… 2012 …

So staan nog ‘n jaar op die drumpel van sy graf. Ek kyk terug en kan nie glo hoeveel goed in 366 dae kon inpas nie! ‘n Jaar gelede was vandag die laaste dag in een van die departemente waar ek in my lewe hopelik nooit weer sal hoef te werk nie. Ons het gaan vakansie hou en ‘n nuwe adventure in een van die berugste dele van die groep het begin. Dit het nie lank gevat om te sien dat dit net gerugte was nie, ek het die voorreg gehad om te sien dat een van die besigste seerste plekke ook sy eie hart van omgee het. Toe sommer sonder beplanning word ek ook weer student … wow wat ‘n rollercoaster, maar die eerste en moeilikste jaar is verby! Kinders word vinning groot en weer sonder waarskuwing word ons in die rat race van atletiek gegooi en so tussen interskole, distriks en Gauteng kampioenskappe moet ons probeer om gegrond te bly en 8 voettjies in die regte rigting te probeer stuur. Nog ‘n nuwe wereld maak vir my en Hannie oop, die wereld van padwedlope en ons doen ons eerste City to City met vriendelike aanmoediging van amazing mense. Aanbiedings word gemaak, want skielik word Amber gesien as iemand wat iets vir ‘n skool kan beteken en besluite moet geneem word, hopelik het ons die regte pad gekies, net die tyd sal ons kan wys en as dit ‘n fout was sal ons die spreekwoordelike lemonade moet maak. Een ding weet ek sonder die ondersteuning en liefde van Hannie sou hierdie jaar ver van ‘n sukses af gewees het. Nou staan ons met afwagting en kyk hoe 2013 oor die horison begin loer en al wat ek kan se is: Bring it on, united we stand. Geniet die laaste stukkie van 2012, wees veilig en dink aan ander se veiligheid. Ingrid

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s