Juwele

Dit is wat hulle is, elke kind wat jy elke dag sien is een van hierdie. 

Kyk julle weet mos nou al gee my net ‘n halwe kans en ek kan weghol met ‘n ding, veral as daar kinders betrokke is.  Nou het iemand met ‘n mooie hart gister kom vertel van ‘n dogtertjie met ‘n groot stukkend, Bella het saam met my opgelet hoeveel mense so van tyd tot tyd daar in die argiewe gaan grawe en gaan hulp soek vir sulke seer goeters.

Eers het ek gedink, wat kan ek tog skryf wat ek nie reeds gesê het nie, julle ken reeds almal my storie, die een van ‘n ma wat haar kinders vat en pad gee uit ‘n hel waarin soveel mense vasgekeer sit en wat vandag vier gebalanseerde kinders het wat baie lag, baie speel, vrek stout kan wees en goed doen op skool.  Dit kan gedoen word!  Toe besef ek ook dat as mense in die argiewe gaan loer en gaan soek en goed google en dan hier uit kom is dit omdat hulle ‘n behoefte daaraan het om dit te hoor, omdat hulle nie van die begin af hier was nie.

Ons was gelukkig, die script van ons lewens was so geskryf dat ons wel vandag op hierdie mooi plek kan wees, maar daar is soveel ander wat nog in die hel van seer vasgevang sit.  Vir hulle skryf ek vandag en as jy die storie ken, gaan click maar daar op die kruisie en kom loer ander dag weer, dalk is daar dan iets vir jou.

My groenoog meisiekind was vier jaar oud toe sy op ‘n Kersfeesmiddag kom vertel het dat die ondenkbare met haar gebeur het, ‘n volwasse man het aan haar gevat en sy was bang dat dit weer sal gebeur.  Eerste grootste les was dat my kind geweet het wat reg en verkeerd is, danksy haar kleuterskool en dagmoeder en my eie oop siening oor die dinge was sy en haar maatjies van baie klein af vertel dat die dele onder jou swemklere joune is, niemand mag daar vat sonder jou toestemming nie, jy besluit eendag wanneer jy groot is oor sulke dinge.

Ek was so geskok dat ek self nie mooi geweet het watter kant toe nie, ek het my kinders (Quinton was ‘n baba van 4 maande oud) in die kar gelaai en werk toe gery.  Daar het ek my dokter gebel en vertel wat gebeur het.  Dit was ‘n klein plekkie en eers kon hy ook nie sy ore glo nie, maar hy het gereel dat iemand met haar praat en haar ondersoek.  Tweede les – kry so gou moontlik hulp, jy kan nie hierdie ding alleen hanteer nie.

Toe die vakansie dae verby was het ek ‘n maatskaplike werker gaan sien, sy het gereel dat ‘n persoon wat spesialiseer in spelterapie die kind sien om ons vermoede te bevestig, want sien gelukkig was daar geen fisieke skade gewees nie. Die spelterapeut het alles bevestig.   Ek het ‘n kindersielkundige se hulp ingeroep en sy het 250km ver gery om haar die eerste keer te sien, daarna het ek haar elke keer na haar toe gevat, soms op Bethulie en soms op Springfontein. Les nr. 3 – kry die beste kundige hulp wat jy kan bekostig.

Die saak is aangegee, maar oorspronklik was ek bitter ongelukkig omdat hulle verwag het dat die kind saam moet gaan na die aanklag kantoor om ‘n klag te gaan lê, ek het geweier.  Na ‘n lang gesukkel, baklei met landroste, waarvan een reguit gesê het dis ‘n saak vir die kerk nie vir die reg nie, het iemand dit reg gekry dat speurders van Queenstown af deurgekom het en die skuldige is op haar 5de verjaardag gearressteer.  ‘n Vriendin moes daardie middag die partytjie hou terwyl ek tussen die regs mense vasgevang was. Les nr. 4 – jy het niks verkeerd gedoen nie, vertel jou vriende en hou hulle naby jou, jy gaan hulle nodig kry.

Die persoon is op ‘n waarskuwing vrygelaat en ‘n volgende hofdatum is vasgestel.  Ek het onmiddellik vir ‘n beskermings bevel aansoek gedoen, aangesien die hof nie die nodigheid gesien het om te verhoed dat hy kontak met my kinders het nie, selfs al het hy slegs drie huise van ons af gebly.  Les nr. 5 – moenie dink die reg gaan jou ten alle tye beskerm nie en hierdie les het ek oor en oor geleer.

