Parlotones 2013

Ok so pas ‘n hele post verloor, kom ons probeer weer.
Ek ken nie genoeg byvoeglike naamwoorde om gisteraand te beskryf nie.
Ons het besluit om vir Beulah en Cheryl saam te vat om die Parlotones farewell spectacular te gaan kyk by Ellispark en dit was net dit ‘n spectacular.
In 2007 hoor ek Push me to the Floor vir die eerste keer – hooked for life!
Gister aand sing en dans Khan sy hart uit voor ‘n paar duisend mense, op die verhoog van die verhoog af tussen hulle in, ‘n sekerheids man se nagmerrie, maar die mense geniet dit en hulle energie lig die kunstenaar tot op nuwe hoogtes.
Barney Simon oorhandig ‘n rhino toekenning aan hulle en ek weet weer waarom hulle so spesiaal is. Hulle gee om en is bereid om te baklei daarvoor en die boodskap saam die wereld in te vat.
Toe Cheryl huistoe ry is haar laaste woorde: thank you guys, thank you, thank you, thank you en Beulah: dit is die beste verjaardag geskenk wat ek ooit gekry het; Hannie se laaste woorde voor sy aan die slaap raak is: ek het nog nooit so iets gesien nie – en ek weet dit is waarvoor ons hier is; om iemand, al is dit net vir ‘n rukkie, te laat glimlag, sing en dans, dit was ‘n voorreg om dit gister aand met die hulp van Jacaranda Fm en die grootste band van alle tye in SA te kon doen.
Mag jou dag mooi wees en as daar wolke kom – sing: Push me to the floor, don’t give up till I’m begging you for more, Push me to the floor, let me think that I’m the one that you adore …
Sien dit was eintlik die original 50 shades theme song, iemand moet die producers van die vliek laat weet hulle moenie tyd mors om iemand te soek om die song te skryf nie, ons boytjies het dit laaaaaaankal gedoen!

Goeie nuus

Dagsê Vriende

Jammer Bella dat ek jou upset het verlede week, dit was nie die bedoeling nie.  Ongelukkig kan ek nie stilbly terwyl ons prag skatte uitgemoor word nie.  Soos ek gesê het was dit die rede waarom ek ‘n facebook begin het, met die doel om die euwel te volg en daaroor te kan skryf.  Hierdie sal steeds ‘n meer sosiale blog wees soos nog altyd waar julle ook persoonlike goed sal sien.  Soos julle my ken skryf ek baie impulsief, dalk leer ek ook eendag om soos Wipneus my woorde te tel, vir nou is ek bly dat ek kan skree en gil oor ABSA en al die ander wat vermoor word hier en by: http://www.facebook.com/profile.php?id=100002835675342&ref=pb

Die goeie nuus waarvan ek praat laat so ‘n bittersoet gevoel in die mond.  Ons het gehoor dat daar gister laat 8 moordenaars gevang is, een is dood geskiet, een gewond en nog 6 gevang in Limpopo, een van hulle was ‘n amptenaar wat veronderstel is om die diere te beskerm.  My eerlike gevoel; dis goed dat hulle gevang is, net jammer hulle is nie eerder deur ‘n leeu gevang nie, want sien in hierdie korrupte land van ons sal dit nie lank wees voordat hulle weer met hulle evil ways kan aangaan nie.  Hoekom sê ek dit?  Saterdag het Dawie Groenewald 7 renosters wettiglik met permitte gekoop, net ingeval jy dalk nie weet wie hierdie virus is nie, hy staan tereg op aanklag van renoster stropery, het erken dat hy renosters vermoor het en moet nog op 30 September in die hof verskyn in hierdie saak; nou vra ek en vele ander WTF!!!!!!!!!!

Laaste paragraaf oor die reuse, ek belowe:  asseblief trek Donderdag swart aan, maak ‘n swart strik om jou kar se regter spieel vas en wys jy gee om en dat ons hulle nie mag verloor nie.  Skryf ook in jou dagboek by 22 September dat dit internasionale renoster dag is, sal nog laat weet wat daar alles gaan gebeur, of kom vertel ons watter voorstelle julle het.

