Augustus

Hier is ons nou pens en pote in Augustus, kan julle dit glo?  Quinton verjaar vandag, kan nie glo hy word al agt nie, die tyd gaan net te vinnig verby.  In diepe geheimhouding word daar die naweek uitnodigings uitgedeel, inkopies gedoen en selfs ‘n hele partytjie opgestel sonder dat hy ‘n ding geweet het.

Die tema was resieskarre, die koek soos ‘n baan wat toe sommer ook die agt vorm, swart en wit vir kersies en tafeldoek, verder cars 2 servette en glasies en viola Bob’s your uncle!

Hier is ‘n paar pics van wat alles gebeur het:

Môre is ‘n groot dag vir my en Hannie, drie jaar van saam wees (nie getroud wees nie), terugkyk na dit wat die menselike siel en hart kan oorwin, daar was dae wat … nee dis môre se storie.

Nou die volgende uitdaging, Amber vejaar 2 September en die tema gaan glo Bieber fever wees! 🙄 genade help!  ek is mal oor theme parties, geniet dit om dit te beplan en van niks tot ‘n realiteit te sien ontwikkel, maar Justin Bieber se Baby, baby, baby en ‘n groep JB fever tieners rondom my, oh boy, oh boy!  Gelukkig is Aaron en Yodah daar, hulle sal sorg vir die musiek het hulle belowe, sal glo ‘n disc of twee sny, kom mammas met tieners, julle moet maar die raad aanstuur!  Grote Griet, ek word oud, ek gaan nou ‘n ma van ‘n tiener wees! (en my vrou gaan my slaan, ek mag nie sê ek is oud of vet nie, altwee feite en mens moet feite in die oge kyk, aanvaar en die beste daarvan maak 😉 )

Lekker dag verder, ons kuier weer saam

Ingrid

Blommie, het nie van julle vergeet nie, Saterdag baie aan jou gedink, daar’s ‘n duifie oppad na jou toe.

Advertisements
This entry was posted in Gesin.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s