Stilte

Het jy al ooit gevoel dat dit al is wat jy wil hê?  Selfs as ek gedwing word om na musiek in die kar te luister wil ek hê dit moet stil wees.  Kry mens stil musiek sal jy vra, ja tussen ‘n klomp ander goed deur kom daar die rokerige stem van Karin Hougard met net ‘n klavier in die agtergrond en op die oomblik tel dit vir my as stil.

Ek dink aan Jan Twak se wêreld en sou ek nou iewers kon wees sal dit op so ‘n grasveld wees waar dit stil kan wees.  Nie net moet daar nie ‘n geraas wees nie selfs die plante moet stil wees.  Bome en bosse is nie stil nie, hulle groei en beweeg gans te vinnig vir my, nee gee my groot oop stukke gras, mooi goue gras soos dit hoort in die winter.  Watter diere wil ek in my veld sien?  Groot stadige statige diere, nie vinnige besige bokke of roofdiere nie, net mooi groot grys olifante en ‘n kolos van ‘n wit renoster koei wat stadig en stil aan stap en net haar eie ding doen. 

Sou ek nou ‘n dier kon wees sal dit so ‘n wit renoster wees, ek wil gaan stil sit en haar oer kennis deel.  Sy stap met haar groot voete sag diep in die gras, maak kontak met die aarde, put haar energie uit die diepte van die aarde.  Daar is geen plek vir hoogmoed of ‘n opgeblase ego nie, sy eet selfs van die grond af, die natuur self het haar so aangepas dat sy met haar groot plat bek gras halms pluk, nie nodig om haar kop te lig en blare van bome te gaan aftrek nie.  Haar vel is dik genoeg dat steek- en seergoed haar nie kan raak nie, maar die wat wreed genoeg is weet dat hulle die wapens het om deur daardie panster te breek en haar dood te maak, sommer net omdat hulle wil en nie omgee nie.

Deur al die eeue is sy die een soogdier wat nog die langste oorleef het, sy dra in haar gene die kennis van soveel jare, het al soveel veranderinge gesien en dit diep in haar wese gaan stoor.  Sy kyk na binne met ‘n leuse:  “Know thyself” soek sy wysheid diep binne haarself, stap sy haar pad stil en stadig, maar doelgerig.

Haar gehoor en reuk is skerper as enige ander, sy kan nie goed sien nie, maar juis dit is deel van haar wysheid omdat dit maak dat sy nie oorhaastig reageer en dinge op face value vat nie. Sy verdra tot die irritasie van ‘n voël op haar rug of tussen haar oë, want daarin lê ook voordele vir haar terwyl die parasiete van haar afgepik word leer sy die les dat almal ‘n plek het, selfs die wat jou irriteer, want net dalk dien hulle tog ‘n goeie doel in jou lewe.

Ja, ek wil by hierdie stil magiese wese gaan leer, want in haar binneste is diepe wysheid gebêre en as jy mooi genoeg kyk, diep genoeg stil word en met ander ore begin luister sal sy hulle met jou deel.

Ingrid

Advertisements

3 comments on “Stilte

  1. Bella sê:

    Môre Ingrid.
    Dit het nou gevoel ek lees ñ storie uit ñ boek..mooi geskryf. Ek dink almal soek maar met tye ñ bietjie stilte…veral ek. Lekker naweek vir almal.

  2. Ingrid Marais sê:

    Baie dankie Bellakie. Ek mis dit om by julle uit te kom. Werk jou mail alweer? Waar’s Smurfi?
    Lekker naweek ook vir jou en almal na aan jou, hoop julle kry so bietjie stilte.

  3. Bella sê:

    Hi Ingrid..nee die mail is nog nie reg nie..die persoon wat my moet help daarmee het nog nie daarby uit gekom nie. Ek wil ook nie pla nie so ek wag maar geduldig.. Ek het baie lanklaas iets van Smurfi gehoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s