 Kom ek vertel julle van die naweek – beeeeeesig gewees.  Saterdag was ons in Pretoria en kon so biejtie saam met ‘n amazing en talentvolle nederige jong man kuier.  Seun, soos wat “moeder” vir jou gesê het jou toekoms lyk mooi en al was die pad swaar en al gaan hy nog lank en swaar wees dit gaan die moeite werd wees, elke oomblik.  Jy gaan nog lekker lag oor die dae toe jy gou speakers moes organize, hulle self dra, opstel en goeie raad aan die outjie agter die bord moes gee, alles sommer so in jou stride terwyl jy elke mens respekteer en nie dink jy is te goed om tot heel agter tussen die mensies te stap wat gaan staan het so tussen die shopping deur om te luister na jou pragtige stem nie.  Wie is hierdie oulike kind, niemand anders as Vrydag se verjaardagmaakie Armand nie; ek het die Saterdag vir hom gesê en ek sê dit hier ook met sy talent en persoonlikheid sou dit nie saak gemaak het as hy net Armand sonder die groot van Hofmeyr was nie hy sou dit steeds gemaak het.  Mooi so seun, jy maak mooi, jy maak baie mooi.

Sorry die beligting en gebrek aan ‘n kamera was so ietwat van ‘n probleem gewees, gelukkig is daar blackberries op die mark 😆

Nou ja, eie aan myself kan ek seker nie ‘n post skryf sonder om ook ‘n klippie of twee uit my skoen uit te skop nie.  Ek het ‘n vraag aan Dozi (en ek sukkel om nie te lelik te raak nie, glo my dis f*kkn moeilik)  “Dozi het jy geen respek vir ander kunstenaars nie of het jy net weereens bewys dat jy eintlik ‘n d*&s is?”  Kom ek vertel julle hoekom ek hierdie mooi sagte woorde tik.  Dozi het ook by Zambezi aangekom en volgens die plakate sou hy na Armand optree.  So ‘n kwart deur Armand se optrede maak hy sy bussie se skuifdeur oop, gaan sit reg voor die deur in full view van die mense, mens bly mens en ‘n hele paar mense stap nader om te gesels, fotos te neem en handtekening te gaan vra.  Uit respek vir die persoon wat in die bloedige son staan en die mense vermaak sou die regte ding gewees het om te vra dat die mense na die konsert weer met hom kom gesels, maar nee hy geniet die aandag, lag en gesels kliphard terwyl hiedie jong man sy hart uit sing en professioneel genoeg is om nie een keer van stryk gebring te word nie.  So guess what Dosie, o sorry ek meen Dozi (tikfout – julle weet mos ek kan nie altyd so lekker spel nie 😉 ), die groot man, die volwasse man Saterdagmiddag in Zambezi Mall was Armand Hofmeyr!  Ja, shame dit was seker ook nie baie lekker toe soveel van ons omdraai en loop toe Armand klaar gesing het nie, ek het nogal gedink vir ‘n sg. gevestigde kunstenaar sou daar baie meer mense wees.  Hoeveel was daar nou weer gewees toe ek my Spar uitkom, mmmmm laat ek nou mooi dink seker darem so 75 en dan was party van hulle nog uitstaller ook gewees, sorry hoor, but guess what hier noem ons die Karma…

PS amper vergeet ek, so tussen die melk uit die piering drinkery, Armand se pa verjaar mos vandag – geluk Steve mag dit ‘n great jaar wees nog ‘n jaar verby waarin jy jou vyande kon irriteer soos die Dalai Lama mos vir ons leer: enemies teach us inner strength, courage and determination.

