Dankie Lucas

Dit was ‘n voorreg en ‘n eer om iemand soos Lucas Maree in ons midde te gehad het, ons het soveel meer as ‘n miljoen gekry.  Ek is stil want daar het ‘n man verby gegaan:

DROOM VROU

EK SOEK NOU VIR JARE AL NA HAAR
MET ‘N HONGER HART WAT NET NIE WIL BEDAAR NIE
SY’T MY WAKKERWERELD SKOON DEURMEKAAR GEMAAK
DAN DROOM EK OOK NOG ELKE AAND VAN HAAR

SY’S ALTYD MET HAAR RUG NA MY GEDRAAI
HAAR GESIG HOU SY GEHEIM EN
HAAR NAAM DIE MOET EK RAAI
MAAR EK WEET EK KEN DIE MEISIE WAT DAAR STAAN
EN EK WENS EK KON NET NADER AAN HAAR GAAN

AS SY TOG MAAR NET EEN KEER OM WOU KYK
WANT EK WONDER WIE SY IS EN HOE HAAR OE LYK
EK WEET EK KEN DIE KURWES VAN HAAR VLEES
EN EK WEET EK KEN DIE WARM VAN HAAR GEES

NET NOU DIE AAND, TOE KYK SY SKIELIK OM
EN EK MOET ERKEN EK WAS TOT IN MY SIEL VERSTOM
DIE SOEKTOG NA MY DROOMVROU WAS VERBY

WANT SY WAS TOE AL DIE TYD MAAR JY

KOOR

HIERDIE IS ‘N LIEDJIE NET VIR JOU , DROOMVROU
EN EK SING DIT, JA EK SING DIT NET VIR JOU
EN EK HOOP AS JY DIT HOOR SAL JY ONTHOU, DROOMVROU
DAT EK JARE LANK GESOEK HET NET NA JOU

Advertisements

4 comments on “Dankie Lucas

  1. Smurfi sê:

    Dis so hartseer, hy was so sagte geaardheid persoon en so nederig ek sal hom altyd onthou met daardie half skaam glimlag en rustige stem as hy praat, altyd dieselfde, ek dink hy het ‘n hart van goud gehad. Rus sag Lucas jy was en sal altyd onthou word as ‘n wonderlike mens, met sagte woorde vir almal en die skrywer van die mooiste liedjies soos die een hierbo.

  2. Smurfi sê:

    Lucas ons sou kon doen met ‘n miljoen soos jy!

  3. Bella sê:

    Baie waar Smurfi.. Nederig was hy beslis… R.I.P. LUCAS

  4. mykopop sê:

    Met die elektronies era waar die mense se musiek en video’s so in ons huise is word hulle vir ons soos vriende, ongelukkig is dit net nie vir hulle moontlik om ook al die duisende te ken wat hulle soos vriende ken nie. Ek was gelukkig dat ek darem by twee geleenthede by konserte van Lucas self vir ‘n paar minute met hom kon gesels en mens kan regtig net mooi dinge van hom sê.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s