ADHD en ODD

Ek sit en wonder, julle weet mos nou al die dink ding, buit om ‘n tak sit ‘n duif rustig en tyd maak nie vir hom saak nie.  Hoe beheer tyd nie elke dag ons lewens nie?  Die bome is besig om nuwe blare te kry, die koue maak nie saak nie, die blare word steeds meer en ons kla omdat dit nou weer skielik winter is.  In die groot peperboom is daar voëls wat rondsrping en van die rooi bessies eet, ek het nooit geweet die bessies word geet nie, wys jou net hoe min ons werklik weet.

Gister sit ons oorkant ‘n spesialis wat praat oor ADHD en ODD, ek vra wat ek hoop intelligente vrae was en ek weet een dink my vrees vir CD was so erg dat die nuwe diagnose gevoel het soos ‘n berg wat van my skouers af gly.  As al hierdie letters vir jou ook Grieks is, moenie sleg of dom voel nie.  CD is Conduct Disorder en dit is ‘n toestand wat saam met ADHD voorkom, dit is die voorloper van antisosiale persoonlikheidsverstuering, of soos ons dit jare tevore geken het psigopate en die prognose is uiters swak.

Ons weet nou al geruime tyd immers dat Quiton ADHD het en verlede jaar het ons die chemikalieë nader gesleep om te kyk of ons dit onder beheer kan kry, teen Junie vanjaar was hy totaal buite beheer en het ons huis gereeld in ‘n slagveld ontaard.  Die medikasie is gestaak en ons het die nuwe lang pad begin om ‘n oplossing te soek.  Die spesialiste op hierdie gebied is ver vooruit vol bespreek en ons kon eers gister met iemand praat.  Asof sy geweet het wat my diepste vrees was, was haar eerste woorde gewees, “hierdie is nie conduct disorder nie”

ODD of dan oppositional defiant disorder stap ook saam met ADHD en maak die lewe moeilik vir die kind en die mense rondom hom/haar, maar dit kan effektief behandel word.  Dus getrou aan myself stap my vingers reguit om navorsing te doen oor hierdie nuwe ding wat nou in ons huis kom woon het.  Die feit dat dit ‘n naam het maak dat ons weet watter kant toe om te beweeg.  Een besoek ‘n baie duur voorskrif en ‘n naam het nie alles oornag laat weggaan nie en dit gaan ook nie.  Baie en moeilike besluite moet nog geneem word vir die pad voorentoe, ten minste is daar nou weer ‘n pad vorentoe.

ODD beteken in kort dat jy met ‘n kort adollsent in die huis lewe en maniere en middels moet kry om daarmee te cope.  Die gedrag sluit die volgende in:  die kind verloor maklik sy humeur; agumenteer met volwassenes; misken of weier om volwassenes se opdragte of reels te volg of uit te voer; irriteer ander met opset;  blameer ander vir sy/haar foute of verkeerde optrede; is liggeraak en raak maklik geirriteerd deur ander se optrede,  is baie keer kwaad en ongelukkig en is soms spiteful of vindictive.  Hantering sluit in psigoterapie vir die hele gesin, ‘n struktuur in hoe dinge gedoen word, baie positiewe versterking van goeie gedrag veral omdat hierdie kinders gewoonlik reeds ‘n baie lae selfbeeld het, ignorering van negatiewe gedrag sodat die kind nie negatiewe aandag kry en dan meer negatief op tree net om aandag te kry nie,  ouers word aangeraai om ‘n tree terug te gee voordat hulle optree aangesien die kind die gedra wat die ouer modeleer sal weergee en aanneem as die norm, pick your battles word baie duidelik in verskeie literatuur aanbeveel, hierdie kinders argumenteer letterlik oor alles, jy gaan jou eie energie en die rustigheid van jou huis kompromiseer as jy elke keer met hom/haar in ‘n debat betrokke raak en niemand gaan wen nie, drie baie belangrike stukkies raad wat al die deskudiges ook gee is om op ander goed behalwe hierdie kind te fokus en ook ander belangstellings te hê, moenie toelaat dat ander kinders kapitaliseer op die feit dat daar ‘n stout kind in die huis/klas is nie en dus self werkom met baie meer nie en vind ‘n manier om jou eie stress te hanteer.  Die laaste punt is veral belangrik aangesien daar letterlik biblioteke vol bewyse is dat emosies en veral stress interpersoonlik oordra, jy gaan jou stress en woede oordra na die kind en hy/sy gaan dit vir jou op ‘n onaanvaarbare manier terug gee omdat die hanterings meganismes nog nie aangeleer is nie en daar ‘n probleem met die prossesering sentrum in die brein is.  Hierdie kinders is uitstekende mimiek kunstenaars, omdat hulle brein nie kan verwerk wat om te doen nie doen hulle dit wat hulle sien of hoor.

As ek ons eie Quinton vir jou moet beskryf sal ek ‘n prentjie van Groenie die Draak teken.  Hy wil eintlik regtig graag soet en slim wees, maar die boodskappe kom nie by sy brein uit soos wat dit my sy ore ingaan nie en dan steek hy die hele gebou aan die brand wat hy eitnlik wou blus.

Mag jou naweek mooi wees al is dit koud en al is die tyd min.

Ingrid

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s