Lewe!!!

Dagsê uit ‘n nat koue Johannesburg

Die weer pas aan by die gemoedstemming wat al ‘n rukkie soos ‘n wolk so rondom my hang.  Gister kom die email; ek weet nie eers werklik wat om jou te noem nie, kollega, kennis, ons het nooit na genoeg aan mekaar gekom dat ek jou ‘n vriendin kan noem nie, maar die hartseer nuus dat jy nie meer die vergaderings met jou sonskyn sal kom ophelder nie tref tog diep en seer.  ‘n Mede kollega kom stap met trane in haar oë by die deur in en vra of ek gesien het, al wat keer dat ek nie ook my eie hartseer wys nie is die persoon in die stoel aan die anderkant van my lessenaar.  Terwyl hy nog vorms invul vra ek om verskoon te word en gaan kyk of Kollega ok is in haar eie kantoor, teen 18h00 is dit stil genoeg dat ek myself ‘n paar minute kan gun om in ‘n skemer hoekie te sit en eer aan jou te bring.

Die beeld wat in my kop kom wanneer ek selfs nou aan jou dink is die vrou wat nie omgee wat die massa dink nie, op jou eie doen jy die regte ding vir die mense om jou.  Jou vrolike groet by Harties en klokkie lag terwyl Quinton sy gewone stoutighede in die winkel uithaal en dan die laaste keer toe ons in ‘n vergadering saam gesit het, minder as 2 maande gelede niemand nie eers jy het geweet van die monster wat binne jou lewe en stadig besig is om vrou, ma, vriendin, kollega en soveel meer van mense te steel wat jou waardeer en liefgehad het.  Minder as ‘n maand nadat hulle uitgevind het dat hierdie monster ‘n tuiste in jou liggaam kom maak het …

Twee weke gelede hoor ek van ‘n 12 jarige dogtertjie wat nou al geruime tyd van dokter tot dokter gaan en niemand kan vasstel wat werklik fout is nie, tot nou, hulle weet nou daar is ‘n klein tans skadelose gewassie wat teen haar breinstam druk, dit is te gevaarlik om tans te opereer en die ouers word huistoe gestuur met: gaan bid dat hierdie ding sal weggaan.  Ek bel die mamma en haar stem klink baie sterker as myne, ek sukkel om nie die trane tot in my stem te laat kom nie.  Verlede Vrydag kuier ons saam met die dogtertjie en ek besef sy is nog steeds dieseflde klein bondeltjie bubbles wat sy altyd was en dis ook reg so en ons moet haar ook so behandel, sy het nie nodig om skielik alles waarvoor sy lief was te los nie.

As hierdie goed rondom ons gebeur laat dit my elke keer weer stock vat van my eie lewe en wat werklik belangrik is.  Ek onthou hoe iemand eenkeer gesê het: van die dag dat jy gebore word begin jy reeds sterf, elke minuut bring jou nader aan daardie onvermydelike oomblik; dit is jou keuse of jy gaan lewe totdat jy sterwe en of  jy noual gaan besluit om te sit en wag vir daardie oomblik en in effek reeds dood te wees.  Dit kan vandag wees of môre of oor twintig jaar, as ek ‘n keuse kon hê sou ek graag nog vir baie jare hier wou wees, maar dis nie ons keuse nie, dus lewe asof dit jou laaste dag, uur of minuut op hierdie aarde is. 

Groetnis tot later

Ingrid

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s