Baie Dankie

Baie dankie vir al die mooi wense, Hannie is onder neurologiese observasie, was gister weer by die dokter, ons is gelukkig dat sy toegelaat word om by die huis gemonitor te word.  Gelukkig is daar paramedics in die kompleks, so daar is kundige ondersteuning, maar alle lyk ok.  Dit was werklik ‘n harde val gewees, sou die hoofpyne nie opklaar nie sal ons nog ‘n CT scan moet laat doen, gelukkig het die eerste een skoon terug gekom.

Jack Parrow

Ja, julle het seker al vergeet van die ou se advertensie en dat ek ongelukkig was.  Ek het eers by die BCCSA gaan kla, hulle het my verwys na die Advertising Standards Association, daar blyk dit toe was daar meer mense wat gekla het, volgens die verslag wat ek vandag ontvang het was on vyf in totaal gewees.  Sommige van die ander mense het gekla dat volgens die advertensie sekere sigarette as cool gesien word.  Daar is gekyk na drie klousules in die advertensie regulasies wat oortree is, nl. aanstootlike advertensie, geslag en kinders.  Die maatskappy en Musica het ooreengekom om onmiddellik die advertensie te onttrek en nie weer in sy huidige formaat te gebruik nie, in die lig hiervan is besluit om geen verdere stappe teen hulle te neem nie, mits die ooreenkoms gestand gehou word.

Moral of the story, daar is nog mense of dan instansies wat na die man/vrou op straat luister en wat sorg dat sulke gemors verwyder word.

Troffeltjie, wat kan ek sê, ja dit is waar, dit het niks met enige iemand te doen nie, maar die oomblik wanneer iemand kies om alles wat in hulle lewens gebeur vir almal te wys moet hulle maar die houe vat wat daarmee saam kom.  Ek onthou goed, nie die jaartal nie, was nog nooit goed daarmee nie; maar ek onthou wel dat die einste celeb eenkeer aangewys is as een van die betroubaarste mense in die land, ek onthou ook hoe dit uit sy eie mond uitgekom het dat Natasha “haar gat af gelag het”, nou wonder ek net hoe ontvang jy daardie eer terwyl jy weet dat jou eie eggenoot jou nie eers kan vertrou nie en dit terwyl sy nog nie eers geweet het van die verraad nie.  Verder hoe vertrou ‘n vrou iemand wat dit alles met haar gedoen het, gaan sy weer vra dat van haar familie haar rondry om te kyk wat hy doen en dan ‘n screaming match hê wanneer sy hom in die bos saam met iemand anders sien?  Hoe bring jy al hierdie dinge bymekaar met die aspirasies om ‘n politieke loopbaan iewers in die toekoms te wil hê?  Ek vra maar net.

Advertisements

53 comments on “Baie Dankie

  1. Skoor sê:

    Bly Hannie is okei, maar is die vloer okei??? Mens het tognie sulke skrikke nodig nie. Strongz

  2. seegogga sê:

    Baie bly dit gaan goed met Hannie. Hoop op volkome herstel.
    Add. Dankie dat jy vertel dat dit help om te kla. ‘n Mens kan dus ‘n verskil maak!!

  3. Bella sê:

    Ingrid Thx vir die update oor Hannie. Dit is soos jy sè sy kon erger seergekry het. Ons hoop sy sal gou volkome herstel.

    Oor Steve wel ons sal maar wag en sien…..ek hoop net dat as daar weer iets gebeur dat mense sal besef dat ñ saak het twee kante en nie net een nie. Sy kon mos vir hom weg gejaag het, maar sy het nie !!!!!!!!

    Lekker dag verder aan almal… Chomp begin weer môre te werk. Ek het hulle so geniet die paar dae hier by my.

  4. Cupcake sê:

    Ingrid, baie groete en gou beter voel vir Hannie!

