Steve Hofmeyr Musiek

 

 

 

 

Steve Hofmeyr Musiek

.

Advertisements
This entry was posted in Steve.

28 comments on “Steve Hofmeyr Musiek

  1. Bella sê:

    Thanks Ingrid…. Het al begin ontrekkings kry 😆 het klaar gelees daar jy weet mos Smurfi se oge mis niks as dit by die generaal kom nie
    😆 Baie mooi geskryf met sulke hoge woorde.

  2. Smurfi sê:

    Steve moet hierdie kunswerk van hom beslis laat waardeer! Dis ‘n meesterstuk! Dink julle nie ook dit is die beste skildery ooit nie!!! WOW!!! Die Generaal moet dit beslis op ‘n veiling plaas ek sal hom koop as die ding nie in die miljoene in hol nie!! 😆

    Soos hy sê die een daarbo is sommer sy eie krabbel 😆

  3. Bella sê:

    Smurfi… Whahahaha. Ek sal ook so ñ kunswerk koop.. 😆 ten minste is dit ñ beter belegging as ñ gekoude bubblegum 😆

  4. Bella sê:

    Môre almal.
    Lekker daggie vir almal.

  5. Smurfi sê:

    More. more almal ( kyk hoe mooi is my maniere vanoggend!! )
    Bella ek dink didt is een pragtige kunswerkie! 😆 Die handtekening lyk iets soos Henli Maliste, ja nee mens wonner wat gaan alles deur onse Generaal se kop as hy die moderne kunste so staat en bekyk, ek dink as mens by sommiges sy gedagtes kan lees sal jy rol soos jy lag 😆 Ek is maar ook so met sommige van hierdie mal skilderye wat jy nie eers kan uitmaak wat is bo en wat is onder nie. Ek sê mos ‘dit is hoe dit is met Steve’ hy sien die humor so vinnig raak in sulke dinge. Dit is hoekom mense so van hom hou en hy is so reguit met wat hy sê, sê ‘n ding soos hy dit sien en klaar.

  6. Skoor sê:

    Oeee, julle kan darem twakpraat!

    Wies lus vir tjoklitkoek? Ek soek ene wat so deurtrek is vani tjoklitsous met neute oor. Sommer met ‘n kannetjie spuitroom by die hand.

    Jitte, pms maak my snaakse dinge lus.

  7. Bella sê:

    Skorie…ai tog en daar gaan my dieet nou net by die deur uit. Dit sal darem nou heerlik wees.

  8. Bella sê:

    Nee kyk nou mis ek al vir Ingrid.

  9. Smurfi sê:

    Hi daar Skoor, Lyk my mos die PMS moet meer male jou attack, dan kom gesels jy darem so bietjie 😆 ons praat baie twak …. want ons leer mooi by jou 😆 Dis mos die lekker innie lewe om net sommer twak te kan praat! of hoe? Ja bring daai tjoklit koek en room en tjoklit souse dat ons ons kan vervreet aan dit ek stem!! Skorie, ek moet weer gan draai daar by jou want lyk my dit gaan lekker raak so met die koeke en al die twakpraat! 😉
    Bella kom jy saam ons stap bietjie oor en gaan kuier daar by Skoor .

  10. Bella sê:

    Smurfi. Ek is oppad. Ons loop nie voor daai hele koek op is nie. Ek gaan net gou my tanne op speed sit.

  11. Smurfi sê:

    😆 Bella, onthou om daai tanne se batteries saam te vat net ingeval van ‘n noodgeval hulle starrag raak voor die koek op is!!! 😆

  12. Bella sê:

    Smurfi 😆 Ongelukkig kan ek hulle nie net laai nie. Sit nog met my eige tanne 😯 nee..herlaai. Laat ek maar reg tik voor jouse man weer my terg 😆

    Lekker slaap Smurfi.

  13. Bella sê:

    Mandela is in die hospitaal onder groot geheimhouding. Tot die joernaliste word weggejaag. Iets is nie pluis nie. Familie is al heeldag in en uit daar. Hulle wil voorgee dis vir toetse. AIKONA !!!!!

  14. Bella sê:

    MÔRE !!! MÔRE !!! MÔRE.

  15. Smurfi sê:

    En so donner die dom M..Emma voort!!! Blykbaar reken die D@*! ding dat mense wat aanstoot neem oor sy lied ‘n gebrek aan politieke opvoeding het!!!!! Wat de hel!! waar het hy enige opvoeding in enige rigting???

