Koffietyd

So breek die lang verwagte koffie saam met Platkuif toe aan.  Wat kan ek sê wat ek nie alreeds gesê het nie.  Die enigste verskil is dat ek nou voorwaar met my eie oge gesien het wat ek reeds geweet het, hy’t nie horings en ‘n punt stert nie.  Die ontbyt van lekker, die koffie nice en die geselskap great.  Dis eintlik te min woorde om ‘n genotvolle oggend mee te beskryf, maar die detail en elke woord wat gesê is, is nie nodig of gepas vir hierdie forum nie.

Nog iets wat ek ook hier moet sê, PK is nie alles wat almal hom graag wil maak nie, hy’s nie die duiwel van die blogwêreld wat mense se lewens wil vernietig nie, hy’s ‘n pa en ‘n man wat lief is vir sy gesin, ‘n Suid Afrikaner wat ek trots is om vriend te kan noem.

PK, baie dankie, ons maak beslis weer so!  Drukkies vir daai mooi dogter en ‘n groot bos blomme vir jou vrou.  Geniet Kersfees en die familie en mag 2011 die mooiste grootste jaar nog wees vir jou en almal na aan jou.

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

13 comments on “Koffietyd

  1. Smurfi sê:

    Hallo!!!…. sien nou eers hier is nog ‘n nuwerderder inskrywing, ek sit toe nog vas daar by Steve op die vorige inskryfing 😆 Ja Ingrid, Platkuif is toe nie die duiwel uit die kinderbybel nie, nog minder is smurfie die “wicket witch of the west” 😆 Platkuif is OK. ek en hy het gestry, oordintlik gestry en ge- disagree oor baie dinge maar eintlik is ons almal dood normale mense. Gelukkig loop nie een van ons met wrokke en haat in ons harte rond nie, veral nie oor mense wat jy nie eers ken nie 😉 Platstekuifie, ek klink ‘n glasie op jou hier in die Kebuis! So tjorts op die nuwe jaar en ‘n baie geseënde Kersfees vir almal wat hier kom inloer.

    “Carry a heart that never hates’
    Carry a smile that never fades,
    Carry a touch that never hurts”

    Sies ou Kuifie man! … Ek het dan so lekker jou geterg alyd!…. jy met al jou sê goeters, dit was dan so my “treat” om jou siel uit te trek!! Nou kom vertel Ingrid jy is ‘n ‘Jintilman’, en ek wou nog so paar Platkuifismis hier vir jou gooi!! 😆 😆 maar ek kan jou verseker Smurfi is net onsettend stout, en jy was so ontsettend glad met die bek en dit maak mos goeie kombinasie vir stout wees en lekker lag as “bodygaurds” so kwaad word daaroor. Ingrid dit was hanne tanne naels en harre! soos ons baklei het! 😆 😆 maar vir my was dit nooit regtig so ernstig nie…… (behalwe as hulle my Generaal aanval dan moes die army uitklim! ) Ja nee wat is die blogwêreld sonner ‘n Plarkuifie.

  2. Smurfi sê:

    Tik fout …. s.o. s. tikfout met ‘n “t” weer nie ‘n “r” Mens spel dit Platkuif met ‘n “t” ek sal dit 10 keer uitskryf maar niks meer as dit nie!

  3. Bella sê:

    Ingrid… Ek is bly jy het dit geniet. My opinie hou ek maar vir myself. Lekker dag verder vir julle almal. Ons is volgende week weer terug en kuier dan weer ñ hond uit ñ bos uit.
    Tata.

  4. Ingrid Marais sê:

    Dis reg so julle, Smurfi, Kuif kan ‘n grap vat, moenie ‘n fout maak nie, so jy kan maar gooi sommer so met die stekies en al.
    Bella, elke ou mag sy eie opinie hê, dis mos my motto in life en in die kebuis. 😉 Dink hoe boring die ou lewe sou gewees het as ons almal nou soos Chomp en CC vir Ray in bodytjoklit wou dip …

  5. Bella sê:

    Ingrid 😆 ook weer waar nê.

  6. Smurfi sê:

    Kyk een ding ek en Bella en duisende der duisende ander sal net onse Generaal so in die bodytjoklit dip!! 😆 hoe sê ek Bella,…. is mos ??? En dan hang ons hom net so onderlangs aan die Kersboom en vat net so af en toe so lekkie 😉 EN DAN sing hy vir ons al sy mooisste liedjies terwyl hy so innie tjoklit is. WOW!! nuwe Krismistree idee …. maak klein Steve mannetjies en hang dit aan die Kersboom, ‘n hle boom vol Stevies!! 😉

  7. Ingrid Marais sê:

    Smurfi, is jy ernstig? Dis SA hierdie sê nou daai tjoklit beginne smelt dink net die gemors en as die miere nou saam kom eet? Dit nogal daar in julle se warmte, man dit kan vir jou’n tameletjie afgee, jy wil nou net weer daai generaal loop bad na Krismis. 😆

  8. Bella sê:

    Ingrid. Whahahaha.
    Smurfi. Dit kan werk hoor, maar Ingrid het ñ punt beet met die miere 😆

    Manlief maak ñ lekker potjie hier. Dit ruik hemels.

  9. Smurfi sê:

    Bella jy word mos nou te lekker bederf!! wens ek was daar vir die potjie! maar geniet dit hoor, mens Holliday nie so elke dag nie, ai dit klink heerlik ek kan sommer die potjie ruik tot hier!

  10. Bella sê:

    Smurfi. Wens ook jy was hier…. Sommer al die kombuis mensies. Ai ek mag seker droom. Ons kyk so op die see uit. Dis pragtig. Die jong manne watch net vir Chomp…..haar pa loer hulle net so onderlangs 😆

  11. Bella sê:

    Okey nou klok ek regtig uit. Sal later weer kom lees hier. Ek wil gou winkel toe ry. Lekker aand Julle.

  12. Smurfi sê:

    Sê vir hulle hulle beter ophou loer vir onse Chompie, Smurfi se weermag is grooooooot en sterk! Sê vir Chompie se Pappa hy gooi net ‘n lyn en die hele weermag slaat daar uit soos bloublasies hulle moet wyd kyk!

    Bella ek het vir julle maaikies mooi stukkie gelos daar by die nuwe topic! die woorde is nog altyd vir my so mooi! en ek kon nie anders as om aan al my regte egte mtertjies te dink toe ek dit nou weer lees nie. Dit is spesimiaal vir almal van die Kombuis. selfs onse kombuissitters se kinders , ons kombuis kat en noodles die hond en my honkie Pottie ens. ens.

  13. platkuif sê:

    Baie dankie vir die kuier Ingrid. Die voorreg was myne. Ons maak beslis weer so en dan nooi ons ‘n kombuisganger of twee om saam te kom sit en ginnegaap.Daar is altyd ‘n oop stoel en ‘n ektra koppie koffie available.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s