Ken jy my?

Baie dinge wat gebeur het die laaste tyd het my laat dink, diep laat dink en soos altyd was musiek deel van my denke al die pad van Meatloaf en die Parlatones wat verlede week my kar laat vibreer het tot by Bobby en Jakkie se rustiger klanke, ek wil graag hierdie liriek van Bobby van Jaarsveld met julle almal kom deel:

KEN JY MY

Ek het myself belowe ek sal mooi gaan kyk

Voor die donker kant vir my dalk mooier lyk

Maar ek het weer geval my knieë is moeg gekruip

Maar ek staan

Jy sê ek’s in die verkeerde helfte

Jy preek vir my maar jy doen dan dieselfde

Kyk mooi na my, ken jy my, ken jy my

Dink mooi voor jy jou vinger vir my wys

Want jy weet nie waardeur ek gaan

Ja ek val maar ek bly opstaan

Kyk mooi na my en dalk sien jy, dalk sien jy vir my

Ek het ‘n duisend keer dieselfde pad geloop

Ek het vir jare lank dieselfde leuen gekoop

Maar ek is moeg geval ek wil myself regkry en ek gaan

Jy sê vir my ek’s in die verkeerde helfte

Jy preek vir my maar jy doen dan dieselfde

Kyk mooi na my, ken jy my, ken jy my

Dink mooi voordat jy jou vinger vir my wys

Want jy weet nie waardeur ek gaan

Ja ek val, maar ek bly opstaan

Kyk mooi na my en dalk sien jy, dalk sien jy vir my

Want daar is iets hier binne my

Wat nie hy of sy of jy gaan kry

Solank jy met daai oordeelsvinger wys

Kyk mooi na my ken jy my, ken jy my

Dink mooi voordat jy jou vinger vir my wys

Want jy weet nie waardeur ek gaan

Ja ek val maar ek bly opstaan

Kyk mooi na my en dalk sien jy, dalk sien jy vir my

Dalk sien jy vir my, dalk sien jy vir my

Advertisements
This entry was posted in Vriende.

7 comments on “Ken jy my?

  1. Bella sê:

    Mmm….. waar woorde Ingrid !!!!

  2. Ingrid Marais sê:

    Hi Flintie
    Nice om jou weer hier te sien, ons het nogal net Saterdagaand oor jou gepraat, dink aan ‘n aniversary party in Desember en was besig om na die guest list te kyk toe jou naampie ook so voor onse oge verskyn, moenie verbaas wees as jy ‘n posduifie met ‘n uitnodiging in sy bekkie kry nie 😉

  3. Bella sê:

    Ek het nou oral gekyk waar Flintie is. Sien hom nie…in elkgeval” hallo Flintie.

  4. Ingrid sê:

    Bella, heel bo-aan die comments is ‘n prentjie, dis van Flintie wat net kom vertel het hy like ons nog 😆

  5. Bobbejantjie sê:

    Wow Ingrid watter beautiful woorde! Het nog nooit hierdie liedjie van hom gehoor nie. Op watter cd van hom is dit?

  6. Ingrid Marais sê:

    Nou vra, jy my ek weet wel dis snit nr. 6, nr. 1 is Spieeltjie, sal moet loop kyk en jou vertel.

  7. Bella sê:

    O sorry Ingrid…sien dit nou. Dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s