Wat ‘n naweek!

image

image

image

image

image

image

So vat one toe vroeg Saterdagoggend die pad uit die stad  uit  die doel van die rit is om ons ses jaar se saamesein te vier en sommer terselfdertyd Quinton se verjaardag te gedenk.  Ons ry die reservaat binne en kyk rond, in my hart het ek net een wens en dit is om net een lewendige renoster te sien, mens weet nooit vir hoe lank hulle nog daar gaan wees nie.
Ons sien mis langs die pad en weet dat hulle iewers moet wees, gelukkig roep die natuur en moet ons by die koffie winkel stop om badkamer toe te gaan.  Ons hoor ‘n geluid, amper soos ‘n snork en Hannie se skerp waarneeemingsvermoe maak dat sy die bruin grys kolos raaksien.  Ons gaan nader en daar is hulle so nabay dat ons amber aan hulle kan vat, nie een nie, nie twee nie, maar sommer ses volwassenes en die simboliek van ses jaar se saam wee gaan nie by my verby nie en dan die bonus sommer twee van die mooiste goed wat jy ook kan sien, twee babas wat agter hulle mammas aan huppel!!  Niemand kon my ‘n groter geskenk gegee het nie.
Hulle stap weg bly ‘n ruk weeg en kom later weer nader so asof hulle weet dis veilig so naby die mense, net jammer dieselfde spesie is besig om hulle uit te moor!
Ons braai in die piekniek area en so dan en wan sien jy die mooi groot ore so om die hoek uitsteek.  Die kinders hardloop, speel en spring trampolien en dit word sommer maklik een van die mooiste dae.
Sondag maak ons tuin, dis tyd om seker te maak dat daar vars groente sal wees om klein lyfies en besige beentjies fiks en gesond te hou, nou vir die uitsien na die groente om hulle koppies bokant die gond uit te steek.
So begin daar nog ‘n week met die harsteer nuus dat ‘n 3 jarige seuntjie op sy ma se skoot in die kop geskiet is terwyl hulle oppad huistoe was na ‘n partytjie op dieselfde Saterdag as wat ons fees gevier het.  Weereens besef ek hoe gelukkig ons is en hoe kosbaar die lewe is.
Groetnis tot volgendekeer
Ingrid

6 jaar and counting

Goeienaand Vriende
Somminge van julle het saamgetrek Facebook toe, vir bake lank het ons gereeld hier kom koffie drink. Danksy my amazing vrou wat tegnologie tot op my vingerpunte gebring het met ‘n great tablet as geskenk kan ons  nou were saam  koffie en koek en natuurlik wyn en Baby tjoklits net vir cupcake. Die patio is mooi skoon gemaak en Bobbejaantjie was hier en het aan haar stertjie geswaai on die vensters te was.
Vanaand gaan die gedagtes ver  terug, so ses jaar terug.  Ja, kan julle dit glo dit is al 6 jaar sedert ons die besluit geneem het om ons kinders te vat, net die klere aan hulle lywe en ‘n paar stukke in sakke en die wye wereld in te stap om saam ‘n lewe te begin.  Teoreties het ons eers die 2de Augustus in die wye wereld ingery, maar vandag was die spesiale dag waar alles regtig vir ons begin het.
In alle eerlikheid moet ek erken dat daar toe baie onsekerheid was en ook vrese vir die onbekende, dit is na alles net normaal vir mense om nie seker te wees waar jy die volgende dag aan wees en waar jy more aand gaan slaap nie.  Daar was amazing vriende langs die pad vir wie ek ewig dankbaar sal wees, Anet julle was great om ons ‘n hawe te gee in daardie onseker dae, dit kon nie vir julle maklik gewees het nie, maar julle was vriendelik en verdraagsaam.  So is daar nog baie ander mense wat net altyd daar was wanneer ons dit nie minste verwag het.
Ek moet ‘n spesiale woord aan Mr. M rig:  “Sir, rooibos tea, milk and two sugars, that is how I will always remember you, also that you trusted me enough to say that every-one deserves a chance.  I hope that in a small way I have made you proud and that you never regretted your decision.  I will always look up to you and the lessons that you have taught me.”
Kombuismaakies, julle het ons deur soveel donker tye gedra en ‘n lig gewees op ons pad.  Baie dankie daarvoor.
Ons kinders was die sterre aan ons hemel, keer op keer het hulle ons trots gemaak.  Amber ons atleet en akademiese sterretjie, jy is besig om ‘n pragtige jong dame te word, bly altyd die nederige respekvolle kind wat jy nou is.  Simone, jy is op die rand van groot meisie wees, daar is baie deurmekaar tye voor, maar saam sal ons daar deur kom.  Shandre, wat kan ek vir jou se?  Wat ons nou soms as hardegatgeit sien kan jou grootste bate eendag in die wrede ou wereld wees.  Met tyd sal jy leer om dit positief te gebruik.  Quinton, ons stoutgat seuntjie, vandag is ook jou verjaardag en deur baie trane, baklei en sukkel deur wil dit lyk asof ons nou die regte kombinasie van medikasie en dissipline gekry het.  Ons sien uit na ‘n great rapport die einde van hierdie kwartaal en baie eerste plekke op die landloop baan.
Die een persoon waarsonder niks hiervan moontlik sou wees nie is natuurlik Hannie:  “Ses jaar gelede het jy die keuse gemaak om jou lewe 180grade om te keer.  Vandag kyk ek terug na soveel sakke sout wat ons saam opgeeet het en die wonder van sout is dat dit verrotting voorkom, natuurlik is dit hier ook die geval, sonder daardie sout sou ons mekaar nie so kon waardeer nie, ons sou nie elke dag besef het dat ons moet werk om dit wat ons het van krag tot krag te kon laat groei nie.  Die enigste ding wat ek berou is dat ons nie al 30 jaar gelede al hierdie paadjie begin loop het nie.”
Vriende ons kuier sommer gou weer saam, nou eers tyd om kinders te versorg en dinge reg te kry vir more se uitstappie Rietvlei toe om sommer alles daar in die natuur tussen ‘n paar wonderlike diere te gaan vier.
Mooi aand vir almal, dis so lekker om weer by julle te kuier.
Ingrid