 

Huiswerk

Daar is huiswerk uitgedeel en dan moet ons mos luister, of hoe?  (http://toortsie.wordpress.com/2011/08/17/tannie-tossel-se-blokstorie/) So in die gees van al die adelike dinge wat die jaar gebeur het, het ek toe besluit om ook oor ‘n koninklike gesin te kom skrywe:

Lank, lank gelede was daar ‘n prinsessie wat in paleise gebly, opgepas en bederf is.  Die prinsessie het groot geword en in die wye wêreld gaan rondloop.  Sy het so ver van die huis af gegaan dat sy vergeet het dat sy eintlik ‘n prinses is.  Sy het begin glo dat dit reg is dat sy altyd vir almal moet sorg en dat niemand regtig vir haar sal lief wees nie.  Dit het vir baie jare so aangehou en haar kinders het ook nie geweet dat hulle eintlik royalty is nie, al was hulle ook opgepas en bederf.  Hulle het ‘n vriend gehad wat sy bes gedoen het om hulle te laat spesiaal voel, maar hy was baie besig en het min tyd gehad om saam met hulle te wees.

Toe eendag gaan kyk sy hoe gaan dit met die vriend en daar in ‘n pragtige paleis in ‘n ver ver land kuier sy saam met ‘n goeie koning.  Sy het nie geweet dat dit eintlik ‘n koning is wat saam met hulle kuier nie. Die koning het haar genooi om weer in die ver, ver land te kom kuier en die keer het sy haar kinders saamgebring.

Een Woensdagmiddag het sy skielik wakker geword en gesien dat die koning eintlik baie lief is vir haar.  Hulle het altwee gesien dat dit die manier is hoe mense na mekaar moet kyk.

Saam het hulle vir die kinders ‘n paleis begin bou, so stukkie vir stukkie het die koningin begin sien hoe wonderlik dit eintlik is as ‘n koning vir jou lief is en so mooi vir jou sorg.  Die kinders het gespeel en gesien hoe dit is om soos ‘n prins en prinsessies te lewe.

Hulle het op ‘n planeet gaan bly waar daar sekuriteit is en waar die kinders tot laat buite kan speel, want geen lelike trolle sal daar kan inkom nie. Elke dag moes hulle uitgaan en tussen koninklikes en trolle gaan beweeg, want sien, selfs konings en koninginne moet werk en prinse en prinsesse moet ook skool toe gaan sodat hulle nie net dom prinsies of prinsessies sal wees nie.

Daar was trolle daar buite wat baie graag wou hê dat die koning nie meer saam met sy koningin moes wees nie en partykeer was die koningsgesin se harte baie seer gewees, maar hulle het altyd geweet dat aan die einde van die dag kon hulle na hulle planeet toe terug gaan, in hulle paleis ingaan en saam veilig wees.

Daar was ook ‘n blokwêreld waar mooi blokmaakies gelewe het en waar hulle gaan kuier het waar die son so lekker warms geskyn het, daar was tot ‘n toortsie wat lig kon maak as dit donker word en daar was ‘n donkie wat hulle laat onthou het dat dit ok  is om ‘n mens te wees.  Nog baie ander blokmaakies was daar, tot ‘n meermin, ‘n gogga wat by die see bly, ‘n pragtige Bella wat net so lief was vir koppiekoekie soos hulle.  Daar het partykeer ‘n smurfi kom kuier en hulle het nog gereeld gedink aan Ogies, wat bietjie besig is en lank stil was.  Natuurlik was daar ook “tannie” Wipneus, wat deesdae ‘n ouma is, Platkuif en Skorie, wat met Emily raas as sy stout is en sommer nog ‘n hele klomp blokmaakies wat lekker saamspeel en na mekaar kyk.  Die koninklikes kon nie glo dat daar so baie liefde in die wêreld kan wees nie.

Hulle het ook geleer dat solank hulle saam bly en vir mekaar lief is geen trol hulle sal kan skade doen nie en maak nie saak watter planne daar is nie hulle sal vir ewig en ewig gelukkig saambly op hulle mooi planeet, veilig in hulle paleis.  Verder het hulle geleer dat elke huis waarin Liefde die oppergesag is, diegene wat daarin bly deel van ‘n koningsgesin is.

