Deja vu en Bok

Dagsê aan die paar verdwaalde outjie wat nog in die kombuis rond kuier, gelukkig is hier steeds warm koffie en Willa2 het gesorg dat die blikke vol is.  Moet sê na die naweek het ek dringend nodig om baie ver van enige blikke af te bly 😳

Deja vu

Dit is die enigste woord waarmee ek Vrydagaand kan beskryf, maar laat ek by die begin beginne.  Ek het mos toe soos beplan Vrydagmiddag vir Hannie gaan ontvoer.  Alles het onder die grootste geheimhouding plaasgevind, van julle het geweet en dan het Amber natuurlik geweet.  Ronel by die werk het gehelp bel en reël, maar verder was alles doodstil gewees.  Ek het die oggend vroeg Cresta toe gegaan om eetgoed vir die ouens by die huis vir die naweek te kry en allerhande dekadente goed vir die naweek vir ons ook.  Daarna het ons die au Pair gaan haal en dit baie close gesny toe ek hulle 15h00 by die huis aflaai, ek moes Hannie 16h00 in Braamfontein kry.  Die oggend het Amber nog gehelp om gou klere te pak 😆  Die kompleks se sekurteit het geweet van ons afwesigheid en aangebied om te help sou Nomfundo enige probleme het, maar met selfone was ek heeltemal gerus gewees.

Hannie is salig onbewus van my planne en selfs toe ons net 6 rolls koop vra sy nie te veel vrae nie, ek beduie dat die kinders reeds hotdog rolls het en dis genoeg vir haar.  Die eerste susspisie kom toe ons by die normale afrit verby ry, eers sê ek ons gaan by Maxis in midrand eet, toe is die volgende Ds. Trevor het gesê ons moet kom hallo sê (daai een het nie so goed gewerk nie, sy weet ek sal haar nie sommer so onvoorbereid na hulle toe vat nie), in ‘n stadium het ek gesê ons gaan saam met PK hulle kinderpartie hou. 😆  Toe ons om die hoek kom by die gaste huis (onthou Hannie ken nie Pretoria nie) het ek gedink sy sal dadelik die buitekant van die plek herken, die naam verskyn nie daar nie, maar sy was steeds nie seker gewees nie.

Toe Willie die hek oopmaak en ek ry is, kondig sy aan:  “ek gaan net hier bly sit.”  Ek klim uit, gaan praat met Willie, kry die sleutels en alles en toe ek terug kom sit sy sowaar nog net daar, doodstil 😆  Ons stap om na die kant waar die suites is en die woorde:  “ek gaan jou slaan” kom sommer vanself.  Toe ons die deur oopmaak is dit voorwaar asof ons terug gestap het in tyd, klein verskille is daar wel, daar is rose op die tafel en die linne is verskillend, maar die res is presies dieselfde.  Van die sjampanje tot by die die vrugtebak, tjoklits en die beautiful tuin tot by die welkome lugreëling wat Willie die middag al aangeskakel het sodat ons in ‘n koel kamer kan instap en die heerlike ontbyte op die patio reg voor die deur.  – Dis my stukkie PR vir Dinkwe guest house, dis ‘n moet blyplek as jy ooit in Pretoria moet gaan oorslaap.

Ongelukkig moes ek Saterdag by die bank ‘n draai gaan maak en ons durf vir Menlyn aan, weereens verstom dit my steeds dat ek om elke hoek en draai, selfs by Checkers op die hoek Afrikaans kan praat en in Afrikaans geantwoord kan word.  Dan wil mense kom foeter met Tswane 👿  dis Pretoria en klaar!

Ons wou Saterdagaand uitgegaan het, maar die natuur het vir ons die mooiste skouspel kom lewer, complete met kristalle en diamante, die mooiste reën wat alles in ‘n verdere sprokiesland omtower het. 😆

     

Sondagoggend is ons net na ontbyt in die pad terug huistoe en toe ons die kinders se glimlagte sien en Amber se:  “Ag nee, ons het gedink mamma-hulle gaan eers later kom” toe weet ons Nomfundu was die regte keuse gewees om na hulle te kyk, hulle het mekaar geniet en sy stel haarself beskikbaar om weer te kom; “Auntie must just phone and I’ll be here”  wat my verder gelukkig maak is toe haar ma my gistermiddag bel om seker te maak alles was in orde en dat ons tevrede was met haar diens.  PS haar ma werk saam met my.