    ‘n Man wat sy vrou verneuk is ‘n lelike ding!
    ‘n Man wat sy vrou EN sy minares verneuk is ‘n geslepe jakkals.
    MAAR iemand wat agterna sy VROU en sy MINARES loop en vloek, vieslike name noem en skel op openbare blogs en in briewe, is iemand wat wys hoe totaal verrot sy binneste is.
    Agterna blameer hy sy vrou, en sy minares ….. alles is hulle skuld!
    Dan kruip hy terug …….. (om ‘n boekie te keer en ‘n geldjie te spaar …???)
    Steve, een tip, jou naam en die woord vergifnis hoort so nie in dieselfde sin nie!
    Love me, hate me, dis hoe ek voel. Sing maar Nessum Dorma deur jou linker klinker boet, vir jou ondersteun ek wragtig nie!!

  5. Ingrid Marais sê:

    CC, jy ne brawe vrou voorwaar, ek stuur jou ‘n duifie.

  6. Willa2 sê:

    Mole, mole.
    Sterkte daar Hannie. Jy moet gou gesond word.
    Ek’s seker Ingrid en kie bederf jou darem, want jy is hulle kosbaarste besitting.

  7. meermin sê:

    CC ek gaan met jou saam stem, want hy het haar ‘n hoer genoem en dit in die HUISEGENOOT, dat hy haar net gebruik het vir SEKS, hy sleep haar naam deur die modder, maar geen haan kraai daarna nie, nou is hy terug by haar, vir hoe lank? Is dit net omdat die hofsaak baie binnekort is, haar boek wat sou verskyn het. Ek voel regtig jammer vir Janine want sy is ‘n pragtige klein mensie, wat baie baie seer gekry het. Niks keer hom om dit weer te doen nie!!! Ek was ook ‘n Steve fan, maar lankal nie meer nie!!! Hy sing goed, ek herken dit, MAAR dit is waar dit stop!!! Hy gebruik al wat vrou is – smyt haar eerkant toe sodra ‘n nuwe sexy poppie haar opwinding maak. MAAR ek erken ook as ‘n dame haarself op ‘n skinkbord aanbied vir ‘n man, GAAN HY BAIE BESLIS GRYP!!!

  8. Bella sê:

    Ja, so het almal hulle opinies omtrent die twee. Almal kan nie altyd saam stem nie. Janine het van die begin af oop oë in die verhouding ingestap. Sy het geweet Steve is getroud. Ja hy is ook te blameer dit erken ek. Nou maak sy dieselfde fout en vat hom terug. So as dinge weer verkeerd loop is sy net so skuldig. Sy kon hom weggejaag het en aan gegaan het met die hofsaak. Dit was haar keuse.
    Hoeveel keer wil sy dan nog haar kop stamp… Nee wat ek bejammer haar nie. Okey nou is ek klaar met die topic.

    Lekker dag almal…

  9. Skoor sê:

    Dis nogal vir my hartseer dat Steve nie gaan stilsit en net wees nie. Altyd moet daar n nuwe girl in die wings wees. Ek dink dit maak hom effe ongeloofwaardig, en die meisies cheap. Ja, hy het daai teruggeneemde damage goods vreeslike lelike name genoem, en as ‘n man my so moes behandel, wel, FOK hom.

    Ou Steve – een van die dae is jy oupa. Ek dink jy moet nou settle en jou bepaal by wat jy goed doen….kaksoek. Los die vroue man! Of kies en maak klaar.

    Enetjie vir die pad…Man with hand in
    Pocket feel cocky all day.

  10. Skoor sê:

    Girls van die kombuis….

    As julle nou lekker vlerremuise wil wees met die manne in julle lewe, of met die vroue in jul harte…. gaan kry bietjie die resep vir ‘n soel somersaand drankie daar op my kosblog. Laat die Liefdes Maand nie ‘n stille dood sterf nie, maar skiet sy kop oop, en vry jou geliefde…

  11. Ingrid Marais sê:

    Skorie, kom praat jy nou, daar’s mos ‘n geliefde se verjaardag wat voorlê.

  12. Bella sê:

    Skorie sit ek nou en lag vir jou. Ek sal definitief daai reseppie try. Ek vergeet elke keer om jou te vertel dat ek toe daai hoender al twee keer gemaak het. Was eers skepties oor daai klomp sout, maar dit is absoluut fantasties. Beslis ñ wenner.

  13. Willa2 sê:

    Skori 😆 😆

  14. Cupcake sê:

    Thx Skorie! Ek klink ‘n glasie van Skoor op elke maatjie hier in die Kebuis! Mag ons van opinie verskil, maar mag ons altyd maters bly!

