Sommer net

Dagsê

Hierdie is ‘n sommer net post, sommer net oor ‘n klomp goed wat dalk nie eers met mekaar veband hou nie.

Ek kyk terug oor 2011, ja dit klink seker snaaks om dit al reeds na ses weke te doen, maar hierdie jaar het afgeskop met ‘n bang en alles hardloop een 2 000km per minuut.  Die skool het begin en binne drie weke na die begin van die nuwe jaar het ek reeds in die HOD se klas op ‘n klein stoeltjie gesit en ‘n amptelike klag ingedien teen ‘n onderwyseres, met onder soek is daar gevin dat dit in die verlede gereeld al gebeur het, maar weens die gebrek aan onderwysers het die skool nie juis veel van ‘n keuse gehad nie.

Ek is besig om te swot en dit voel of ek nie meer weet waar om te vat of te los nie.  Die kinders is so besig ek glo nie hulle weet meer watter kant toe nie, daar is ritse atletiek byeenkomste, more is daar nog een en more middag is daar sommer as ‘n bonus ‘n netbal kursus waarby dieselfde kinders wat Maandag en more atletiek gedoen het moet deelneem, dan skryf daardie selfde kinders nog vandag toets en van volgende week af elke Dinsdag en Donderdag word daar toetse gekryf en die 8ste Maart is die eerste netbal en rugby wedstryde!  Ons sit maklik elke aand tot 20h00 of later met die kleintjies se huiswerk, tussen deur kom vra Amber hulp en moet ons na Simone se skryfwerk kyk.  Ons arme kinders.

Ja, dan wonder ek wat van die arme ouers?  Besef die skool dat daar ouers is wat soms eers na 8 uur in die aand by die huis kom, nie omdat hulle wil nie, maar omdat hulle nie ‘n keuse het nie.  Ons is gelukkig, ons kinders is bevoorreg, ons is die meeste van die tyd nie later as 17h30 by die huis nie.

Maandag middag na die atletiek gaan sit ek en Amber in die parkie en hou piekniek, sommer so vir die lekker en terwyl ons vir Hannie wag om klaar te werk.  Daar kom twee kinders aan, een seker so graad 3 en ‘n kleintjie seker graad 1 of twee.  Nadat hulle vir niks meer as 10 minute nie gespeel het gaan sit die klein seuntjie, haal sy boekies uit en begin sy huiswerk by ‘n bankie doen.  Die dogtertjie haal haar boek uit, gaan lê op haar rug en begin haar lees les te lees en ek wonder, sou my kinders dit gedoen het, so sonder toesig of die bevel om te gaan leer; ek dink nie so nie, nie met ‘n swaai wat vir Quinton uitnooi om te kom speel nie.

Later sien ons ‘n klein dogtertjie in Braamfontein stap, tassie op die rug, skool klere nog mooi skoon en ‘n sakkie met ‘n piesang en chips in die handjie, ek vra haar in watter graad is sy en ewe trots antwoord sy: ” grade 2 Mam, and Mam have a happy valentines day” sy huppel weg, draai om en smile vir ons en waai vrolik met die handjie.  Hoe ver moet daardie klein beentjies nog loop en hoe laat gaan sy eers by die huis kom, hoeveel voorregte aanvaar ons kinders as vanselfsprekend?

Dan kyk ek na wat alles om ons aangaan, kinders word in ‘n dagsorg aangerand, dit is besig om ‘n alledaagse ding te word 👿 wat gaan aan?  Internasionale “volwasse” kunstenaars kom maak aanmerkings in ‘n land waarin hulle geen benul van die konteks van enige iets het nie 😈 van ons eie mense is vinnig om in te cash hierop en geld en aandag daaruit te kry 👿

Dan te midde van al hierdie chaos besef ek skielik weereens hoe gelukkig ek is.  Nou so ‘n rukkie gelede was daar ‘n keer toe Hannie nie lekker gevoel het nie, ek was werklik bekommerd oor haar veral omdat sy so hardkoppig is en niks van dokters hou nie.  Dit was ook in daardie tyd dat ek weereens besef het hoe wonderlik en ook hoe teer ons liefde werklik vir mekaar is. 