Lekker Maandag vir almal, ek moet julle net waarsku dat ek later iets minder mooi te sê gaan hê, ek wou nie hierdie pos bevark met my swart aura nie, gelukkig het ek hom gister oggend al geskryf.

A song to live by

Gileam se Donkie vertel watter song hulle moet speel die dag van sy begrafnis en dit laat my dink.  Ek het julle al vertel van my liefde die The Impossible Dream en hoe dit deel van my lewensfilofie is, so mooi soos ‘n identiese tweeling langs hom is I Believe vir my van waarde, so ek weet nou nie werklik mooi wat daar gespeel moet word op daardie dag wanneer my fisiese jassie nie meer nodig is en verrruil gaan word vir iets anders en ‘n ander tuiste vir my mensewees gegee word nie en daardie jas dan weens gesondheidsredes op ‘n wetlike manier van ontslae geraak moet word en my wens van ‘n verassing en ‘n begrawe van die as onder ‘n boom gedoen sal word; hoop ek dat as iemand na hierdie songs lusiter en dit dalk iewers speel sal kan sê sy het ‘n gedeelte van haar doel bereik, selfs al was sy nog oppad na die eindpunt toe:

“I Believe”

I believe for every drop of rain that falls
A flower grows,
I believe that somewhere in the darkest night
A candle glows,
I believe for everyone who goes astray,
Someone will come to show the way,
I believe, I believe.

I believe above the storm a smallest prayer
Will still be heard,
I believe that someone in the great somewhere
Hears every word,
Every time I hear a newborn baby cry,
Or touch a leaf, or see the sky,
Then I know why,
I believe.

“Impossible Dream”

To dream the impossible dream
To fight the unbeatable foe
To bear with unbearable sorrow
And to run where
the brave dare not go
To right the unrightable wrong
And to love pure and chaste from afar
To try when your arms are too weary
To reach the unreachable star
This is my quest
To follow that star
No matter how hopeless
No matter how far
To fight for the right
Without question or pause
To be willing to march,
march into hell
For that heavenly cause
And I know
If I’ll only be true
To this glorious quest
That my heart
Will lie peaceful and calm
When I’m laid to my rest
And the world will be
better for this
That one man, scorned
and covered with scars,
Still strove with his last
ounce of courage
To reach the unreachable,
the unreachable,
The unreachable star
And I’ll always dream
The impossible dream
Yes, and I’ll reach
The unreachable star

Mooi dag vir jou en mag jou drome waar word, hoe meer onmoontlik hulle lyk hoe belangriker is dit om hulle aan te hou droom, want ek is ‘n lewende voorbeeld dat die Lewe groter drome vir ons het as wat ons ooit sal kan droom vir onsself.

Ingrid

Sterre pluk

Lied van die lewe
Om jonk te wees bring lekker dae
Die son skyn dan op elke dag
Die kinders skaats en ry fiets in die strate
Jongmense luister na nuwe plate
Niemand dink aan die tyd wat verby gaan
en dat die lewe net nie stil sal staan. (2x)

Koor:
Sing met my ‘n lied van die lewe
Sing met my van jonk en oud
Die lewe gee soveel mooier dae
maar dikwels gaan dit so gou verby (2x)
Ja, dikwels gaan dit so gou verby.

 Maar die lewe sal nooit stilstaan
Dae kom en dae gaan
Die jonges trou en gaan op hul eie
Nou kom daar soms sware tye
Almal werk net vir die hede
Ure, maande en jare vlieg soos die wind verby (2x)

Herhaal Koor

Die oues word dan ook weer ouer
Hul word dan oupa en oumama
Dae word dan vinnig korter
Langsaam gaan die son dan onder
Herinneringe laat ons oor die lewe wonder
Lewe van mooi en troebel dae
staan einde toe (2x)

Los hande is hierdie my gunsteling waarste song van alle tye, so eenvoudig maar so ‘n ware beskrywing van die lewe.

