Die rede vir events …

So ‘n rukkie gelede het ek geskryf dat ek glo, soos so baie ander mense, dat slegte dinge nie gebeur nie, events gebeur en hoe jy dit ervaar en wat jy daarmee doen bepaal of dit sleg is of nie.

Gisteraand lê ons en praat oor die skokkende feit dat soveel meer mense gaan search vir antwoorde oor kindermolestering en hoe sommige van hulle se paadjies tot hier in die kombuis loop.  Was dit een van die redes waarom daardie eerste woorde hier in die kombuis gesê is?  Was dit dalk die rede waarom die delete knoppie nog nooit gedruk is nie?  Kinders raak weg en die wonder van die internet is beskikbaar om hulle te help soek, was dit dalk die rede?  Vrouens word verniel en is te bang om te loop, been there and had the grace to leave, was dit dalk die rede?  Ek weet nie, dit maak ook nie saak nie.

Hoekom skryf ek oor diep persoonlike dinge hier vir “vreemdes” om te kom lees?  Mense wat my werklik ken weet dat ek eintlik baie privaat is, selfs hier sien julle my foto min, my familie, ja want ek’s so trots op hulle; het selfs geweier om op ‘n celeb blog geplaas te word (verstaan vandag verskeie redes waarom dit ‘n goeie ding was), maar ek praat tog maklik oor dinge wat ander mense dalk as diep privaat sal sien en dit pla my nie.  Weird ek weet dis nou maar ek daai, maar my woorde aan Hannie gisteraand was: ek glo dat dinge met jou gebeur sodat jy dit met ander kan deel sodat iemand iewers iets daaruit kan leer, hopelik sonder om die lang seer pad te moet loop wat jy geloop het – dit is die doel van events in my lewe.   Jy sal nie dieselfde oplossing as ek gebruik nie, maar hopelik as dieselfde of ‘n soortgelyke event in jou lewe gebeur sal jy kan onthou daar is ‘n way forward, jy sal anderkant uitkom.

Quiton deel ‘n naam met ‘n beautiful jong man want hartseer genoeg nooit hierdie boodskap gehoor het nie en op 20 jarige ouderdom gevoel het daar is gee way forward nie, vandag is sy sagte glimlag, mooi blou oë en die oomblikke soos toe hy my met ‘n dooie padda teen die bulte in Durban se strate opgejaag het helder in my geheue, sou graag weer sy uitbundige lag wou hoor, dalk kon dit moontlik gewees het as hy iewers die boodskap gekry het, dalk is dit die rede waarom ek steeds aanhou skryf.

Ons maatjie stuur ‘n duifie wat kom sê dis ongelooflik dat ek haar hulpkreet kom post het, dis die doel van die blog om vir iemand iets te kan beteken.

Om ouer te word is werklik nie so aaklig nie, dit bring ‘n stille wysheid en ek kan net aanhou soek na meer en meer daarvan.  Ek kyk terug oor die laaste drie jaar, sou iemand vyf of selfs tien jaar gelede vir my gesê het dit is moontlik dat twee mense met niks meer as klere, ‘n enkel inkomste en klein kinders van die grond af sal kan opstaan en materieel beweeg tot waar ons vandag is, waar ons kinders verjaardag partytjies kan kry, ‘n wildrit kan ervaar, ‘n olifant en renoster in die wild lewend kan sien; maar veel meer as dit dat ek die rustige vrede in my hart kan hê wat op die oomblik daar is sou ek dit nooit kon glo nie, maar hier is dit meer waar kan ‘n sprokie nooit wees nie.

Daar was ‘n tyd, nie so lank gelede nie dat my lewe en my wese ‘n soeke na iets was wat ek self nie eers geweet het wat nie en stil, stil het dit voor my kom staan en deel van my geword, groter as ek self geword en vrede en rus gebring.

Andre Schwartz het ‘n nuwe cd uit met die mooiste, mooiste lied ooit op: Heavens you’re one hell of a find, gaan soek hom en luister na hom en jy sal weet hoe amazing dit is om saam met hom te kan sê: Don’t say that this is a dream, ‘cause heavens you’re one hell of a find, ‘Cause I’ve searched through lakes and swamps of solitude, and I’ve swam in riviers of tears, and I’ve hurt like hell through blizards and darkness, with only a candle of hope to lead me here …

Mag daar ‘n kersie wees vir elkeen wat in ‘n donker storm vasgevang is.

Ingrid

Advertisements

4 comments on “Die rede vir events …

  1. faerieblue sê:

    Mag jy ook weet dat jy al so baie, daai kersie was vir mense wat hier lees.

    Dankie.

  2. Ingrid Marais sê:

    Dankie maatjie, kan maar net ek wees, what you see is what you get en al daai dinge jy weet. 😉

  3. klippie sê:

    So baie mense is skaam om vir hulp te vra en dan is daar ander wat skaam is om te se dat hulle deur hel gegaan het. Dankie dat jy deel en dat ander by jou kan leer. Soms het mense ook net ‘n oor nodig wat nie veroordeel nie.

  4. ingrid marais sê:

    Welkom Klippie, die “n voorreg om te kan deel. Ek waak baie streng daarteen om nie “n smartvraat te word nie my boodkap is juis dat daar lig is. Ons het nooit simpatie of bejammering gesoek nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s