Mense praat soms so maklik van ‘n soulmate, maar nie voordat jy werklik daardie sielsgenoot gevind het besef jy wat dit beteken, hoeveel dit beteken en hoe jy dit moet koester nie.  Te midde van al hierdie deurmekaar dinge en dan nog sommer ‘n klomp ander wat ek julle nie mee wil verveel nie, weet jy net daar is ‘n rustige en veilige hawe waar jy aan die einde van die dag kan stil word, warmte, aanvaarding en totale rus kan ervaar.

Ingrid

Advertisements

28 comments on “Sommer net

  1. Bella sê:

    Ingrid nou het ek darem lekker gelees. Ek was eintlik spyt toe dit klaar is. Sjoe maar julle is besig !!! Ingrid ñ mens hoef regtig net om ons te kyk en dan te besef hoe bevoorreg ons is. Ons is geneig om te kla so met die witbrood onder die arm. Ja en ek is somtyds een van hulle. Geniet die atletiek en ons hou styf duimvas vir die kombuiskinners.

  2. Skoor sê:

    Ek gooi ook nou ‘n heel onbenullige stukkie by – omdat dit Februarie is 😆

    Ouma & Oupa klim in die bed..

    Oupa gee ‘n harde poep.

    Ouma vra: ‘Wat was dit?’

    Oupa dink vinnig en sê: ‘dis poeprugby…7 punte vir my!’

    Paar minute later poep ouma en sê : ‘n drie & ‘n skop, 7 punte elk!’

    Oupa gee so n sagte poepie en sê: ‘strafskop vir my, 10 – 07’

    Ouma laat loop ook met n ligte enetjie en sê: ‘ strafskop, 10 elk’

    Direk daarna gee ouma nog een en sê : ‘skepskop!’ ek loop 13 – 10 voor..!!’

    Oupa druk op sy hardste, verloor beheer en beskyt die bed.

    Ouma vra: en dit?

    Oupa sê: Dis halftyd, ons moet kante ruil’

  3. Ingrid Marais sê:

    Whahahahahahaha

  4. Smurfi sê:

    Skoor 😆 😆 😆

  5. Smurfi sê:

    Ingrid ek het eers gou die mooi stukkie oor die “soul mate” gecopy, dit is baie mooi geskryf.

  6. Bella sê:

    Skorie…WHAHAHAHAHAHAHA.

  7. Bella sê:

    Môre almal…..die naweek is amper hier.

  8. Skoor sê:

    More More!

    Ek het vanoggend nogal swaar opgestaan – so asof ek gehoop het dit IS al naweek! Maar nou ja – all good comes to those who wait. Ek wag dus maar…

  9. Bella sê:

    Ek wou nou gaan lees daar by BB se blog, maar sien dis nou privaat. lekker dag verder.

  10. Bella sê:

    Hi Skorie. Ekk dink ek sal maar saam met jou wag. 😆

  11. Ingrid Marais sê:

    Wat anders kan ons doen as wag? Ek sit by die atletiek, die naweek gaan besig wees Hannie se kantoor trek en ons sal aan die gang wees daarmee.

  12. Bella sê:

    Ingrid.. Geniet dit en skree sommer hard vir ons part ook daar vir die kombuiskinners !!!!!!!!

  13. meermin sê:

    Die te ef wat die arme kiddies so aangerand in haar sorg, ek persoonlik voel die ouers moet haar gaan aanrand, sodat sy kan voel hoe dit voel 😉

    Lekker dag vir julle.

  14. Skoor sê:

    Mike vra Kallie – Is Portugal ver? Kallie se nee, hy glo nie, want daar was Portugese saam met hom op skool en hulle het almal met fietse gery!

  15. Bella sê:

    Skorie 😆
    Meermin…..ek stem saam.

  16. Smurfi sê:

    Ingrid as ek daar kon wees sou ek my keel hees skree vir onse Kombuis se kinners by die arletiek julle moet net fyn luister julle sal my hoor!!!!