1 elke 4 minute!!!

Dagsê

 

Enige iemand wat vandag 94.7 geluister het sal weet dat Darren vanoggend saam met Lead SA focus geplaas het op verkragting in SA.  Ons is op die oomblik bekend as die rape capital van die wêreld, wat ‘n title om te dra!  Daar word elke 4 minute ‘n verkragting aangemeld en slegs een uit elke 9 verkragtings word aangemeld, so dink net hoeveel daar werklik plaasvind!!  Die metode waarop daar besluit is om deur die radio stasie awareness te create was om elke 4 minute ‘n bleep geluid te laat speel, dit gebeur outomaties, dus kan die omroeper dit nie afskakel nie en dit gaan vir 12 ure so voortgaan.  Dit is een van die mees effektiewe maniere wat seker nog gebruik is.  Elke keer as die bleep gehoor word is dit soos ‘n ysblokkie wat in jou rug afgegooi word.

 

Ek stap deur die gange en hoor die gevreesde woorde toe daar vir ‘n kollega gevra word: “Will you come and do the post test counselling” en die antwoord: “yes, is it a survivor” en ek weet, ja, die een van gister.  Ek kry die geleentheid om ‘n counsellor uit te vra oor hoeveel “survivors” gesien word en sy is vinnig om te sê dat dit stil was, maar nou dat die “skole” oop is gaan dit baie meer word.  Haar volgende woorde is skokkend en laat my dink, lank en diep.  Die woorde: “these girls are stupid they don’t listen, they go with the guys to buy drink and go back to their places and then wake up naked.”  Kollega is ‘n spesiale sagte mens, iemand wat ek tot op die punt vertrou dat ek haar hand pick om vir my ‘n inspuiting te gee, maar die vraag wat in my kop skree is:  hoekom word die victim die skuldige? Net die feit dat sy iemand vertrou het, saam met vriende ‘n drankie gedrink het en na sy kamer toe gegaan het maak dit NIE reg om haar te drug en te rape nie.  Dit is dieselfde redenasie wat al so lank gevoer word dat ‘n vrou daarvoor vra as sy ‘n kort rokkie aan het, hoekom moet iemand se reg om mooi te lyk misbruik word deur ‘n siek misdadiger?  Wat het die 94 jarige ouma gedoen om hom aanleiding te gee of die 7 jarige kind?  Hoe kan enige iets wat enige iemand doen jou die reg gee om haar op so ‘n wrede manier aan te val?  Hoekom is die vrou die skuldige een?  Nou ek weet Kollega sal nooit, ooit die persoon laat weet dat sy dink sy was stupid gewees nie, maar daar is hoeveel wat ook so voel en dit nie so mooi vir hulle self sal hou nie.

