Gister se gister en vandag en more se magick

Dagsê Vriende

Kry ek nou eers kans om gou so bietjie kebuis skoon te maak.  Julle sal sien daar is nuwe wyse woorde aan die kant geskryf.  Ek het eers gedink om die tema te verander, maar vir eers sal die groen met die skoonwas druppels hier bly, want dit werk nog vir my op die oomblik.  Die rustigheid is verseker iets wat ek dink ons almal nodig het na die week wat verby is.

Op die oomblik sou ek baie graag iewers so ‘n stil plekkie wou kry om in te gaan rus al is dit net vir so  ‘n paar uur.

Ek kry die lekker verrassing toe ek so aan die skoonmaak is, om een of ander rede het Parkes1 se comment in die spam boksie beland, ek het hom daar gaan uit haal, afgestof en ‘n duifie gestuur.  Dierbare stermens met haar droommens wat steeds sterk langs mekaar stap en elke berg met liefde oorkom.  Laat my net weer onthou hoe gelukkig en dankbaar ek eintlik oor elke dag saam met my eie droommens is.  Dankie Sterretjie dat jy weer die perspektief terug gebring het.

Ja, ek is die laaste ruk nogal erg nostalgies, wil na ou ou liedjies luister en sommer net wegraak in onthou dinge.  Raak julle ook partykeer so?  Vanoggend tot een van onse Ge se cds in die kar gesit en na die ou ou woorde geluister wat steeds so waar is.  Lang stil paadjies waar ons soms afdraai en gaan kyk of die stroompies nog daar loop waar ons as kinders kaalvoet in die koue bergwater gespeel het.

Dit laat my ook dink aan die reël wat ons so dikwels hoor: those were the days en dan wil ek sê: ja maybe they were, but I will not trade what I have and know now for them.  Nee dankie, so saam met die grysheid kom voorwaar wysheid en kon ek darem rustiger raak met baie dinge.  Ja ek raak nog maklik kwaad en moenie aan my regte of dan enige iemand wat nie vir hom/haarself kan opstaan se regte kom peuter nie 👿  dan kom spring daar sommer vinnig kwaai woorde uit.

Ek het gister van iets gehoor wat my werklik ontstel het en ja, ek is besig om iets daaraan te doen.  Daar is ‘n groep mense in Rustenburg wat onder die mantel van Christenskap besig is om kinders te verniel.  Hierdie mense het ‘n sg. shelter gestig en in hierdie plek is daar babas ook, VIGS wesies, waarvan sommige reeds 18 maande en ouer is, hierdie kinders word in ‘n kamer gehou; as iemand daar moet ingaan moet jy jou skoene uittrek om glo nie die vloer te besmet nie!  Hierdie mensies het nog nooit die blou lug gesien of ‘n briesie op hulle armpies gevoel nie, hulle weet nie hoe ‘n voëltjie sing of ‘n blom lyk nie! 👿 😥  Ek weet nie dalk is dit deel van my melancholie vandag.  Ongelukkig het die persoon wat daaroor gepraat het besef sy’t ‘n fout gemaak toe ek te veel vrae begin vra en wou sy geen verdere inligting gee nie, maar daar is altyd ‘n manier om dinge uit te vind en ek kan julle belowe ek gaan die een nie net laat gaan nie.  Dus, as jy hier lees en jy weet waarvan ek praat en erger nog jy’s dalk betrokke hierby weet net dit:  Julle is besig om daardie kinders se regte te skaad, julle is besig om die grondwet van hierdie land tesame met die kinderwet te oortree en ek sal nie rus voordat daardie kinders toegelaat word om kinders te wees nie!

Op daardie noot, so ‘n bietjie terugvoer oor die gesin wat so baklei op Sondae, dit is skielik rustig daar, of hulle nou net saggies baklei weet ek nie, maar ten minste kan die kindertjies nou geslaap kry.  Moenie ‘n fout maak nie, die naaste SAPS se nr. is steeds op my foon en ek sal dit steeds gebruik indien nodig.

Mag jy ‘n droom mooi naweek hê en mag jy na ‘n plek kan gaan, al is dit net diep binne jouself wat net reg is vir jou.

Ingrid

Advertisements
This entry was posted in Mense.

8 comments on “Gister se gister en vandag en more se magick

  1. Bella sê:

    Ingrid…natuurlik weet ons jy sal nie daai storie van die kinders net daar los nie… Dit is nie jy nie.. Ek is net dankbaar vir jou wat dit wel doen. Ek wil ook net rus die naweek en ñ bietjie in die grond gaan krap in my tuin. Geniet julle naweek. Wees veilig.

  2. Bella sê:

    Môre almal…lekker dag vir almal.

  3. Bella sê:

    Sjoe dit lyk my die kombuismensies wil nie meer kom gesels nie..waar is julle almal? Hom sê hallo asb..ek mis julle.

  4. meermin sê:

    Môre wil jy nie my kombuis kom spring clean nie, eish daardie spul blikke, dalk moet ek dit verkoop, want dit is net ekstra werk. Besit oor die 300 blikke!!!

  5. Bella sê:

    Môre almal.. Geniet die week wat voorlê en moenie te hard werk nie.

  6. parkes1 sê:

    Hoe spesiaal voel ek nou, Dankie jy het my dag gemaak

  7. Bella sê:

    Parkes1…lekker om weer van jou te hoor…gaan dit goed ? Lekker aand vir almal.

  8. Bella sê:

    Lekker slaap almal..dis amper lang naweek..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s