Gister was vir ‘n hele paar van ons ‘n grys dag, so teen die einde van die dag sien ek daar by Bileam se Donkie (http://wordpress.com/following?b=3900673&unsub=1&_wpnonce=98a1f77484) ons kan enige iets kies wat ons dag beter sal kan maak.  Hoe amazing is die Lewe nie eintlik nie, ek kies dit wat ek reeds het, die warmte en liefde van my mense om my en wat kry ek?

‘n Warmte wat enige koue en grys kan verdryf, soos Freddie seg (ja CC ek weet die wit skoene :lol:) ‘n huis waar liefde woon en ‘n kaggelvuur in jou hart dit is wat tel, dit het ons gisteraand weer ervaar en toe kom die klein ekstra sommer so deur die Skrywer bepaal, ‘n sms van my dosent met die eksamen uitslag en die vrugte op maande se harde werk, ja dit sal uiteindelik net nog ‘n stukkie papier in ‘n leër wees, maar hierdie is dalk die een kwalifikasie wat vir my die meeste sal beteken en wat ek die graagste wou gehad het.  My gesin moes opofferings maak, hulle moes minder tyd kry omdat ek portfolios, werkstukke en navorsingstukke moes voltooi en toe die stress van die eksamen saam met my deurstap.  Hannie het net so een oog oopgemaak as ek teen 2h00 die lig aanskakel om te leer (beste tyd as jy kinders het, alles is stil).  Sy het nog die Donderdagaand gehelp om alles netjies in die laaste drie leërs te sit, moes help prente plak op die dividers en al sulke goed, nee sy  moes nie, sy wou.

Ek kon gisteraand in die arms van liefde wegsweef en weet daar is sin aan die lewe.  Ek kon op die maan gaan dans en sterre pluk en hulle huistoe bring om alles mooi te laat lyk.

Stil, stil het die ander sterre in my lewe, Bella, Toortsie en Billeam kom skyn om die donker en koue weg te vat, elke ander blogger wat saggies in die wings rondbeweeg en soms ‘n mail stuur is ‘n ster in ons hemelruim.

Dankie vir julle en gryp die kans aan terwyl die maan so mooi rond en vol is, gaan dans op hom, daar is baie plek en die stof vang jou happy voetspore vas vir ewig.

 

HELP!!!!!!!!!

Vriende

Hierdie kinders is familie van een van ons kebuis maats help asseblief:

This is a sincere cry for your help. Shaun Wessels (15) and Eon Van Zijl (17) went missing on Sunday, 31 July 2011. They were last seen in Krugersdorp, Gauteng and it is believed they are on route to Durban and most likely heading for  the Margate, Scottburgh area. They left with a silver Opel Corsa bakkie (with canopy) Reg. no: XSZ 092 GP. Please forward this e-mail to all your contacts. This is our last resort in finding our children.

 Please contact: Andries Wessels  082 561 6630 or Gideon Van Zijl 083 627 9419

Ken jy my?

Baie dinge wat gebeur het die laaste tyd het my laat dink, diep laat dink en soos altyd was musiek deel van my denke al die pad van Meatloaf en die Parlatones wat verlede week my kar laat vibreer het tot by Bobby en Jakkie se rustiger klanke, ek wil graag hierdie liriek van Bobby van Jaarsveld met julle almal kom deel:

KEN JY MY

Ek het myself belowe ek sal mooi gaan kyk

Voor die donker kant vir my dalk mooier lyk

Maar ek het weer geval my knieë is moeg gekruip

Maar ek staan

Jy sê ek’s in die verkeerde helfte

Jy preek vir my maar jy doen dan dieselfde

Kyk mooi na my, ken jy my, ken jy my

Dink mooi voor jy jou vinger vir my wys

Want jy weet nie waardeur ek gaan

Ja ek val maar ek bly opstaan

Kyk mooi na my en dalk sien jy, dalk sien jy vir my

Ek het ‘n duisend keer dieselfde pad geloop

Ek het vir jare lank dieselfde leuen gekoop

Maar ek is moeg geval ek wil myself regkry en ek gaan

Jy sê vir my ek’s in die verkeerde helfte

Jy preek vir my maar jy doen dan dieselfde

Kyk mooi na my, ken jy my, ken jy my

Dink mooi voordat jy jou vinger vir my wys

Want jy weet nie waardeur ek gaan

Ja ek val, maar ek bly opstaan

Kyk mooi na my en dalk sien jy, dalk sien jy vir my

Want daar is iets hier binne my

Wat nie hy of sy of jy gaan kry

Solank jy met daai oordeelsvinger wys

Kyk mooi na my ken jy my, ken jy my

Dink mooi voordat jy jou vinger vir my wys

Want jy weet nie waardeur ek gaan

Ja ek val maar ek bly opstaan

Kyk mooi na my en dalk sien jy, dalk sien jy vir my

Dalk sien jy vir my, dalk sien jy vir my

Kinder molestering …

Dagsê

Hier kom sit ons weer om die tafel om oor hierdie seer ding te praat.  Vriende en vriendinne, kom ons gaan sit sommer lekker skoene uitgeskop om die kussings op die vloer in die gesins kamer, die kaggel brand lekker warm en ons kan onsself laat toevou deur die warmte.

Dit gebeur van tyd tot tyd dat iemand ‘n comment kom maak by ‘n ouer inskrywing en dan besef ek weer, dis tyd om hieroor te praat, want so sad soos wat dit ookal is, solank daar kinders is sal daar siek mense wees wat hulle verniel.  My opinie, hierdie mense kan nie genees word nie, maak nie saak of jy oorle Freud gaan opgrawe en hyself probeer nie.

Ek gaan nie ‘n kwaai posting doen nie en op die oomblik is dit vir my baie moeilik om nie elke stukkie woede wat ek steeds oor hierdie saak voel hier te kom uitgil nie, maar ek wil hê jy moet positiewe rustige energie ervaar as jy hier lees.

‘Blommie’ jy vertel jou doggie het nou weer tjoepstil geword en jou vraag is wat nou?  Laat die sielkundige daarmee deal.  Moenie deure gaan oopmaak wat sy vir haarself toegemaak het nie.  Ek sê dit nie sommer ligtelik nie, onthou ek praat uit ondervinding.  Dit bly in hulle koppies en soms jare later kan iets ‘n trigger wees en sal sy uit haar eie praat en al wat jy kan doen is om dan daar te wees.

Kan julle onthou dat daar op 7de Laan ‘n hele ruk terug ‘n insetsel was waar Christelle deur so ‘n trauma moes werk, dit was die trigger vir Amber om te vra of elke mens wat gemolesteer is ook eendag soos Christelle “mal” sal word en dit het die geleentheid daar gestel om te verduidelik dat juis omdat sy berading gekry het toe dit gebeur het en ook omdat sy steeds weet daar is ‘n veilige plek om te praat wanneer sy wil dit heel moontlik nie met haar sal gebeur nie.

Ons as ouers wil alles nou en vinnig vir ons kinders heelmaak en ongelukkig kan jy nie ‘n stukkende binneste soos ‘n karretjie met superglue aanmekaar plak nie sommige dinge vat tyd.  Jy as mamma het ook tyd nodig om heel te word en te deal met wat dit aan jou gedoen het.  Jy gaan deur soveel gevoelens moet werk, jy gaan jouself verkwalik, want ‘n mamma se “werk” is om haar kind te beskerm, te koester en veilig te hou, as ek vandag vir jou net een ding kan sê:  niks wat jy kon doen of nie kon doen nie sou dit gekeer het nie.  As dit is wat die script Writer vir jou en jou gesin geskryf het gaan niks dit verander nie, dit wat jy wel oor beheer het is hoe jy dit gaan hanteer, gaan jy/julle victims of oorwinnaars wees?  Gaan julle sterker of swakker word hierdeur?