  15. Ingrid Marais sê:

    Net so CC.
    Ouens ek skryf more toets, so ons sal mekaar nie hier raaklees nie, sal net so van die founkie af kyk hoe gaan dit met die maats. Sal die naweek Skorie se reseppie try 😉

  16. Bella sê:

    Ingrid…sterkte met daai toets hoor. Lekker aand verder vir julle almal.

  17. Ingrid Marais sê:

    Baie dankie Bella en groetnis vir Chomp.

  18. Smurfi sê:

    Hallo aan al die Kombuis maters en nuwelinge en al die dingelinge! 😆 Skorie jy laat my altyd lekker lag met jou sê goed.

    Hallo Cupcake!! waar was jy al die tyd? bly om jou weer hier raak te lees. Ek het my PC omtrent heeldag af gehad want die Elektrisiën was hier vir die Elektriese sertifikaat en alles was heeltyd aan en af gesit toe skakel ek maar liewer alles af voor daar skades kom. Hulle het omtrent alles getoets en oral ingekruip 😆 maar dis nou ook gedoen.

  19. Ingrid Marais sê:

    CC Amber het 84 persent gekry vir die Bali praatjie.

  20. Cupcake sê:

    Baie, baie geluk Amber, dit was ‘n pragtige taak wat jy gemaak het en jy kan so trots wees Liefiekind hoor! Well done ou sterrietjie!

    Heia Smurfiki! Nuwe jaar, nuwe dinge jong, maar rondhol en bokspring sal mens non-stop. Sterkte met die trek en ons hoop hulle “swiets” jou gou aan by die nuwe huis.

  21. Willa2 sê:

    Mole, mole.
    Cupcake jy moet nou net nie so rond hardloop dat jy more weer af voet is nie hoor.
    Smurfi jy moet maar vir jou ‘n groot fles koffie in pak vir die pad met die trekkery. Sterkte daar.
    Ingrid sterkte met die toets en sê vir Amber baie geluk. Ons is trots op haar. Nou sal moet mamma omtrent moet uithaal om nie af te steek by die kind nie.
    Hannie, ek hoop jy voel al beter en dat die hoofpyne al baie minder is.
    Bella, het ons nie ‘n lieflike dag vandag nie? Ek is sommer lus vir werk. ‘n Skaars gebeurtenis. 😆
    Skori baie dankie vir die drankie…. (hik) ….. ek mis net my drinking partner Bobbie. 😆

  22. Cupcake sê:

    Hello Willa! Ek pas vir voetjie mooi op want dis so wonderlik om weer okey te wees!

    *kug* ek voel net ons moet so dan en wan vir onse Bellakie remind om die blink kant bo te hou 😆 erhm …. en daai waslappie in die blinkers te hou 😆

    Ingrid, hoop regtig Hannie voel baie beter!

  23. Bella sê:

    Cupcake watchit !!! 😆 môre almal.

    Bella wag vir half 9… ONS GAAN RAY KYK…wil besprekings maak. 13 Mei. Uhmmmm,, Chompie soek tjoklitsousies….. Cupcake stuur aan.
    Willa2…heerlike dag suster…ek gaan self in die tuin werk vandag.
    Smurfi… Jy moet gou alles laat aan switch. 😆
    Ingrid sê geluk aan die kombuiskind. Trots op haar.

  24. Bobbejaantjie sê:

    Haloooooo Willa, Cupcake, Smurfikie, Bella, Skorie en Ingrid!!!! Jammer ek was missing in action, maar ons is deur ‘n helse tyd van Januarie af julle. Sal julle nog als vertel. Ek het darem af en toe nog gou ‘n ogie gegooi van my foontjie af. Willa ek dink jy moet daar vir ons ‘n paar bottels bubbly nader sleep om dit te vier. Is mos nooit te vroeg vir bubbly nie….hik….. Bly om te sien die Kombuis staan darem nog, maar ek sien die vensters is alweer vrek vuil! Sal maar gou inspring (HeHe)

  25. Bobbejaantjie sê:

    Haai jammer ek sien nou Meermin en Seegogga is ook hier. Meermin jou nog laas raakgelees op Bosparra!

