4. Smurfi sê:

    Thanks Bella!! kyk hoe bloos so blou Smurfi bloedrooi 😳 😆 hahhahaha!!!

  5. Son sê:

    Jy se vandag iets hier, wat mense moeilik verstaan as ek dit vir hulle se. Ek was lank gelede vir 12 jaar getroud met ‘n vroueslaner vark. As ek vandag iets onthou uit daardie tyd, onthou ek HOM nooit nie. Dis asof my brein hom uitgevee het. Al wat ek uit daai tyd oorgehou het, is twee pragtige kinders, maar dis asof ek hulle alleen gehad het. Dalk is dit ‘n beskermingsmeganisme in mens se brein.

  6. Smurfi sê:

    Son;

    Dit is soos ‘n deel van jou storieboek van die lewe, die dele wat jy toemaak en vergeet, jy hou net dit wat vir jou belangrik en kosbaar is, (soos jou kinders) Die wat die drake en spoke in die verhaal gespeel het skryf jy uit jou Lewensboek uit,. So begin ‘n nuwe Jy storie. Daardie Boelie hou nie meer die sleutel tot jou lewensverhaal nie, dit is veilig nou in jou hande en jy skryf jou storie verder, sonder vrees en bang wees..

    Verbasend hoe mens weer mens word en rustig raak, maar tog ook soveel daaruit geleer het. …. om sodoende ook ander, wat daagliks deur dieselfde pyn en seer baklei te verstaan en te kan moed inpraat. Eers dan besef jy werklik dat daar waar jy nie meer kon opstaan, kruip, of loop nie , …. daar het God jou opgetel, en uit daardie riller verhaal kom dra, dan besef jy sonder Hom sou jy dit nie gemaak het. Die lewe gebeur maar so met almal ,.. en alles wat met ons gebeur, hoe swaar , en hoe moeilik , maak van ons sterker mense met baie begrip van ander se seer en pyn..

  7. Buks sê:

    Ek weet presies waarvan jy praat Ingrid. Daardie bang gevoel is baie aaklig. Ek sit self al die afgelope paar weke met daai gevoel. My dogter trou in SA en ek moet uiteraard daar wees en is vreeslik bang vir vlieg. Daar is mos geen manier hoe ‘n ouer sy dogter se troue kan mis nie maar ek vrees daai opstyg en land verskriklik.

  8. Buks sê:

    Baie bly jy is oor daai nare episode Ingrid. Daardie bang gevoel is nie lekker nie.

  9. Ingrid Marais sê:

    Julle praat baie waar. Son dit sou seker net dieselfde vir my gewees het as ek my kinders deur n spermdonor gekry het. Tot Amber se nou die dag syt al vergeet dat sy n pa het. Mooi Sondag vir almal dit reeo heerlik hier 😆

  10. Smurfi sê:

    Ingrid;
    Dit is regtig so. Dit is soms ook beter so, jy kry Pa’s en jy kry papbroeke, lafharte wat hul kinders net so maklik weggooi, die sulkes kan net kinders maak maar nie grootmaak nie. Eintlik is dit vir die beste dat hul dan totaal verdwyn uit die kind se lewe as om kort , kort net te kom moeilikheid maak. So kan jy jou kind beter waardes in die lewe lees sonder invloed van die verkeerde manier.

    Ek onthou een oueraand by die laerskool het die hoof van die skool eendag gesê, dit lyk of die groot meerderheid van sy leerlinge enkel ouers is, want die pa’s skitter in hul afwesigheid tydens sulke oueraande, dit is grotendeels net die mammas wat opdaag. En dit is die waarheid hoor!

  11. Smurfi sê:

    Sorry moet lees “leer” (al weer die keyboard se tik fout … 😆 )

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s