Beloftes maak skuld

Ek het fodies van die naweek belowe, dis amper al weer naweek, maar hier is dit darem. 😆

Ons het Sondag Muldersdrift skou toe gegaan, kon nie glo dis eintlik so naby die huis nie.  Daar was drie redes: Perde, honde en katte; wel die perde was verby mooi gewees (shhhhht  moenie laat Hannie hoor nie – sommige ruiters het goed saam met die perd gelyk 😉 ), die honde, wel daar was een baie mooi rifrug gewees, niks verder exiting nie en die katte, shame hulle was maar yl gesaai gewees.  Ek wil tog glo dat almal die dag geniet het, die stalletjies het nice goed gehad en soos altyd is ek bederf met kers houers, dis nie blakers daai nie; onthou jy nog die ou erde blaker so met ‘n plekkie om jou vinger deur te druk sodat jy hom mooi kan dra?

Die kinders kon nie wag vir die ponie ritte nie … 

Nou wonder ek net so bietjie oor hierdie ge-oë kykery 😆

Van hierdie wil ek asseblief vier bestel, kan iemand dalk help?

En dan – ek het ‘n groot liefde vir affodille, hulle is nie blomme nie, hulle is kunswerke, ‘n Kunstenaar het ure gesit om vreugde lente en nuwe lewe in elke klein karteling van elke koppie te vou.  Hannie het van hulle in ons tuin vir my geplant, ek het ‘n bak vol klippe in die kamer waarin daar van hulle enige dag gaan begin wys hoe mooi die kunswerkies hierdie jaar is, maar die eerste een het haar geel koppie kom oplig en staan daar met ‘n trotse skirkie perfek gestywe om die lente te groet en te sê daar sal altyd weer nuwe lewe wees.

Daar is ‘n mite in die Ierse mitologie dat sou iemand wat sukkel om swanger te raak affodil bolle plant, hulle in liefde versorg en oppas sal sy sodra die eerste geel kelk verskyn swanger raak, vir die Iere is dit ‘n simbool van nuwe lewe en prosperity…

‘n Mooi sonskyn geel dag vir jou.

Ingrid

Advertisements

One comment on “Beloftes maak skuld

  1. Bella sê:

    Ai dankie Ingrid ek het dit nou so geniet. Ek moes nou lag toe jy 4 van daai goed wil hê. Die kids is pragtig en word nou vinnig groot..lekker dag vir julle.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s