  26. Willa2 sê:

    Bobbie!!!!!!! Ek wou eers sê ek gaan so vinnig soos weerlig bottelstoor toe hardloop, maar toe onthou ek soustannies kannie vinnig hardloop. Ek het toe die bottelstoor gebel en hulle bring onmiddellik ‘n kas bubbly. Sjoe die weermag troepe het jou orals gesoek. Hul moes Smurfi ook nog help pak met haar trekkery.
    Hiers solank ‘n piesang om te eet. Ons 2 moet maar vanaand onder die kombuistafel oorslaap, want elke keer wat ons ‘n taxi gereel het, het hul ons op skoon verkeerde plekke afgelaai. Gelukkig kuier Cupcake en Ray nie meer onder die tafel nie, so dis veilig vir ons.
    Sorry dat die vensters so vuil is, maar niemand kan dit so mooi skoonmaak soos jy nie.

  27. Bella sê:

    Suster ek nou bo van die stoel af… Bobbejaanjie….. Dis lekker om weer van jou te hoor…… Ai en skaars terug en daar suip sy en Willa2 weer 😆

    Willa2 gedra jou asseblief 😉

  28. Bella sê:

    Ek het nou klaar my besprekings gemaak. Smurfi Oktober sing die generaal ook weer hier…. Arme kamelie….Die jaar lyk sommer beter
    😆

  29. Willa2 sê:

    Bella ek hoop nie jy het die stoel gebreek toe jy van hom af gesuster het nie. 😆 Ingrid gaan dink dis ek en Bobbie wat die stoel gebreek het. 😆

  30. Bella sê:

    Willa2… Nee suster die stoel staan nog…lekker daggie.

  31. Smurfi sê:

    Moerske nice om Bobby weer raak te lees!!!! Jissie bobbejaantjie, ons was komkommerd en meer komkommerd! Sooooooo, bly jy is OK. Ja laat jy vensters was wil mos so lank wegbly ons kan nie eers meer deur die vensters dien wat buite gebeur nie 😆 Welkom terug onse apie!

    Hallo CC. en Bella en al die ander.

    Ai tog ek panic oor my internet en Telkom landlyn, hoop dit gebeur gou!

    Bella daai Kameelperd, gaan weer oortyd werk sien ek daar by jou 😆 maar hou hom daar en sorg mar mooi vir hom……..sal laat weet sodra ek hom benodig as uitkyktoring… 😆

  32. Bobbejaantjie sê:

    Oeeeee lekker glip daai borreltjies nou in my keel af! Willa ek sien hier lê nog van Cupcake en Raytjie se bodytjoklit onder die tafel. D@nner! Wanneer laas hét julle hier skoongemaak? Wat die “Generaal” aanbetref is ek moerse teleurgesteld in hom, maar elke aap kan seker maar maak soos hy smaak? Ek voel jammer vir Natasha. Om nou elke week in hierdie vrou se selfvoldane grynslag te moet vaskyk gaan nie maklik wees nie.

  33. Skoor sê:

    More dames. Los asb die vuil ruite van die kombuis – dis solat ons kan uitkyk oor die werf en ongesiens vinnig die deur kan toeskop as ‘n ongenooide gas aankom.

    Ek bak vandag vir ons brood. Lekker dik, warm snye waarin die botter so wegsmelt en ek het lekker ryp camembert kaas en heel groenvye konfyt. Prut die koffie al? Eks nou vrek honger.

  34. Bella sê:

    Bobbejaantjie… Lag ek nou te lekker. Ja dis ons almal se wens dat hy en Natasha bymekaar moet uitkom.

    Skorie… Jissie nou water my mond..ek sit die ketel aan. Bring maar alles. Ek weet ek gaan ñ vraat van myself maak.

  35. Bella sê:

    Smurfi… Ek kyk na kamelie. Oktober lê nog wyd so hy het meer as genoeg rustyd. Ai ek hoop al jou goedjies kom gou aan.

  36. Bella sê:

    Lekker aand julle.

  37. Smurfi sê:

    Vergeet om my tevergeet, onthou om te onthou om my te onthou 😆 Die Smurfi kom weer!! 😉

  38. Bella sê:

    Smurfi.. En nou suster…wanneer kom jy weer? 😆

  39. Smurfi sê:

    😆 😆 Bella net sodra ek weer ge-conect is….. mar ek kan nog inloer tot so teen Saterdag moontlik Sondag ook.