    Bella het jy op Steve se Facebook gaan kyk???? Dis net onse Generaal Steve wat wragtig so iets sal aanpak vir wat hy in glo!!! Ek is trots op onse Generaal al het hy sy “crocks” aan en ‘n checkbroek en sonder sy “ossewa” !!! Nee kyk daar is net een Steve en dit is onse Steve Hofmeyr!! Wens ek kon hom gou gaan oplaai daar waar hy staan en “hike” 😆 Ai wat ‘n treat!

  17. Bella sê:

    Smurfi… Ja ek het gelees daar en hom laat weet ek kom hom optel hy moet net wag daar waar hy is 😆 ek kom jou eers haal en dan gaan laai ons hom op…Dan bring ons hom tot in die kaap…dink jy dit kan werk ? Kameelperd moet maar eers rus !!!!!

  18. Bella sê:

    Lekker duks almal..

  19. Ingrid Marais sê:

    😆 😆

  20. Bella sê:

    Smurfi… Houtstok gaan nou probeer om vir Steve in die hande te kry op sy cell om te hoor waar hy nou al is… Shame ek hoop hy is voor vanaand in die kaap. Dit alles net om te bewys hy gee om vir die boere wat so vermoor word. DIT IS HOEKOM HY SO SPESIAAL IS VIR MY !!!!!!!

  21. Bella sê:

    Môre Ingrid en maaikies.

  22. Bella sê:

    Ai dit lyk nie of Steve dit gaan maak voor vanaand nie. Hy het sy 6 uur vlug verpas na Bloemfontein toe. Hy moes mos van daar af duim gooi. Hy sê hy gee nie om nie. Hy doen dit vir die boere. Bella se hartjie is so bly.

  23. Bella sê:

    Smurfi. Steve is nou net verby Colesberg. Ek moes nou lag hy sê hy sal maar op 3 susters oornag. Kan nog met homself spot. WHAHAHA.

    Smurfi ek het toe maar vir kamelie gaan haal en sit op sy nek… Ek moet maar kyk waar die generaal nou is. Jy moet tog maar vir Bella iets te drinke en ete bring, want hier gaan dit laat word.

  24. Bella sê:

    Lekker naweek almal. My kuikens is die naweek by my. Ek en Chompie gaan die naweek die winkels in vaar. Sy vat ons vir ñ breakfast môre. Sy werk eers weer komende woensdag.
    Veilig wees almal.

  25. Bella sê:

    R.I.P. Lucas Maree. Sterkte aan die familie.

  26. toortsie sê:

    Skoor!!! ek ken ook ‘n oupa wat goed is in daai selfde soort rugby!!! Gelukkig hoef daar nognie kante geruil het nie!!!
    Ingrid, ek het die stuk nou so geniet! Ons “bevoorregtes” moet net oppas dat ons nie in ons soeke na die beste vir ons en ons kinders, ons programme so vol stop, dat ons alles net halfmas geniet nie!! Sjoe, dis maar moeilik!! En ek het ervaar dat as ek besluit om iets van die program af te haal, ek net 2 ander in sy plek sit!! Lekker naweek

  27. Ingrid Marais sê:

    Toortsie, dis baie waar wat jy daar seg. Ons het een, wat ons nou eers vind werklik onnodigheid verwyder. So bietjie meer as ‘n maand gelede het die weerlig ons TV beskadig en ons het dit nog nie vervang nie, tans oorweeg ons dit baie, baie sterk om dit glad nie te doen nie. Daar is tyd vir dinge soos huiswerk, sonder ‘n gejaag, die kinders vermaak ons, het gisteraand vir ons konsert gehou, ons het nie besef dat selfs met die beperkte tyd voor die TV dit tog so ‘n groot deel van ons lewens kwaliteit weggevat het nie.

  28. Smurfi sê:

    Ingrid ek self kyk bitter min TV. so af en twice, maar soms staan dit vir dae net af, en ekmis dit nie eers nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s