 

Hoekom word so min verkragtings aangemeld?  Een van die redes is juis om sekondêre verkragting te ontkom, dit is wanneer jy deur die trauma van beskuldigings van die polisie, familie en hartseerste van alles mediese personeel moet gaan.  Die manier hoe hierdie bang stukkende mense hanteer word is die rede waarom soveel van hierdie gemors nog vry en gelukkig rondloop.  Wanneer gaan die verskillende stelsels tot op die punt kom waar die victim as victim en nie skuldige gesien word nie?

 

Amper 6 jaar gelede was ek deel van ‘n taakspan wat hard gewerk het om te verseker dat daar by elke staats hospitaal in die Oos-Kaap ‘n holistiese benadering tot verkragting sal wees.  Die doel was om te sorg dat die slagoffer se eerste punt van kontak by die hospitaal sal wees.  Dat hierdie persoon deur opgeleide mediese personeel gesien word, die nodige ondersoeke word gedoen en monsters versamel, ‘n SAPS lid kom neem die verklaring by die hospitaal af nadat die persoon gestort en skoon klere gegee is om aan te trek en sosiale en sielkundige ondersteuning is daar en dan beskikbaar insluitende ARVs.  Hoe ver hierdie program gevorder het en of dit ooit uit die beplanningsfase gekom het weet ek nie, maar ek hoop van harte so en terwille van die “survivors” is my wens dat dit een dag by elke hospitaal en kliniek in die land beskikbaar sal wees en dat die regstelsel die slagoffers sal ondersteun eerder as om hulle te laat lyk soos die kriminele.

 

Gister oppad huistoe het ons ‘n pap wiel gehad, hier staan ek met vier kinders langs die pad. Vandag wil ek sê dankie dat my pa my geleer het om basiese dinge self te doen, binne 15 minute was ons weer oppad huistoe, danksy die feit dat ek die band kon ruil.  Dink net wat kon gebeur as daar een van hierdie monster bendes daar aangekom het terwyl ons bv. vir road side assist moes wag, soos mense vandag in hulle slimheid gevoel het die regte sou wees om te doen.  Om vir die AA in Johannesburg tydens spits tyd te wag gaan jou ‘n hele paar uur neem.  Ek wil vandag mooi vra asseblief ouers maak seker julle kinders het kennis van hierdie goed sowel as self verdediging en probeer hulle leer om hulle ogies oop te maak en gevaar raak te sien, want ons s.g. beskermings dienste faal monumenteel in hulle doel.

 

Veilige naweek vir elkeen.

Ingrid

Die weduwee se Kruik

Oorkant my sit ‘n stukkend deurmekaar mens.  Gister se verhaal en vandag s’n het verander, want hy het ‘n nuwe waarheid nodig om aan vas te klou, ‘n nuwe waarheid om te keer dat hy in ‘n see van seer verdrink.  Die persoon wat die grootste bedreiging vir sy gesin se eenheid was, gister nog, het deur ‘n lang donker nag ‘n minder ernstige vyand geword en is vandag ‘n moontlike bondgenoot.

 

Dit is moeilik vir ‘n jong man om diep persoonlike goed met ‘n ouer vrou te praat en daar kom oomblike wanneer hy stil word selfs veskoning vra, dit is in tye soos hierdie dat ek tot diep in die seer siel van iemand kyk en amper kan voel hoe desperaat hy is om te glo dat alles reg is en dat gister se leuens nie meer vandag saak maak nie.  Dieselfde jong man loop tot by die deur, stop halfpad en gister se waarheid brand skielik weer skel en seer in sy oë toe hy vra: “hoekom begin mense verhoudings by die werk, is dit regtig net die seks, hoekom sê hulle nie vir die ander een wat om anders te doen nie?”  die rouheid in sy stem laat my dadelik weet, seun jy het gister al geweet wat werklik gebeur, maar jou wens is grooter as die realiteit wat voor jou oë is.