  40. Bella sê:

    Smurfi…. Kom ons hoop dit gebeur gou. As jy eers ge-settle is stuur ek jou ñ posduif. Lekker duks.

  41. Willa2 sê:

    Haai almal.
    Ingrid ek hoop als het goed af geloop met die toets.
    Hoe gaan dit met Hannie?????
    Lekker dag vir almal.
    Smurfi sterkte met die trek en als uitpak. Ek het vir Telkom laat weet dat hul eers jou konneksie mag aansit sodra als uit gepak is. 😆

  42. Bella sê:

    Môre almal. Hoe meer dae hoe meer dinge. Gaan lees sondag. Nou is daar oorlog tussen Corlea en Rudie. Vuil wasgoed word nou in die openbaar gehang. Alles so onnodig !!

  43. Bobbejaantjie sê:

    Hi daar almal! Bellakie dis nou omtrént ‘n siek spul van Rudi en Corlea. Maar dit klink my asof dit hy is wat al haar geheime,wat sy vertroulik met hom gedeel het, aan die media uitlap. Soos bv van die aborsie, ens. Dit bly maar hartseer, want hulle het beautiful saam gesing. Snaaks dat Sondag niks kwytraak oor die “Pampoen” en die “Perm op Pote” nie. (‘skuus julle die girl se bynaam kom van Steve se Spoegblok dae)

  44. Bella sê:

    Bobbejaantjie 😆 ja ek weet van daai bynaam. Nee jong sondag het hulle laas week ingehad. Waar sal hulle daai kans laat verby gaan? Ja Corlea hulle sing pragtig. Ek het selfs ñ dvd van hulle. Nou gaan die media hulle stenig. Ja en so het almal foute !!!!!! Lekker aand vir jou hoor.

  45. Bella sê:

    Willa2… Jy moet kom inloer hoor.. Ons soek weer lekker vars beskuit.

  46. Willa2 sê:

    Sies Bella julle mis my net as julle honger is. 😆
    Mole mole almal.
    Vandag gaan ons uit braai hier in die kaap. Glad nie nodig om ‘n stoof aan te sit nie.
    Koekblikke is vol gemaak. Ek stuur maar vir Smurfi saam met die troepe ‘n fles koffie, beskuit en die koerant.
    Ja so moet ‘n mens maar versigtig wees met wie jy jou geheime deel. Hulle sê nie verniet die makste honde byt die seerste.
    Lekker dag vir almal.
    Ek hoop Hannie is al gesond. Ingrid jy moet laat weet jong. Jy laat ons worry.

  47. Bella sê:

    Willa2. Nee ons mis jou ook, ek belowe maaikie. Ek het van Smurfi gehoor en sy stuur groete vir almal. Sy wag nog vir die telkomlyn. Jip ons gaan warm kry vandag….ek het juis gister in die hitte vensters gewas…sjoe dit was erg, Bobbejaantjie is ook nêrens as ñ mens haar nodig het nie.
    😆

  48. Bella sê:

    Sorry !!! Môre almal. Willa2 dankie vir die beskuit hoor… Lekker vars mmmmmmmm !!!!!!!

  49. Willa2 sê:

    Waars ALMAL????????????
    Hoop julle help almal vir Smurfi uitpak. 😆

  50. meermin sê:

    😥 my hart is stukkend, een van Jaco se skool vriendinne het Vrydag dood verongeluk, het ‘n foto van hulle wat seker so 5 jaar terug geneem is, op my blog, die twee kinders was erg oormekaar!! Jaco het nog Donderdag met haar gerpaat, want sy sou Sondag verjaar het, en hulle sou by haar ouer huis gebraai het!!!

  51. Bella sê:

    Willa2 almal is missing….. Ons kan nie eers die troepe uitstuur nie, want almal help vir Smurfi. Willa 2 ek is bly om te sien jy het gister se hitte oorleef… Mensig dit was erg !!!!!

  52. Bella sê:

    Meermin…. Ai dis erg… So jonk ook. Sterkte vir almal.

  53. Bella sê:

    Môre almal…. Amper naweek !!!!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s