Nog ‘n naweek is verby

Dagsê al die kebuismaats, die inloerders en al die ouens wat aan die vraagteken klub behoort, ja ek het besluit om so ‘n klub te stig, sal julle mooi daarvan vertel.

Eers iets anders, dis ongelooflik hoe tyd vlieg.  Ek kan nie glo dat ons al in die middel van Maart is nie, dis minder as twee weke dan is die eerste kwartaal verby en dan gaan Amber op die gereelde netbal toer!  Ongelooflik, maar waar. 

Gedurende die nag begin dit te reën en dis heel koel vanoggend, daar moet vinnig geskarrel word vir langbroeke vir skool, dis mos nog weggepak, want die winter is mos nog ver ver weg, surprise!

Nou so bietjie oor die vraagteken klub.  Met die dat ek so baie tyd aan daai dink ding spandeer en toe vrind Vraagteken nou vir hom die naam kies doen ek net mooi daai dink ding en dink toe dit sal goed wees om so tipies Amerikaans te gaan en ‘n groep te stig.  Dit sal seker so klink:  Hallo ek is ………… en ek het baie vrae oor die lewe, mense en sommer hope en hope dinge.  Wat dink jy? dan kan al die klublede sommer so onder enige naam ‘n vraag kom ingooi en ons kan daaroor koffie drink en gesels, sommer rooi chinos ook drink as dit moet.  Nou weet ek ook dat van die lekkerste filosofies raak lang ‘n lekker kaggelvuur met genoeg rooi wyn is terwyl dit buite reën en as ons dan nou die plek kan kies moet dit sekerlik by die weskus wees, so dis dan waar ons vraagteken klub sal vergader, nee daar gaan nie spesifieke tye wees nie, sommer so wanneer die vraag daar is, is ek seker die wyn en die vuur sal daar wees en almal sal kan kom saam wonder. 😉

Gaan loer ek toe sommer vinnig in daar by ons klub na gisteraand, nee sommer na die hele naweek.  Hoe kompleks is die mens tog nie?  Daar is sommige amazing mense vir wie totale vervulling daarin lê om alles wat hulle het en is aan een iemand toe te wy.  Ek glo hulle is van die unieke wonderlike wesens wat hierdie aarde bewandel en soos ‘n fink mannetjie elke takkie en grassie sorgvuldig sal aandra, ‘n nessie bou, ure en ure sal spandeer om alles perfek te maak en dan kom die verwende puntenerige fink vrouetjie daar aan, skop die perfekte skepping uitmekaar uit net omdat sy vol k*k is en wat doen ons geduldige vriend?  Bou nog een, nie omdat hy slapgat is nie, nee omdat al wat vir hom in die lewe tel is om sy maat gelukkig te maak.  Hy het nie vriende of familie of kollegas of blogs nodig nie, al wat hy nodig het om self volledig te wees is om daardie nessie na haar spesifikasies te bou en dan saam met haar daar in te trek.  Ek ken ook sulke mense en baie keer word hulle as antisosiaal gesien omdat hulle nie nodig het om saam met vriende te kuier nie of om selfs by die werk tydens tee of etenstye te gesels nie, dis nie werklik omdat hulle nie belangstel in wat in die wêreld gebeur nie, dis net dat daar net een iemand is wat hulle alles geword het.  Soms maak dit my bitter bang as ek so na so iemand kyk, want wat gaan daar oor wees as daardie een weg is, vir welke rede ookal?  Hannie is baie so, vir haar is ek genoeg, sy het nie vriende of kollegas nodig om gelukkig te wees nie.  Daar is selfs nog dae dat die blog ding vir haar ‘n enigma is, maar sy aanvaar dat dit al so deel van my is, dat ek sekerlik wel sal kan ophou skryf en daaraan gewoond sal kan raak, maar ek geniet dit.  Ek het self die reel ingestel dat ek nie oor naweke blog nie, wanneer ons saam is dan is dit ons tyd nie die blog of enige iemand anders s’n nie.

Ek het gisteraand grappenderwys gesê ons moet vir haar ‘n kamer reg langs die werk kry, dan gaan laai ek haar op ‘n Maandagoggend daar af en gaan haal haar weer Vrydagmiddag, daar was nie ‘n manier hoe sy so iets eers sou oorweeg nie, nie dat ek so ‘n dom ding sou wou doen nie, maar wat vir my so cute was, was toe sy na ‘n rukkie ewe mooi vra: “nou wie sal vir my pap gee in die oggend?”  Dan wonder julle hoekom ek so mal is vir haar. 😆

