Tyd

Dagsê

Daar is ‘n gesegde wat sê dat as jy iets gedoen wil hê gee dit vir ‘n besig mens en dit is baie waar.  Interessant hoedat tyd dinge kan verander, beinvloed en gesond maak.

Ek sit en gesels vanoggend met ‘n kollega en ek merk weer op hoedat mens soms in die oomblik franties kan raak oor iets en ‘n paar weke, maande en ja soms jare later wonder jy wat dan nou eintlik so erg was en as jy dan terugkyk besef jy ook dat jy met so ‘n bietjie tyd en afstand dalk heeltemal anders sou opetree het.

Gister kom land hier so ‘n klein duifie met groot groen oë op my lessenaar en ek dink oor die kere wat ek vere uit daardie selfde duif gepluk het sonder om te dink, want daar was nog nie genoeg tyd gegun daarvoor nie.  Ek dink terug en ek sien voor my dieselfde groot oë met ‘n afsydige sluier oor hulle getrek, eenkant stil en weg van die groep, hoe het ons nie toe gedink dat dit hoogmoed was nie, het ons nie gesien dat dit eintlik minderwaardigheid en seer was nie.  Ek sien twee bruin vlegsels en ‘n glimlag vir almal buite, het ek dalk die tyd gevat om dieper in daardie oë te kyk sou ek iets seerder as seer gesien het.  Nog veel verder in die argiewe is ‘n borrellende lag, kinders wat aangemoedig word om deel van ‘n spel te wees, ‘n ander tydperk in ‘n totaal ander lewe, ‘n grootmens wat saam met kinders kind is, maar wat nie eers raakgesien is nie.  Iemand wat uit diep seer en as baie foute gemaak het, net soos ons almal, maar iemand wat haar kop kon optel, sterk kon word, weer kon lag en vrolik wees en tog steeds baie saggies hier kon kom land het, ‘n klein stukkie van ‘n ander deel van seer wat diep gebêre is kon kom deel het, amper soos ‘n fisiese sagte briesie haar vingers kon kom uitsteek en weereens kon kom bevestig dat niemand net sleg is nie, selfs al is jy ‘n bedorwe brokkie mens beteken dit nie jy het nie ‘n hart en kan seerkry en kan ook ‘n sagte pleister kom plak op ‘n seerplek nie.

Mag ons elkeen die genade gegun word om tyd te hê om te dink voordat ons doen?  Mag ons leer dat tyd net net wonde heel nie, maar dit ook kan voorkom?  My wens vir elkeen wat hier lees is dat jy tyd sal kry, dis ‘n kosbare gratis geskenk van die heelal aan jou elke dag, net ‘n paar minute of dalk ‘n uur of selfs meer as dit nodig is net om jouself en ander seer te spaar voordat jy iets sê of doen wat jou hele lewe dalk kan verander.  Tyd het selfs die wonderlike vermoë om harte wat kliphard vasgevries was te laat smelt.

Ingrid

P.S. voordat mense besluit iets dramaties het in ons lewens gebeur wat my gelei het tot by die skryf hiervan laat ek net dit sê:  Ons is gelukkig, die kinders is gesond; die meisiekinders gaan vanaand party hou en ons gaan vir hulle wag en hulle opgewonde gebabbel geniet wanneer ons huistoe ry.  Ons gaan saam ‘n kursus by Unisa doen van Julie af, so daar het niks in ons binnekring gebeur wat my so effe filosofies gemaak het nie.

Advertisements

6 comments on “Tyd

  1. Bella sê:

    Lekker naweek vir julle Ingrid…

  2. meermin sê:

    Hallo julle … gaan loer gerus in op my blog, MY BESKEIE OPINIE ….

    Lekker dag verder vir ieder en elk wat hier lees.

  3. Bella sê:

    Môre almal…. Hoop julle het almal ñ lekker naweek gehad !!!!! Vars koffie is op die stoof…Willa2 Smurfie se koerant is op die tafel hoor. Ek mis haar baie !!!!

  4. Willa2 sê:

    Dankie Bella. Ek hoop nie jou mond brand nog van al die rissies nie. 😆
    Ingrid dus ‘n pragtige stukkie en stof tot nadenke. Ons jaag soms na wind en sien nie altyd raak wanneer iemand ons nodig het nie.

  5. Bella sê:

    Willa2 nee jong net my lyf brand soos rissies…ek wou aan die rissie etery deelneem, maar niemand wou saam met my deelneem nie…almal te bang 😆 ek laaik sterk goed. Ons het die oggend gegaan en die aand half 10 eers huis toe gegaan. Ek weet nie hoe Chompie gaan werk vandag met daai seer lyf nie. Dit was WARM. Alles die moeite word dit was fantasties..

  6. Bella sê:

    Sorry…die moeite werd.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s