Die stad kan mens sag maak …

Ek weet dit klink soos ‘n kontradiksie, maar ek glo dit is moontlik.
Ek lees ‘n fb vriendin se post oor turksvye in die Oos Kaap wat langs die pad verkoop word en ek comment en voel trane agter my oe brand terwyl ek dink hoe daar hierdie tyd sulke geskilde soet turksvye onder in my ma se yskas was.
Woensdag tjank ek oor ek 2 kinders in ‘n groot vreemde skoolwereld moes instuur.
Net net-nou toe Quinton huil en ek vanuit die pawiljoen toekyk hoe ‘n graad 7 leier hom troos en hy rustig raak saam met haar terwyl ek myself maan om stil te sit en hom ruimte gun om groot te word; sukkel ek dat die mense om my nie die trane sien wat in my eie oe is nie.
Dis nie eers nodig vir ons om ernstig te verskil nie, Hannie praat net effe harde en ek kruip ver weg.
Nou begin ek wonder, waar’s die vrou wat fisies sou baklei vir die geluk van haar gesin. Die een wat enige iets wat jy uitdeel vir jou dubbeld sou terug gee in ‘n oogwink?
Het die Universe dit so beskik dat alles vir my mooi val in hierdie gangsters paradise? Daar was nog altyd iemand, net ‘n entjie weg wat omgegee het en sou help. Natuurlik die grootste faktor is die beskermende huwelik waarin ek is. Vir die eerste keer weet ek dat daar iemand is wat my rug het, maak nie saak wat gebeur nie.
Vir soveel jaar het ek alleen baklei, later met ‘n klein brawe Amber langs my; ek sal nooit vergeet hoe sy (5 jaar oud) vir iemand by ‘n vertoning gevra het, toe die vrou ons aangluur omdat Quinton (1) kriewelrig geraak het en kliphard se: hoekom raas tannie met ons baba, daar’s nog ander babas ook hier. Nou is dit nie meer nodig nie, daar is iemand wat onvoorwaardelik daar is en sal wees en dit is die grootste rede waarom ek nie meer so nodig het om te baklei nie. Ons word nie meer van binne af bedreig nie. Baie dankie Hannie daarvoor.
Ek weet ook dat ek nog kan baklei, die naels kom baie vinnig en baie skerp uit as my gesin bedreig word. Een van die redes waarom die 2 kids nou in ‘n ander skool is. Vir meer as lank genoeg het die vorige skool Amber as ‘n vloerlap gebruik, as daar iemand nie opdaag vir ‘n wedstryd nie moes sy net instaan en is sy die wereld belowe, beloftes wat nooit nagekom is nie…
Ander storie vir ‘n ander dag. Ja die Skrywer het ‘n mooi plan met ons lewens gehad toe ons daardie oggend in 2008 van die bus afgeklim het.
Mooi naweek vir almal mag jy vrede en liefde ervaar.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s