Vrydag en Pugs

Dagsê

 

Hannie wil vreeeeeeeeeeslik graag ‘n pug hondjie hê.  So nou het ek mooi daaroor gaan dink, julle weet daai dinkding alweer.  Die keer het daar ‘n liggie aangegaan, want sien ons het nou die pensioner en die Silly kat wat kom intrek het en die budgies en die hamster en die gerbil en dan natuurlik die haas wat verlede week in die vledbrand gered is en aansterk, so dit raak bietjie vol daar, maar kyk alles in die lewe is mos nou onderhandelbaar 😆 so as die pug se kourier nou so kan lyk en ons hom vir so ‘n rukkie kan hou, net tot die nuwegeit van die hond afgewater het, wel dan kan ons natuurlik weer ‘n codesa sessie hou 😉

Hoe’s daai ene vir ‘n plan.  O gonna net perdalks kan dit my saam die pensioner in sy hok laat slaap vanaand, nee ek sal alleen moet slaap want vrind Noodles slaap mos saam Amber 🙄

Lekker naweek en hoop maar Hannie hoor nie van my kourier planne nie, flip ek’t vergeet sy’s ingeteken op hierdie blog.

Advertisements

One comment on “Vrydag en Pugs

  1. Bella sê:

    Whahaha hoe lekker lag ek nou..Ingrid jy is in die moeiligheid 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s