Na maande se gesloer het ‘n aanklaer van die streekshof met haar kom praat, sy het toe reeds alles so diep gaan wegbêre dat sy glad nie daaroor wou praat nie.  Al die getuienis is met ‘n fyn kam deurgegaan en daar is gevind dat een van die grootste foute was dat die dokter nooit enige aantekeninge gemaak het van die voorval nie.  Hy kon dit wel onthou, maar omdat dit nie opgeskryf was nie, het dit die saak ernstig verswak.  My kind was klein, net oor die 5 jaar oud en sou nooit ‘n kruisverhoor kon hanteer nie.  Die aanklaer het besluit om die saak onbepaald uit te stel, sou sy eendag die krag of die lus het kan sy terug gaan, die saak laat heropen en hom laat vervolg. Les nr. 6 – die kinderwet beskerm nie altyd die kind nie.

In die jare wat daarna gevolg het was daar gereelde trane in ons huis, ek en daardie selfde groenoog het vir Quinton groot gemaak, dit was net ons drie.  Ons het nie werklik ander mense naby ons toegelaat nie, daar was een vriend wat so sporadies en en uit ons lewens beweeg het en dan baie kennisse, mense by die kinders se skool wat daar was vir hulle.  Ons het steeds vir terapie gegaan en ons lewens het aangegaan.

Toe in 2008 stel ‘n gewese vriendin/kennis (as ek nou daaraan dink was ons nooit vriendinne gewees nie) my voor aan die mens wat alles in ons lewens kom verander het.  Ons trek weg van die plek af waar die seer was, begin ‘n nuwe lewe en op die koop toe ‘n nuwe gesin, nou drie jaar later kan ek met trots kyk hoedat ‘n kind beweeg het van amper stukkend tot iemand wat op akademies, sport en kultuur gebied skyn, soos ‘n juweel.

Wat probeer ek sê?  As jy weet van so ‘n kindjie, doen alles wat jy kan, daar is nie ‘n prys te hoog om te betaal om ‘n kind se lewe te red nie.  Bel iemand en kry hulp, jy sal wel die krag kry wanneer dit nodig is.  Daar was ‘n tyd dat ek my oë wou uithuil, maar nou is daar sterre in die plek van die trane.

Talk To ChildLine – 08000 55 555

Advertisements

17 comments on “Juwele

  1. Bella sê:

    Thx Ingrid… Iemand gaan dalk hier lees wat hulp dringend nodig het. Julle kan gehelp word soos Ingrid verduidelik het.

  2. Cupcake sê:

    Ek huil.

    Vir elke kindjie wat hierdeur gaan. Vir elke grootmens wat niks doen. Omdat hulle te bang is, of te skaam, of nie betrokke wil raak in “hofsake” nie, of “wat gaan die mense sê” en so kan ons die verskonings by die emmers volmaak.

    In Suid-Afrika, is daar geen regs tyd limiet op die vervolging van ‘n kinder molesteerder nie. Solank hy/sy leef en asemhaal, mag hy vervolg word. In uitsonderlike gevalle, ook daarna.

    Mag dit vir jou wat dalk hierdie pad stap, bemoedig. Ek het 23 jaar lank baklei vir geregtigheid – en dit gekry.

  3. Bella sê:

    Cupcake… Ek stem saam. Geregtigheid seëvier al vat dit hoe lank.

  4. Willa2 sê:

    Sterkte en mooi dag vir almal.

  5. Bella sê:

    Hi almal. Kom nou eers van die haarkapper af. Dis omtrent warm. Hi Willa2.

  6. Toortsie sê:

    Dankie vir die vertel en die raad. Eks bly dinge het vir jou reg uitgewerk

  7. seegogga sê:

    Ek is bly julle het oorwin! En dat jy ander kan help.

  8. Bella sê:

    Lekker slaap almal.

  9. adiratna sê:

    salam kenal…semoga sukses

  10. Willa2 sê:

    Mole, mole almal. Dis amper Vrydag!!!
    Smurfi ons het vir jou ‘n fles koffie vanoggend saam met die troepe gestuur. Ook ‘n koerant. Sit ‘n bietjie lekker agteroor en steek daardie troepe in die werk.
    ‘n Lekker dag vir almal.
    Sjoe Bella dis al klaar vanoggend van vroeg af weer warm.