 

Van iewers af kom die relationship therapist en praat en praat en die jong man gaan sit in ‘n ander stoel.  My terapie mode neem nie heeltemal oor nie en ek bly praat van ageter my lesenaar uit en ek vertel hom:

Iewers verstaan die meeste mense dinge verkeerd.  Dit gaan nie daaroor nie, dit gaan oor validasie en veral vir vroue, maar ook vir mans.  Onthou dat daar ‘n leemte in die persoon se lewe moet wees en die predator by die werk is baie slim, want ek kan jou verseker dat daardie persoon by die werk 9 uit 10 keer nie ‘n langtermyn verhouding met verantwoordelikhede wil hë nie.  Dit is ‘n strategie spel vir hom/haar, die eerste komplimente sal gaan oor werk; jy doen goeie werk, die beste wat ek nog gesien het; dan ander subtiele komplimente oor iets kleins soos klere, skoene en dan al meer persoonlik, hare, gimering; nog nadir aan die mens, jy’t ‘n mooi glimlag of oë en die persoon aan die ontvang kant is honger vir iets om hom/haar te laat beter voel.  Weereens die hartseer deel, waar hy met groot oë wat nog groter en seerder lyk as altyd, want in 3 maande het hy meer as 30kg verloor, en die seer stem kom die skuld aanvaarding, ek het haar afgeskeep.  Ek sukkel om die terapeut in beheer te los, want ek wil op hom skree, want ek weet ook uit vorige sessies dat hy steeds glo hy moet net weer haar vertroue wen dan sal alles ok wees.  Wanneer het hy haar vertroue verloor, ja hy’t flippen hard gewerk en geswot en probeer om sy kind gelukkig te hou en ja daar het verseker seer in sy vrou se hart kom bly, maar dit is nie alles sy skuld nie en sadly glo ek nie dit kan heelgemaak word nie.  In elk geval nie op die manier hoe hulle dit nou probeer doen nie.  Ek vertel van romanties wees, van blomme gee, briefies in haar sak en die hele hofmaak proses en ja die antworod kom dat dit nog nooit gedoen was nie; dan doen jy dit nou hierdie keer en kyk of dit help.  Nee dit help nie sy lees 50 Shades nie, dan moet jy dit ook lees, dit help nie julle lees lebiese X rated boeke nie (self nog nie een gelees nie) en dink dat julle daar die antwoord gaan kry nie ook nie Kama Sutra downloads nie.  Die probleem is nie in jou kamer nie, dit is die simptoom van die probleem wat baie baie diep lê.

 

Die jongman stap by die deur uit met vandag se waarheid dat alles ok gaan wees, dat sy vrou nie die lyn gekruis het (wat sy kop weet sy gedoen het nie), maar sy hart kan nie cope daarmee nie so laat hom dit vir nou glo en ja ek sal nie die vrou byloop en haar skud en sê word net wakker, hierdie ou is bereid om homself te brainwash net omdat hy wil glo dat jy hom nie verraai het nie, moenie hints gooi nie, moenie die ander persoon as ‘n werksvriend in sy huis onthaal nie, besluit wat jy wil hê, maak ‘n besluit en lewe daarmee, maar jy kan nie mense so seer maak nie, want eintlik is hy bogemiddeld intelligent en hy sal nie vir ewig vir homself kan lieg nie en ongelukkig sal sy attempt nie ‘n attempt wees nie.

 

Ek luister onwillekeurig na Jak de Priester se liefde los ‘n spoor en ek sit en wonder hoe diep daardie spore soms is en kan daardie spore ooit werklik uitgevee word?  Dan luister ek na die weduwee se kruik en ek weet dit is moontlik een van die heel heel mooiste odes wat iemand ooit vir iemand anders kon skryf…

Vandag se kinders

Hannie hulle moes vandag skoolklere aantrek werk toe as deel van ‘n fondsinsameling vir minder bevoorregte kinders. Die oplossing was ‘n wit hemp met Amber se prefek das en balkies net sodat almal darem kan weet, dis ‘n slimkop op daai lyf.
Wonder nou net wat is die benaming vir middeljarige anties en skooldogters wat ‘n kamer deel? 😉
Wat eintlik sweet was, was die manier hoe Amber die das so versigtig bring en met groot oe kyk wat ons beplan, want sien Meneer het die knoop nog gemaak … Geen rede tot kommer nie die geerde onderwyser se dasknoop is ongeskonde, wys net hoe sensitief tannie Hannie is vir tiener gevoelens.