Ons het die kinders uitgevat vir middagete en hulle het hul grootste kersgeskenk vroeg gekry toe ons hulle fietse gaan koop en vir hulle gee.  Ons het hulle vir die res van die middag nie gesien nie.

O ja, vir die wat nie weet nie, aangesien dit die eerste huweliksherdenking was en dit tradisioneel papier as ‘n geskenk moes wees, het ek vir Hannie ‘n jaarboek saamgestel van die jaar wat verby is, ons verhaal in fotos.  Van die bloggers het hulle boodskappies gemail en dit is deel van die boek, mooi gebind en met ‘n kopie van die musiek wat ons op die troue gespeel het op cd.  Ons het toe besluit om elke jaar so ‘n jaarboek te maak en vir elke kind ook een bymekaar te maak, dit vir hulle te bêre as ‘n geskenk as hulle eers groot is om te kan onthou waar ons vandaan kom sodat ons kan weet om aan te gaan elke dag.

Bok

Dit bring my by die volgende deel wat net mooi niks met die naweek te doen het nie, al het ek die video Vrydagoggend gesien.  Vanoggend speel Bok se cd; My Kreet in die kar oppad werk toe en ek luister weer na die woorde van die titel snit en ek besef weer dit is iets waarmee ek kan identifiseer.  As jy hom nog nie gehoor of gesien het nie, gaan soek hom, die hele cd is aanvaarbaar met sommige songs beter as ander, maar kyk net so bietjie hier en as jy dalk in hierdie dae met al die seer wat gebeur begin wonder onthou die woorde:  Maar jy moet aanhou glo, nooit ooit vergeet, so staan ons saam!

My Kreet

 Is jy gebore?

Donker Afrika se kind

Voel jy verlore?

Voel dit is nie eers jou skuld?

 Maar jy moet aanhou glo

Nooit ooit vergeet

So staan ons saam

 As jy voel jy staan alleen

En almal se jy kan nie wen

As jy my vra sal ek jou dra

Deur bloed,deur sweet, hoor jy my kreet

Jy moet weet jy’s nooit alleen

Die Afrikaner het `n stem

As jy my vra sal ek jou dra

Deur bloed,deur sweet, hoor jy my kreet

 Soek jy na rede?

Om in Afrika te bly

Soek jy na  vrede?

Soek net die lewe in die stry

 Maar jy moet aanhou glo

Nooit ooit vergeet

So staan ons saam

 As jy voel jy staan alleen

En almal se jy kan nie wen

As jy my vra sal ek jou dra

Deur bloed deur sweet, hoor jy my kreet

Jy moet weet jy’s nooit alleen

Die Afrikaner het ‘n stem

As jy my vra sal ek jou dra

Deur bloed,deur sweet, hoor jy my kreet

 As jy jou alles gee,dan gee ek meer en meer

 As jy voel jy staan alleen

En almal se jy kan nie wen

As jy my vra sal ek jou dra

Deur bloed deur sweet,hoor jy my kreet

Jy moet weet jy’s nooit alleen

Die Afrikaner het ‘n stem

As jy my vra sal ek jou dra

Deur bloed,deur sweet,hoor jy my kreet

Advertisements

3 comments on “Deja vu en Bok

  1. Bella sê:

    Hi Ingrid.
    Ek is so bly julle het die spesiale daggie geniet. Die jaarboek lyk pragtig. Dankie vir die pragtige fodies. Daardie vrugte en tjoklits lyk darem lekker.

    Ek is seker alles vir Hannie ñ groot verrassing.

  2. Bella sê:

    Ek het nog die cd van Bok nie, maar het al die lied gehoor. Pragtig !!!!!!!!

  3. Ingrid Marais sê:

    Dankie Bella, ja dit is ‘n mooi lied.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s