    Malema is onversetlik oor lied
    2011-01-27 08:10

    http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Malema-is-onversetlik-oor-lied-20110127-2

    MAAR………

    DAN lees mens die stuk!!!!!

    http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Rooftog-traumaties-angswekkend-se-boer-20110127-2

    Rooftog traumaties, angswekkend, sê boer
    2011-01-27 07:00
    Virginia – ’n Bekende boer se ervaring om beroof te word deur polisiebeamptes en mense wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het en te hoor hulle beplan om hom te vermoor, was uiters angswekkend en traumaties.

  16. Smurfi sê:

    More, More, almal, vergeet ek weer om te groet , Bella ek sien in vanoggemd se Beeld dat hulle nog geen nuus rep oor Mandella se toestand nie. Hy is ook maar al baie oud so dit is maar te wagte dat hy nie vir ewig gaan lewe nie. Blykbaar is daar vanoggend ‘n verkeers opeenhoping voor die Hospitaal waar Mandella opgeneem is.

  17. Smurfi sê:

    En daar beland Smurfi in die modderboksie! 😆 oor die stuk van M-Emma se twak praatjies!!! oor sy wiegeliedtjie vir SA.

  18. Bella sê:

    Smurfi.
    Ja madiba is al 92. Ek het ook al daar in die modder beland 😆 Ingrid het my al ñ paar kere daar kom uit sleep so aan die hare 😆

  19. Willa2 sê:

    Mole, mole almal. Dankie Skori die tjoklit koek was heerlik, al het ek (snik, snik) net die krummels gekry.
    Skori ek hoop van harte vir jou part dat dit maar liefs PMS is en nie iets anders nie. 😆 Laat weet maar as ons kousies moet begin brei.

  20. meermin sê:

    Lekker dag vir almal!! 😉

  21. Bella sê:

    Willa2…. 😆

    Hi Meermin.

  22. Smurfi sê:

    Hallo julle Kombuismaters,

    Hallo aan Meermin wat ons ook gou kom groet het, ons mis die mense as hulle te lank wegbly hoor! lekker om weer jou gesiggie hier te sien inloer!

    Willa laat dit nou vir jou ‘n les wees! sien jy nou van die te laat hier aankom het jy net krummels gekry 😆 maar ek belowe ek sal volgende keer ‘n groot sny in die yskas vir jou wegbêre waar niemand sal weet nie sodra jy inkom vra net vir Smurfi. 😉

  23. Bella sê:

    Smurfi… Met tanne op speed, ekstra batterye en pms kan daar mos nie koek oorbly nie. Sorry Willa2 ons belowe om volgende keer vir jou te hou soos Smurfi belowe het 😆

  24. Bella sê:

    Mole Mole almal…… Hoop dit gaan goed met almal. Ingrid ons mis jou !!!!

  25. Willa2 sê:

    Haai almal.
    Toe is dit uiteindelik Vrydag en naweek. Julle moet almal soet wees.
    Ingrid is jy darem nog ok jong?????? Ons mis jou!!!!

  26. Bella sê:

    Willa2 ek worry ook oor Ingrid. Hoop maar sy is okey. Lekker naweek almal. Hopenlik gesels ons maandag weer.

  27. Smurfi sê:

    Ingrid??? beter kom sê jy hallo voor ek die Weermag uitstuur om jou te loop soek, jy raak darem nou te stil, ons almal komkommer ons nou oor jou!!! Ons vermis jou!!!

    SOMMER ‘N PAAR OULIKE GESEGDE :

    “as dinge verkeerd loop. moet nooit saam met dit gaan nie!”

    “Ouderdom mag die gesig verrimpel, maar gebrek aan entusiasme verrimpel die siel ”

    “Probleme is baie soos mense — hulle word groter as jy hulle aanhou vertroetel.”

    “Die lewe is soos ‘n maalsteen. Of dit jou stukkend maal, of mooi op politoer sal slegs afhang waarvan jy gemaak is”

    “Ons geloof moet altyd ons stuurwiel wees, maar beslis nooit ons spaar wiel nie.”

  28. Bella sê:

    Smurfi.
    Shame… Fanus Rautenbach is ook vm oorlede. Steve het hom altyd so mooi gehelp.
    R.I.P. FANUS.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s