SABS

Ek gaan loer gou wat seg ons mater Flintie (http://daagliksedagboek.wordpress.com/2011/07/26/blackberry-blogging-waar-ek-is/) hy eindig sy post met:  ek is opreg trots op myself – WOW wat ‘n great statement om te maak!  Dit maak dat ons sommer almal ook trots is op hom, nie oor wat hy bereik het nie, maar omdat hy sy eie SABS merk gaan plak het en dit is presies hoe dit hoort.

Hoeveel keer kyk ons na eksterne goed om te valideer wie ons is?  Die bevordering wat jy dalk nie by die kantoor gekry het nie, kan jou in ‘n diep gat laat val waar jy voel jy as mens het gefaal, no ways, dit beteken ook nie iemand anders was beter as jy nie, dit beteken slegs dat die persoon wat die besluit geneem het anders gedink het daaroor en wie weet dalkies het hy/sy ‘n fout gemaak.

Ek ken iemand wat gereeld die frase gebruik; sit jou eie suurstof masker op en dit is so waar, moenie wag vir iemand anders om jou te laat sien hoedat jy iets goed gedoen het nie.

Ek is baie afhanklik van mense se opinie, dit vat tyd, maar stadig maar seker is ek besig om te leer dat nie alles wat in die wêreld verkeerd gaan my skuld is nie.  Daar is wel baie dinge waaraan ek ‘n verskil kan maak en dit is belangriker as om jouself vir weke, maande of selfs jare oor die kop te slaan oor iets wat verkeerd gegaan het.

Ek het julle nou die dag vertel hoeveel dit beteken wanneer ek links van my kyk in die kar en totale aanvaarding en liefde in die mooiste paar blou oë op hierdie planeet sien, met een so ‘n enkele kyk is ‘n baie groot deel van my eie onsekerehede, my soeke na daai tap op die skouer, van jy’s ok weggewas, dis eintlik so amazing en bevrydend.  Jy hoef nie die hele wêreld te please nie, solank jy die een persoon wat jy gekies het om vir ewig saam met jou te wees gelukkig kan maak, het jy geslaag, elke ander glimlag of bietjie warmte wat jy vir iemand kan gee is ‘n bonus.

Gistermiddag kyk ek toevallig op na die TV en Oprah praat met ‘n dame (ek ken nie eers haar naam nie) sy sê iets so profounding waar dat dit my laat regop sit en verder luister:  when your child walks into the room, does your face light up because you are so happy to see him, or do you concentrate on the dirt on his clothes, which by the way you can wash out?  Do you look with a critical face at the world or can the world, your spouse and your children see in your eyes and on your face the love that you feel for them?

Hierdie vrou kom ek later agter het haar seun verloor, wel as volwasse man, maar steeds haar kind; hy sal nooit weer kan sien dat sy vir hom lief is nie, hy sal nooit weet dat sy aanvaar het dat sy altyd ‘n stukkie seer in haar sal dra omdat hy weg is nie, dat sy besluit het dat om aan te beweeg (soos almal vinnig is om te sê) en te vergeet van die gemis ‘n belediging vir hom sal wees en sy waarde in haar lewe tot nul sal redigeer nie.

Met een kyk in haar oë het Hannie my hele wêreld, my hele kosmos kom verander, het trivial dinge soos ‘n email wat nie geantwoord word nie net mooi geen impak op my gelaat nie, want dit is insignificant.

Die feit dat ek wel die bevordering gekry het is great en ek hoop dat ek die beste keuse vir hulle was dat ek nie sal teleurstel nie, maar weet julle wat, ek kan net die beste wees wat ek kan, as hulle iets anders of ‘n ander bestuurstyl gesoek het, dan is dit nie my skuld nie, as my ondersteunende, onderhandelende bestuurstyl nie is wat hulle wil hê nie, dan is ek jammer ek gaan nie in ‘n outokratiese gillende tiran verander nie, ek verkies om lesse te leer aan die voete van (soos Hannie sê my oupa) Madiba – respekteer en dien jou ondergeskiktes en jy sal ‘n baie ver en produktiewe paadjie met hulle loop.  Dit maak jou nie ‘n swakeling as jy iemand se seer kan raaksien nie, dit maak jou nie ‘n swak bestuurder as jy steeds mens bly nie en altyd onthou dat almal wat saam met jou werk ook mense is, volwasse mense met verantwoordelikhede  en dat hulle dalk net ‘n bietjie leiding nodig het om te sien hoe om oplossings vir probleme te soek.

Plak jou SABS merk op jou skouer en loer net so na die kant toe elke keer wanneer iemand jou dalk laat voel jy’t misluk, die feit dat jy probeer maak dat jy op die pad tot sukses is.  Wanneer ons die dag besluit ek is nie bereid om wysheid bymekaar te maak nie, daardie dag het ek voorwaar misluk.

Lekker dag

Ingrid

Advertisements
This entry was posted in Mense.

4 comments on “SABS

  1. Bella sê:

    Ingrid ek het ook daai program gekyk van oprah…ek moet erken ek kyk elke program van haar. Baie mooi gewees. Ingrid ek het ook daai program gekyk van oprah…ek moet erken ek kyk elke program van haar. Baie mooi gewees.

  2. Bella sê:

    Ai ek word so vies as my comments so dubbel wys….weet nie wat gaan aan nie.

  3. Ingrid Marais sê:

    Dis omdat meer beter is, Bellakie, sien hoe meer ons van jou sien hoe meer like ons jou. 😉

  4. Bella sê:

    Ingrid whahaha….ek weet regtig nie hoe gebeur dit nie….sal moet kyk wat dit veroorsaak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s