Moenie dat woede en haat jou verteer en nog verder van jou steel en jou nog dieper in die duisternis laat bly nie.  Kyk elke dag na ‘n stukkie sonskyn en weet dit skyn tot diep in jou hart totdat al die seer weggebrand is en jy weer heel kan wees.  Dit geld ook vir jou kind en die feit dat jy hulp gesoek het en dit toepas maak van jou ‘n ster dit maak van jou kind ‘n wenner want sy speel in ‘n wenspan!!!

Mag elkeen ‘n warm veilige en gelukkige naweek hê

Ingrid

 

Untitled

Dankie vir die mense wat na gister steeds kon mail en kon kom sê; jy skuld my geen verduideliking nie, jy’s jou eie mens.

Dankie vir een baie spesiale mail en die wyse woorde:  “Dis nie altyd aaklik om ouer te word nie”  Ek het al hier daaroor gepraat dat ek veel eerder aan die ander kant van 40 wil wees as 20 sonder die insig en kennis en dalk so klein bietjie wysheid was ek darem al bymekaar gemaak het nie.  Dit was sekerlik lekker om 20 te wees, kan nie meer so mooi alles onthou nie, seker maar deel van die ouer word 😆

Ek drink gister koffie saam met iemand en ek besef weer dat die vrae wat sy haarself tans moet vra op een of ander stadium deur almal gevra word en dat elkeen sy/haar eie antwoorde moet kry, wat vir hom/haar sal reg wees en waarmee hy/sy sal kan lewe.

Dankie Vraagteken vir jou mail, dit is dan ook wat ek sou wees, die soeker na wysheid, gelukkig was daar genoeg genade op my uitgestort dat ek ‘n liefde kon ontdek tydens daardie soeke wat ek nooit geweet het kan bestaan nie, meer nog dat dit wedersyds kon wees, daarvoor sal ek die Skrywer van my toneelstuk vir ewig dankbaar wees.

Kom ek deel weer ‘n stukkie van Andre Schwartz se woorde met julle as ‘n spesiale dedicaiton aan Hannie; Dankie dat jy die ster in my donker hemel was en dat jy gesien het dis tyd vir jou en my:

Once In Every Life

Kyk daar breek die dag vir jou en my
Elkeen kry ‘n kans jou keuse vry
Kyk voor jou uit na die lig
Kyk nooit na donker terug
Staan op en soek die son

Once in every life
There comes a time
We walk out all alone
And into the light
The moment won’t last but then
We remember it again
When we close our eyes

Like stars across the sky
We raise our dreams on high
Love can make us fly
We were born to shine
All of us here because we believe

Wanneer ek in myself kan skuiling vind
Word die wêreld gelyk dan loop ek blind
Geen vrees dat die nag my verslaan
Die wêreld en ek draai saam
As ek in myself kan glo

Weet jy nou nog nie
Dis tyd vir jou en my

Like stars across the sky
We were born to shine
We raise our dreams up high
Love can make us fly
Cause you can make me shine

Vriende

Elke maatjie wat ‘n drukkie nodig het kom kry een saam met ‘n lekker koppie koffie.  Willa het ons weer bedref met lekker beskuit en as ons mooi vra weet ek Skorie sal sorg vir lekker kos vir later.

Ek sien Bella gaan besig wees, so ons sal haar nou nie hier kan sien nie, maar onthou ons moet nog party vir Hannie se verjaardag, so kom ek kyk of ek vinnig ‘n ding of tien gereel kan kry dan hou ons ‘n lekker kebuisparty, ons sing en lag vir die vals note en dans, al kan ons nie en ons drink van Skorie se groen drankies tot dit in elk geval nie meer saak maak of jykan sing of dans nie.

Hoe klink daai ene vir julle?  Ons hou sommer ook party net omdat ons so verskillend is en steeds vir mekaar kan omgee en net daarvoor sal ek tot sorg dat ons Pampoen op die play list laat sit 😉

Kyk mooi by die hekkie staan daar ‘n mooi ou swart driebeen potjie soos wat jy inkom gooi jy al jou troubles daarin, later vanaand wanneer die vure lekker brand vat ons al daai sleg en gooi hulle in die vuur sodat dit van ons af weggevat kan word.

Come one, come all!!!!