Die ander rede vir my besoek aan die klub het ons al vantevore ook hier oor gepraat en baie, baie sad moet ek weer vandag daaroor praat.  Daar bly ‘n pragtige gesin in ons kompleks, mooiste twee seuntjies altwee onder 3 jaar oud, maar kom Sondagaand is die duiwel self in daardie huis.  Week vir week is dit dieselfde storie.  Ja, goed en wel hulle bly nog nie lank daar nie, maar lank genoeg en veel veel gevegte te veel oor daardie krulkoppies heen.  Dis eintlik interressant, want as ons na die navorsing kyk is dit snaaks dat dit op ‘n Sondagaand is en elke Sondag, stereopite sou vertel dat dit dalk wel elke Vrydag sal gebeur, maar eerder elke einde van die maand se naweek.  Gisteraand was buitengewoon onstellend, veral aangesien die geskree vir Amber wakker gemaak het en hierdie mense by nie reg langs, agter of oorkant ons nie, dus kan jy dink hoe dit geklink het.  Mede kompleks bewonder hierdie is nie ‘n ydele dreigement nie, dit is nie eers ‘n dreigement nie dit is ‘n belofte so plegtig soos wat my beloftes aan my eggenoot was:  Die volgende keer wat jy jou soos ‘n idioot gedra en vergeet dat jy veronderstel is om ‘n grootmens te wees en jou kinders se belange eerste te stel deur hulle te beskerm instede van te mishandel sal die SAPS aan jou deur kom klop, daar sal ‘n volledige ondersoek wees en die welsyn sal betrokke wees.  Diegene wat my ken weet dat ek nie nou dramaties is nie, julle weet ek sal dit doen, as ek kan help om ‘n afskuwelike advertensie van ‘n TV stasie te laat verwyder, as ek in die verlede kon help dat kinders gered en weggeneem word van mense wat hulle mishandel het, as ek my eie kinders uit ‘n mishandelende situasie kon wegneem, kon wegstap net met klere en ‘n nuwe lewe kon begin sal hierdie een vir my beslis nie onmoontlik wees nie.

Ek hoop julle het elkeen ‘n mooi dag en mag jou week gevul wees met vrae, want solank jy soek sal jy bly lewe.

Ingrid

Advertisements

8 comments on “Nog ‘n naweek is verby

  1. Bella sê:

    Môre almal…
    Ingrid ek sal netnou rustig sit en alles lees wat jy geskrywe het. Dis blou Maandag vandag. Die motor se battery het besluit: tot hier en nie verder nie, ek moes toe gaan een koop vanoggend, dit was ñ geskarrel om manlief by betyds die werk te kry. Lekker dag verder ek loer later weer in.

  2. meermin sê:

    Alo

    Kyk toe daardie harde donderweer so klap, spring ek uit die bed uit, my hart het byna gaan staan, arme kleine Jessica het so getjank, ek moes net mooi praat om haar weer stil te kry!! 😉

    Ek wil my buurman by WETNOSE en SPCA en BARKING MAD en sommer oral aan gee, die gaan kuier mos nou elke naweek by sy nuwe meisie, hy ry al Vrydagoggende, en kom eers Maandae terug, dan los hy sy baby woefie alleen, gister het ons weereens vir die arme maer woefie kos gegee en water, die arme dingetjie was so dors!!! Nou die dag het hy sy huis se sleutels vir my gelos om na die woefie te kyk, maar of hy het die keer vergeet en die vorige keer vergeet, of ek weet nie hoekom of wat nie, maar daardie arme Jack Russel 😥 🙄 :demoerin: :kookoor: :woedend: :debliksemin:

  3. Ingrid Marais sê:

    👿 😈 Kyk Meermin, as daar nou twee goed is wat my bloed laat kook is dit mense wat so maak met diere en natuurlik mense wat kinders verniel, lyk my ons moet sy addy in die hande kry, hom vang en vir ‘n naweek sonder kos en water in ‘n warm plek gaan toesluit, dalk sal hy dan weet dat lewende wesens kos en water nodig het.

  4. Bella sê:

    Môre almal.
    Dis ñ winderige dag hier by ons. Liewers dit as die hitte… Ingrid ja die tyd vlieg nê. Willa2 waar is jy en Bobbejaantjie? Smurfie ons wag in spanning vir jou !!!!
    Cupcake werk jy alweer daai kant 😆

  5. Bella sê:

    Ingrid… Daai mense langs jou is verskriklik…maar ons weet jy sal ingryp daar as dinge te rof raak. Ai daardie arme kindertjies !!!!! Dankie hoor.

  6. Bella sê:

    Meermin. Ai dit maak ñ mens woedend… Hier naby my is ook sulke mense.. Ek bel gereeld die spca… Hulle kom loer nou so eenkeer ñ maand in by hulle… Ons gee maar kossies as die mense nie daar is nie. Ek is net verstom dat die hond nog nie weggevat is by hulle nie.

  7. meermin sê:

    Beste van alles is, die man gaan nou vir ‘n week met sy nuwe girl vakansie hou in Margate, toe ek hom vra nou wat van Bakkies, was sy reaksie fok die hond!! Ek het hom byna te lyf gegaan!!! Ek gaan wag tot hy weg is, die woefie in my kar laai, en vir my veearts vat. Sy sal dan ‘n ander huis vir hom soek!! Ek kan nie vat kry aan mense wat dit doen nie.

  8. Bella sê:

    Ai Meermin dis hartseer dat mense dit aan honde doen. Dis reg neem die hond in dat hulle ñ ander huis vir die hond soek. Ek word so vies vir sulke mense…..Jy het die volste reg om dit te doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s