Dit was vakansietyd …

Yes, yes

Ek kry nou eers kans om ordentlik hier te kom kuier.  Die enkele week by die huis was chaos om die minste daarvan te sê, kom ons vertel maar so met pics ens.

Kersoggend was dit persente tyd.  Amber weet nou die storie van die vet ou man met die rooi klere is nie waar nie en dit was nie vir haar ‘n groot issue om te besef daar bestaan nie so iemand nie, sy help nou om te sorg dat die kleintjies nog glo, ons het tot die ding met wortels vir die takbokke gedoen, koekies is uitgesit en Amber het ‘n hap gaan vat 😆

Toe is geskenke oopgemaak:

     

Omdat die weer so wisselvallig was is daar besluit om nie weg te gaan vir die naweek nie.  Die kinders was heel te vinde daarvoor om by die huis te bly, met hulle fietse te ry en te swem; ons het toe die wegbreek naweek se geld gebruik om vir hulle ‘n swembad te koop volledig met filters ens, ek is nie lus vir sukkel met groen water nie:

Dan weet julle mos nou al dat Quinton hom soos Evil Kenievel gedra het en in ‘n muur loop vasjaag het.  Dit het beteken dat ons ure lank by die hospitaal moes deurbring:

 

Die steke kom eers die naweek uit,  so intussen hol hy rond en vertel vir almal wat gebeur het en is baie trots dat hy 7 steke gekry het.

Geniet die res van jou dag, ons kuier gou weer saam

Ingrid

Advertisements
This entry was posted in Gesin.

4 comments on “Dit was vakansietyd …

  1. Bella sê:

    Lekker. Lekker…. Fodies. Thx Ingrid. Kyk die bekkies geniet omtrent hulle vakansie. Daar is darem niks wat die ogies so laat blink as dit by die oopmaak van geskenkies kom nie.
    Shame Quinton lyk omtrent eina. Een van die dae smile hy weer mooi vir ons.

  2. Bella sê:

    Sit ek nou en dink Cupcake sou nou die fodies so geniet het.

  3. Bella sê:

    Smurfi. Steve het vandag die 100,000
    merk verby gegaan met fans op sy facebook. WOW……..Ek en facebook maaikie het dopgehou vandag.

  4. Smurfi sê:

    😆 Ingrid dis nou wraggies nes ‘n seunskind mos maar is!! Hahahaha! Jy worry jou nog dood dan hol hulle rond en dink dit is nou baie “cool” om sewe steke te gekry het! Ag maar ons is net bly dit was niks erger as dit nie! ons lief ons kombuis seuntjie mos ook. Net bly hy kan rondhol en “brag” met sy sewe stekies!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s