Net vir Hannie

So is ons gisteraand langs die atletiekbaan en ons kinders maak ons trots. Sommer die hele span, want daar is elke kind in die span elke ouer se kind en ons kyk uit vir enige kind in ‘n sterre hempie.
So klouter ek op en af teen die paviljoen na atletiek vriende toe en weer af na Hannie toe en ons gil en skree tot ons stemme hees is en ons kinders maak mooi, sommer baie mooi!!! Met so ‘n klein breek tussen die aksie kyk ek af en vas in die mooiste mooi van die aand, ‘n paar blou oe wat op glimlag na my toe met ‘n boodskap van liefde wat soos die sagste warm sonstrale om my vou. Weereens besef ek hoe kosbaar dit is wat ons deel en hoe spesiaal ek op daardie oomblik gevoel het.
Daarom vandag net vir die een mens wat met een kyk my wereld en lewe kan heel maak:
“More Than You’ll Ever Know”
I know a lot of years have passed us

But I still love you more than you’ll ever know

There was a time I felt it wouldn’t last us

And baby how I felt I didn’t show

Sometimes I took you for granted

And thought that you would understand it

But through it all we managed to make it through tough times

No, I can’t imagine not having you by my side

Everything you are and all you do

I’m still in love with you

More than you’ll ever know

Just like the stars in a thousand skies

More than you’ll ever know

Deeper than a place where the ocean floor lies

You’re still number one in my eyes

And to this day I still get butterflies

Know that I love you more than you will ever know

Sometimes I watch you sleeping

Kiss you and fall in love all over again

In the morning when you’re leaving

I start to miss my best friend

You’re my better half like a twin

You complete my words when I begin

We don’t have to be validated

With love we’ll always make it

No, I can’t imagine not having you by my side

Everything you are and all you do

I’m still in love with you

More than you’ll ever know

Just like the stars in a thousand skies

More than you’ll ever know

Deeper than a place where the ocean floor lies

You’re still number one in my eyes

And to this day I still get butterflies

Know that I love you more than you will ever know

See I don’t never wanna be without you

To me you’re one of a kind

You’re my everything

Girl you’re my sunshine

Know you stook with me,

Behind me through tough times

I’m so glad that you are mine

Knowing you’re my ride or die

I love you

More than you’ll ever know

Just like the stars in a thousand skies

More than you’ll ever know

Deeper than a place where the ocean floor lies

You’re still number one in my eyes

And to this day I still get butterflies

Know that I love you more than you will ever know

 

 

Januarie hardloop weg!!

Ek kan dit nie glo nie, het jy na die almanak gekyk? Net gister was die 2012 en nou, die eerste maand van 2013 is vir alle praktiekse redes verby.
Pokkel verjaar vandag, word ‘n hele 10! Ek praat met ‘n kollega oor ons troue en kan nie glo dat dit nie gister was nie, maar 3 jaar terug al!
Vanoggend in die kar kondig Quinton aan dat Pokkel verjaar en Vlooi in Maart en hy en Amber se verjaardae is nog ver. Dankie tog ek hoef nie daaroor te worry nie, verjaar mos nie meer nie. He he, nee so het ek darem agter gekom dat die syfer agter jou naam nie juis iets beteken nie. Dankie tog vir ouer word. Ja, daar is ‘n bucket list, soos ek gaan nog vir Hannie die walvisse in Hermanus wys en haar oorreed om op ‘n skippie te klimp en ‘n maraton vir 2015 en vow renewals vir 2014, maar ek moet genuine mooi dink as iemand my skielik vra hoe oud ek is, dis net iets wat nog nooit vir my belangrik was nie. Ek wens we’ll gereeld dat ek Hannie 30 jaar vroeer ontmoet het, maar dit het nie gebeur nie en dit is omdat die lewe my eers ‘n paar harde klappe moes gee sodat ek haar kan waardeer en hopelik nooit as vanselfsprekend aanvaar nie.
Ek kan jou veseker Pokkel weet baie goed hoe oud sy vandag is. Sien dis belangrik om 10 te wees, want nou is daar sekere programme en movies wat die publikasie raad voel jy mag sien wat jy nie gister kon kyk nie. Net jammer daar is nog iemand anders met die remote in die hand … Ook maar swaar om kind te wees, maar dan besef jy eers dit was alles vir jou eie beswil wanneer jy aan die ander kant van 40 is.
Hoop sy’t ‘n great dag en geniet die atletiek wat weens die reen verskuif moes word.
Mooi res van 2013 vir jou,begin beplan aan Kersfees en die jaareindfunkie want die amper hier. O ja en wat gaan ons die jaar met die bonus doen?