Die weduwee se Kruik

Oorkant my sit ‘n stukkend deurmekaar mens.  Gister se verhaal en vandag s’n het verander, want hy het ‘n nuwe waarheid nodig om aan vas te klou, ‘n nuwe waarheid om te keer dat hy in ‘n see van seer verdrink.  Die persoon wat die grootste bedreiging vir sy gesin se eenheid was, gister nog, het deur ‘n lang donker nag ‘n minder ernstige vyand geword en is vandag ‘n moontlike bondgenoot.

 

Dit is moeilik vir ‘n jong man om diep persoonlike goed met ‘n ouer vrou te praat en daar kom oomblike wanneer hy stil word selfs veskoning vra, dit is in tye soos hierdie dat ek tot diep in die seer siel van iemand kyk en amper kan voel hoe desperaat hy is om te glo dat alles reg is en dat gister se leuens nie meer vandag saak maak nie.  Dieselfde jong man loop tot by die deur, stop halfpad en gister se waarheid brand skielik weer skel en seer in sy oë toe hy vra: “hoekom begin mense verhoudings by die werk, is dit regtig net die seks, hoekom sê hulle nie vir die ander een wat om anders te doen nie?”  die rouheid in sy stem laat my dadelik weet, seun jy het gister al geweet wat werklik gebeur, maar jou wens is grooter as die realiteit wat voor jou oë is.

 

Van iewers af kom die relationship therapist en praat en praat en die jong man gaan sit in ‘n ander stoel.  My terapie mode neem nie heeltemal oor nie en ek bly praat van ageter my lesenaar uit en ek vertel hom:

Iewers verstaan die meeste mense dinge verkeerd.  Dit gaan nie daaroor nie, dit gaan oor validasie en veral vir vroue, maar ook vir mans.  Onthou dat daar ‘n leemte in die persoon se lewe moet wees en die predator by die werk is baie slim, want ek kan jou verseker dat daardie persoon by die werk 9 uit 10 keer nie ‘n langtermyn verhouding met verantwoordelikhede wil hë nie.  Dit is ‘n strategie spel vir hom/haar, die eerste komplimente sal gaan oor werk; jy doen goeie werk, die beste wat ek nog gesien het; dan ander subtiele komplimente oor iets kleins soos klere, skoene en dan al meer persoonlik, hare, gimering; nog nadir aan die mens, jy’t ‘n mooi glimlag of oë en die persoon aan die ontvang kant is honger vir iets om hom/haar te laat beter voel.  Weereens die hartseer deel, waar hy met groot oë wat nog groter en seerder lyk as altyd, want in 3 maande het hy meer as 30kg verloor, en die seer stem kom die skuld aanvaarding, ek het haar afgeskeep.  Ek sukkel om die terapeut in beheer te los, want ek wil op hom skree, want ek weet ook uit vorige sessies dat hy steeds glo hy moet net weer haar vertroue wen dan sal alles ok wees.  Wanneer het hy haar vertroue verloor, ja hy’t flippen hard gewerk en geswot en probeer om sy kind gelukkig te hou en ja daar het verseker seer in sy vrou se hart kom bly, maar dit is nie alles sy skuld nie en sadly glo ek nie dit kan heelgemaak word nie.  In elk geval nie op die manier hoe hulle dit nou probeer doen nie.  Ek vertel van romanties wees, van blomme gee, briefies in haar sak en die hele hofmaak proses en ja die antworod kom dat dit nog nooit gedoen was nie; dan doen jy dit nou hierdie keer en kyk of dit help.  Nee dit help nie sy lees 50 Shades nie, dan moet jy dit ook lees, dit help nie julle lees lebiese X rated boeke nie (self nog nie een gelees nie) en dink dat julle daar die antwoord gaan kry nie ook nie Kama Sutra downloads nie.  Die probleem is nie in jou kamer nie, dit is die simptoom van die probleem wat baie baie diep lê.

 

Die jongman stap by die deur uit met vandag se waarheid dat alles ok gaan wees, dat sy vrou nie die lyn gekruis het (wat sy kop weet sy gedoen het nie), maar sy hart kan nie cope daarmee nie so laat hom dit vir nou glo en ja ek sal nie die vrou byloop en haar skud en sê word net wakker, hierdie ou is bereid om homself te brainwash net omdat hy wil glo dat jy hom nie verraai het nie, moenie hints gooi nie, moenie die ander persoon as ‘n werksvriend in sy huis onthaal nie, besluit wat jy wil hê, maak ‘n besluit en lewe daarmee, maar jy kan nie mense so seer maak nie, want eintlik is hy bogemiddeld intelligent en hy sal nie vir ewig vir homself kan lieg nie en ongelukkig sal sy attempt nie ‘n attempt wees nie.

 

Ek luister onwillekeurig na Jak de Priester se liefde los ‘n spoor en ek sit en wonder hoe diep daardie spore soms is en kan daardie spore ooit werklik uitgevee word?  Dan luister ek na die weduwee se kruik en ek weet dit is moontlik een van die heel heel mooiste odes wat iemand ooit vir iemand anders kon skryf…

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s