Vriende ons oudstes is na ‘n Vaaltyn bal toe vanaand. Kan julle glo hoe groot hulle al is? Wippie oppas, die tyd gaan vinnig en dan gaan ouma se pop ook dans, PK, jou beurt lê om die draai, weet net nie of jy so lekker met daai ene gaan cope nie 😆
Advertisements
Ingrid hulle lyk te pragtig. Die tyd vlieg omtrent verby. Hulle moet dit geniet. Thx dat jy dit met ons gedeel het soos altyd. Ons laaik fodies van onse kombuiskinders.
Ek is lekker moeg, maar al wat tel is dat seuna dit geniet het.
Lekker slaap almal.
Hulle lyk pragtig!!!!! en ek hoop hulle het dit baie geniet.
Bella ek is bly jou Seuna het sy spesiale dag geniet 🙂
Ingrid ek en my pop dans alreeds – hierdie is haar eerste Valentynsbal en raai sy dans met haar Nana!!! LOL Nana sal dan ook die nodige Valentyns beertjies gaan koop vir hierdie groot en special dag 😆 😀 *wink-wink*
Ja onse Kombuis kinners word mooi en groot, julle gaan nog julle ande vol hê om die mannetjies weg te hou 😆 Hulle lyk pragtig Ingrid!
Wippie ek kan my net indink hoe jy en jou Prinsessie saam dans op haar eerste Valentynsdaggie op moeder aarde. En dan nog al die nuwe ontdekkings wat vir haar voorlê, alles wat so ‘n klein verstandjie nog moet, sien, inneem, leer, geniet (in hoofletters!! 😆 ) mag al haar toekomstige valentynsdae net so wonderlik en mooi wees soos hierdie eerste een in haar Nana se arms!
En aan al die wonderlike Kombuis soustannies en almal wat kom inloer ,mag julle almal met liefde bestrooi word en ‘n wonderlike Valentynsdag geniet, mag cupido se pyltjies van alle kante op julle neer reën, en die liefde blom.
Bella en al is ek so laat, moet ek net sê baie geluk met jou seun se verjaardag. Hoop julle het dit almal saam geniet en mag daar nog vele vrolike verjaardae vir julle en hom voorlê. Mens se kinders is so kosbaar.
Bellatjie het facebook maaikie vir jou die nuus gestuur? ek dink ek stuur sommer gou die link aan daar na jou toe!!!!
Môre almal. Thx Smurfi…..
Almal moet ñ wonderlike vaaltyn hê. Geniet dit !!!!!!!
Hi daar Bellatjie!! Ek is so besig om te pak en uit te gooi, ek raak nou al moedeloos moet eers gou kom asem skep en net more sê , Die weermag is alweer op gereedheids grondslag by die Generaal 😉 so ek snork aleen op hier! 😆
JY weet mos Die Sonsedag moet mos nou weer sing en uitbasuin dat hy en Sunè besluit het dit is uit tussen hulle, eintlik maar ‘n dood normale ding tussen twee wat net uitgegaan het, maar nou is dit mos weer onse Stevie en dit is moerske nuus!!!! Ai tog ek is soooooooo! bly ek is nie ‘n celeb nie 😆
l vir ‘n nuwe Telkomlyn anderkantSo ver is my e-mail en foon nog aan hier, ek het al klaar gereël vir ‘n nuwe Telkomlyn anderkant by die nuwe plekkie, ek hoop dit gaan vinnig gebeur! Maar sover is ek nog op die lug sal laat weet. Bella jy moet my net nog jou selfoon nr. laat weet per duifie, ek sal sommer vir almal my cel no: stuur voor ek hier weg trek met ‘n vinnige duifie!! ;).
Smurfi ek sal so maak. Ja ek het gesien daar. Ek steur my al lankal nie meer aan yollie nie. Sy is my tyd nie werd nie. Jy moet nie te hard werk nie hoor. Een van die dae is jy klaar dan kan jy jou nuwe plekkie geniet. Dink aan jou.
Môre maatjies!
Ingrid, jinne maar hulle lyk pragtig! Baie dankie vir die mooi fodies. Te mooi vir woorde!
Bellakie, baie geluk met jou Seuna se groot dag maatjie, en sowwy ek is laat!
Smurfiki, seblief gooi daai nommer voor jy wegraak hoor. Sterkte met die trek, ons dink aan jou!
O koek 😯 !! As Stevie en Soentjie nou uitgemaak het 😯 ….. nou’s niemand weer veilig nie …….
😆 😆 (koes), ek grap net hoor 😆
Smurfi ja ek is net so bly ek is nie ñ celeb nie. Elke dag breek paartjies op, maar vir yollie is dit nuus, want haar koerantjie gaan weer goed verkoop. Ek stuur vanaand vir jou die nommer hoor.
Cupcake watchit !!! 😆 Chompie smile hoeka breed 😉
Alles net grappies hoor. Cupcake gaan dit goed? Dit lyk my Bobbejaantjie het ons nou vir goed verlaat.
Bellakie, nie klagtes nie dankie my maatjie, net aan’t hol! Ja, onse Bobbie is nou al lank weg? En ons mis Skorie se baie lekker kossies ook. Die nuwe jaar hol bloots met almal.
Cupcake..dankie vir seuna se gelukwensing…. Dis dierbaar van jou. Die 21ste is dit weer Chompie se beurt. Ek het mos altwee in een maand. Hoe is daai gedoen? 😆 ek gee maar nogsteeds vir hulle ñ geselligheid hier by my huis. Lekker daggie hoor.
Plesier Bellakie! Ek maak nota van Chompie. 😆 jy het mooi gebudget 😆 Jip, mens se kuikens bly jou kuikens nê.
Wat eet julle almal vanaand? Ons het kombers en kerse tuin toe gedra, en gesmul aan tuisgebakte, sondige witbrood, met dikke, regte botter …… EN biltong oppie brood! Tjoklit harkie cupcakes (:lol: hoe dan anders) met room en cherries, njam! Strawberry sjampanje, en rooi Jannie-verjaar-koeldrank vir Kannietjie. Hêppy Valentines!!
Môre kyk ons net Cookery Channel en eet niks 😆
Cupcake.. Sjoe, maar daai ete klink heerlik. Ek en hubby gaan uit eet vanaand. Whoop whoop dit kan net lekker wees. Ons braai weer vandag hier so warm is dit vandag. Geniet julle vaaltyn suster….. Ingrid moet nog kom verslag doen oor hulle valentyn. Dalk verkies sy om niks te sê nie. Ta-ta eers.