What is in a date?

Shakespear het Juliet die volgende woorde laat sê: “What’s in a name? That which we call a rose
By any other name would smell as sweet.”  Vandag wil ek die meester se woorde so effe verander en ‘n ander vraag kom vra:  “What’s in a date?  That which we call Christmas. By any other date would it not mean the same?”

Iemand het so pas ‘n gesprek met my gehad en probeer debateer dat 25 Desember nie werklik die dag is waarop Christus kom mens word het nie.  My vraag aan hom was?  Watter verskil sal dit maak, is dit nie vir jou as alom erkende Christen belangriker om wel te herdenk dat die Godheid kom mens word en kom swaarkry, gesterf het en nog belangriker weer opgestaan het nie?  Waarom wil jy jou energie mors oor ‘n datum?  Sou jy en jou gesin besluit julle gaan Sy geboorte herdenk in die middel van Junie (wat toevallig histories en astrologies meer korrek sou wees) sou dit jou minder van ‘n Christen maak?

Ek kan in ‘n lang debat hier ingaan oor hoekom dit meer sin maak dat die Christus in Junie/Julie gebore is, o.a. die weerpatroon in Israel op die oomblik sou duidelik aandui dat dit moeilik en amper onmoontlik sou wees vir herders om op die ope veld te wees in ‘n verwagte temperatuur van 4 grade celcius.  Die ster van Bethelehem wat op sig self tot afgodsstatus verhoog is deur dit toe te sing as ‘n wonderlig wat die Hemelkoning aan ons gebring het sou nie hierdie tyd van die jaar verskyn het nie, maar al hierdie goed is irrelevant.  What is in a date?…

Sou ons na die Pagan kalender gaan kyk vier hulle feeste volgens die natuur.  In die noordelike halfrond word daar hierdie naweek Yule gevier, baie dieselfde as ons tradisionele Kersfees, hulle vereer ook die godheid van die universe saam met sy/haar gode en godinne, daar word geeet en feeste gehou en selfs geskenke gegee!  In die suidelike halfrond, omdat hierdie mense die natuur se horlosie en die son se pad as rigtingwyser gebruik vier hulle Litha of dan mid summer soltice.  (Klink dit bekend, onthou jy Shakespear se midsummers night dream?)    Hierdie fees word gesien as ‘n kinderlike fees, ‘n tyd van kind wees en kinder goed geniet.  Dis ‘n fees van werk en plesier.  ‘n Tyd om die son se hitte te absorbeer, ‘n tyd van groei.  Klink dit so effe bekend?

Ek vra maar net, of  jy nou die middel van die somer met kinder spel gaan vier en of  jy die geboorte van duisende se Christus gaan vier, wees verdraagsaam teenoor mekaar, laat vrede en liefde tydens hierdie grootse naweek jou hoofdoel wees.

Advertisements

2 comments on “What is in a date?

  1. […] Ingrid-hulle – ek het deur die jaar julle storie gevolg. Ek dink jy is een van daardie regtige goeie mense en ek wens vir jou en jou gesin net die mooiste in die jare wat kom. […]

  2. Smurfi sê:

    SO STUKKIE UIT ‘N E-MAIL WAT EK ONTVANG HET …. HET MY GOED LAAT DINK HOOR!!

    “What will you gain by having another plastic Christmas? How will that feed your spirit and connect you more deeply to God? What will you really accomplish if you forge ahead with credit cards in hand, charging your way to what you hope will be a picture perfect holiday season, yet will leave you nothing more come January 2 than bills you can’t pay and more levels of uncharted waters in your soul?

    What if, instead of choosing to live out that candy-coated lie of the “perfect holiday season,” you chose to lay hold of the abundant life Jesus told us He came to give us?

    You can do just that if you will spend some time this season pressing in with the Lord and asking the questions that once answered, could really help you heal your heart, not to mention your finances”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s