  11. Bella sê:

    Hi Willa2. Sjoe die hitte is erg jong. Ek het al die waaiers aan in die huis. Ek dink Smurfi gaan daai koffietjie geniet. Ek het sommer vir haar ñ lekker melktert saam gestuur. Shame sy kry seker nie eers tyd om te eet nie. Sy is alreeds so maer 😆

  12. Willa2 sê:

    Bella, dankie tog ….. Ek’s so bly om te hoor dat jy ook warm kry. Ek het net begin bekommerd raak en gedink ek is dalk op my oorgangs jare. 😆
    Smurfi!!!!! Wat het geword van jou delegasie “skills”???? Span daai troepe in jong. Hulle raak net vetter by die dag van niks doen.

  13. Bella sê:

    Willa2. Ek survive net net die kant. Dan is die kombuis ook nog warm met die gekokery. Whahaha “oorgangsjare?” dit wag ook nog vorentoe 😯

  14. Wip sê:

    Hi almal

    Jammer ek is so skaars – die jaar is dol 🙂

    Baie positiewe inskrywing Ingrid!
    Ongelukkig is baie mense te bang om iets te doen sou so iets oor hulle pad kom – hulle kyk weg om sodoende nie betrokke te raak nie of dalk word hulle gevange gehou omdat hulle finansieël afhanklik is van die skuldige. Daar is so baie redes.

    Maar molestering kan ernstige kort- en lang termyn sielkundige probleme veroorsaak ……. (bv. depressie, minderwaardigheids kompleks, dwelm misbruik en selfmoord om net ‘n paar te noem)

    ‘n Kindjie is ‘n spesiale geskenk en kinderjare is veronderstel om gelukkig, veilig en sorgvry wees. Geen kind verdien om deur so morsigheid te gaan nie – as mens van so iets weet – maak werk daarvan. Molesteerders se prognose is swak en hulle sal dit weer doen, moontlik nie weer met dieselfde slagoffer maar ….. ‘n volgende een….. hoe sad is dit 😦

    Ek haal my hoed af vir jou Ingrid – jy het die regte besluite geneem toe dit nodig was en dit end-uit deur gevoer. Dit was verseker nie ‘n maklike pad nie maar alles het op die einde gelukkig en goed uitgedraai!!! Well done!!

    Mooi bly kombuis maats :)))

  15. Bella sê:

    Hi Wip. Lekker om jou weer raak te lees.
    Willa2 het daar aan jouse kant ook ñ reëntjie geval? Dit was nou so lekker na die hitte. Ek het buite rond geloop net om daai reën op my te voel. Hemels seg ek jou. lekker slaap almal.

  16. Smurfi sê:

    Nore almal, voor ek begin wegval en vasval in al die werk, net kom inloer, dankie vir die Koffie Willa en die koerant 😉 ek lees sommer gou hier in die kebuis met my pootjies lekker uitgestrek op die tafel!!!
    Ingrid, die stuk hierbo is baie goed geskryf en ek weet dat elkeen wat dit lees, uit ‘n ander oogpunt daarna sal kyk van nou af. Ek dink ons elkeen moet die stuk sommer copy en paste en hou ingeval mens te doen kryiemand wat deur so iets geraak word , en dit vir hulle gee, dit is so belangrik om sulke kinders te probeer help. Daar is een groot probleem by mense, … hulle wil nie betrokke raak nie, graag wil ek ook vra dat asb. mense raak betrokke veral as die ma nie iets daraan wil doen nie, glo my daar is m’a wat dit net los en nooit ‘n saak aanhangig maak nie en die kind gaan deur al die trauma en hartseer omdat ma weet en doen niks daaromtrent nie.

    Lekker dag vir julle almal! nou moet ek beginne swoeg en sweet hahahaha! Die ergste gaan wees om moontlik vir tot 8weke sonder Telkom lyn en my Internet te gaan wees sodra ons trek na die nuwe plek toe. Maar ek gaan fodies stuur van die plek waarheen ons trek sodra ek kan. Dit is soos ‘n dorpie op sy eie en ‘n lieflike stukkie “paradys” met die mooiste plante groei strate en tuine so pragtig!!!! Toe ons by die sukiriteits hekke inrei het ek geweet dit is waar ek sal wil bly. My hondjie is welkom want daar is ‘n klein tuintjie agter en voor , Ek gaan beslis nie my doodwerk soos nou in die grote tuin nie…. alhoewel ek hierdie pragtige plek gaan mis, …miskien ook nog my harde werk hier in die tuin en huis maar ek glo dit gaan vir die beste wees om kleiner te gaan.

  17. Bella sê:

    Môre almal.
    Smurfi sterkte daai kant. Geniet jou nuwe plekkie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s